Saak oor vlag-twiet teen AfriForum, Roets later aangehoor

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum. (Foto: Reint Dykema)

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, sal nou eers Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn, nadat die saak teen hom uitgestel is.

Die regter het bevind daar is nie vandag plek op die dringende rol nie.

Roets word van minagting van die hof aangekla nadat die Nelson Mandela-stigting ʼn klagte teen hom aanhangig gemaak het. Dit kom nadat Roets verlede maand ʼn foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas het, kort nadat die gelykheidshof beslis het die vertoon daarvan – in sekere kontekste – kom neer op haatspraak.

“Het ek nou net haatspraak gepleeg?” het Roets se inskrywing saam met die foto op Twitter gelui.

Sy verweer is dat hy bloot ’n akademiese vraag as doktorale student gestel het.

Die stigting glo egter dat die plasing onder die voorwendsel van akademiese debat gemaak is.

Die klagte is teen Roets sowel as AfriForum aanhangig gemaak.

Die organisasie sê in ʼn verklaring hoewel hy én Roets al vantevore gesê het dat hulle nie die ou vlag ten toon stel nie, staan hulle die aanklagte teen, onder meer op grond daarvan dat Roets se twiet binne die omvang van die uitspraak geplaas is.

AfriForum het gesê hy gaan ook pleit vir burgerlike vryhede en gaan standpunt inneem teen sensorskap en verbanning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anoniem ·

Los dit net, hoe belaglik !
ANDER mense mag doen en sê net wat hulle lus is, en kom skotvry

JR ·

Wys jou nou ek sal nooit enige iets vir hulle organisasie skenk nie

Anoniem ·

Los dit net, hoe belaglik !
ANDER mense mag doen en sê net wat hulle lus is, en kom skotvry

Asmain ·

Hoekom is dit op die dringende hofrol? Soek net aandag, daar is baie meer dringende sake wat eerder aandag kan kry

De Villiers ·

Wat ironies is, is toe die saak wat teen die BLF gemaak is oor hul uiters kwetsende rassistiese uitlatings teenoor blankes, en in die hof aangehoor moes word op 21 Augustus 2019, het hul leier, Andile Mngxitama, buite die hof voortgegaan met sy uitlatings. Dis nou haatspraak op sy ergste en aanhitsing tot geweld, maar ‘n vlag word erger geag as die haatspraak deur die BLF se uitlatings. Geen dringendheid word aan die eintlike haatspraakfiguur (Mngxitama) gegee nie, maar weë jou as jy die ou SA-vlag vertoon. Dit bewys net weereens die dubbele standaarde van die regstelsel en hoe belaglik hul uitsprake kan wees.

Sterkte Ernst en Afriforum.

Erika ·

Sommige baklei vir die agtergeblewendes, maar die staatskas word hoeka geplunder deur hulle. Pleks hulle konsentreer op goed wat belangrik is vir die land en nie oor ‘n dooie vlag wat geen bedreiging inhou nie…. Staan liewers saam in SA en veg vir die regte redes om ons land beter plek te maak.

marous ·

Die hof het reeds opdrag ontvang om ‘n voorbeeld te maak van die man . Glo dit maar .

Swannie ·

@ Marous,
Ek stem saam – die uitslag is alreeds bepaal en ek glo die regter skryf alreeds die vonnis uit.

Al ·

Sterkte Ernst Roets. Al hoe om hul respek te kry, is dat ons sorg dat hul nie oor jou loop nie!

Erika ·

Weet jy hul is so besig om oor haatspraak tekere gaan. Maar iewers is iets anders besig om te gebeur, wat hul weg steek. Ek wed jul dit. Nog iets waarop die wit kapitaliste se belasting geld vermors word.

Pottie ·

Ja wat laat ons maar aan hou praat en kla sien dit help ons baie

Denise ·

Jy sal nog uitvind…Ernst…jou JAPSNOET GEDRAG… gaan jou duur te staan kom mét baie onnodige stres en onkostes ook!

PJC ·

Die MRK en die gelykheidshof is besig om ń grap van die regstelsel te maak.

Elize ·

Ek hoop die hof wys hulle aansoek om dringendheid af, daar is geen dringendheid in die geval nie

Kerneels ·

Terwyl die land brand baklei sekere mense oor ‘n dooie stuk lap. Verstommend.

Bach ·

Nee Ernst dit was nie nodig nie. Ek dra finansieel by tot Afriforum se aksies maar hierdie was bietjie kinderagtig en vermorsing van broodnodige geld wat sinvol aangewend kon word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.