Saak oor ‘wittes moet opgekap word’

velaphi-khumalo-facebook-post

‘n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

ʼn Jong man van Kaapstad het ʼn saak van crimen injuria aanhangig gemaak teen ʼn Facebook-gebruiker wat glo op sy profiel gesê het wittes verdien om “soos die Jode opgekap en doodgemaak te word”.

Daniel Amos (21) het die saak teen Velaphi Vel-hova Khumalo aanhangig gemaak nadat hy glo die kommentaar Maandag op sy Facebook-profiel geplaas het in reaksie op die Penny Sparrow-debakel. Khumalo het skynbaar die kommentaar sedertdien verwyder, maar wel ʼn dag gelede geskryf hy is nie jammer oor sy kommentaar nie en dat hy nie “wit mense sal toelaat om ons te versmoor met hulle haat vir ons oor die afgelope aantal jare nie”.

Khumalo het glo verder gesê hy wil Suid-Afrika “reinig van alle wit mense soos Hitler met die Jode gedoen het”. “Wit mense in Suid-Afrika verdien om opgekap en doodgemaak te word. Julle moet lewend afgeslag word en julle nageslag moet as tuinbemesting gebruik word.”

Amos het Woensdag aan Maroela Media gesê hy het die saak by die polisie aanhangig gemaak – nie net omdat dit rassisties is nie, maar ook omdat dit geweld aanhits. “Hierdie man vra vir die volksmoord van ʼn hele bevolkingsgroep. Dit is absoluut walglik. Ek het nie eers woorde om te beskryf hoe ek hieroor voel nie,” het hy gesê.

'n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

‘n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

“Ek kan nie glo meer as twee dekades nadat apartheid tot ʼn einde gekom het, sien ʼn mens nog sulke uiters rassistiese uitsprake nie. Dit is baie ontstellend.”

Volgens Amos het polisiebeamptes hom reeds by die stasie ingelig dat hulle twyfel of daar enigiets van die saak gaan kom. “Hulle het gesê hulle sal hulle bes doen, maar hulle twyfel of daar enigiets daarvan gaan kom aangesien daar nie spesifieke wetgewing is wat rassisme verbied nie,” het hy gesê.

“Ek vind dit baie interessant dat daar so ʼn geweldige reaksie van talle politieke partye en ander instansies was nadat Penny Sparrow rassistiese kommentaar op Facebook geplaas het, maar oor [Khumalo] se kommentaar rep niemand ʼn woord nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, wat Sparrow gesê het, was walglik en onaanvaarbaar. Hierdie [Khumalo se] kommentaar is net so rassisties en boonop ʼn aanhitsing tot geweld, maar hieroor is die DA en die ANC tjoepstil? Ek het vir die DA ʼn direkte e-pos gestuur en die ANC by twiets oor die saak ingesluit, maar niemand het nog ʼn woord gesê nie.”

Amos het gesê hy het ook ʼn boodskap op Facebook aan Khumalo gestuur waarin hy hom inlig dat hy ʼn saak teen hom aanhangig gemaak het, maar Khumalo het nie op die boodskap gereageer nie.

Lt. kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die saak aanhangig gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Theresa B ·

10 uit 10 vir hierdie jongman. Nou sal ons sien wie doen wat…………………………….

Charlotta ·

Ek haal my hoed af vir die jong man. Wonder net of daar opgetree sal word teen “mr Hhumalo”. Shame die arme ding.

Frikkie ·

Hierdie is n grap maar ongelukkig n bitter siek grap. Hoe is dit moontlik dat so min reaksie uitgelok word vanaf die regering, afriforum, Evita, ANC, DA en wie nog meer wat glo hulle het politieke of ander invloed? Hierdie is n haat uitspraak in die ergste vorm en vormaat en in geen onduidelike terme nie aanhutsing tussen rasse. As ek as blanke so n uitspraak maak eet ek vanaand pap in die selle in aanhouding, hoewel ek twyfel daar sal van my notisie geneem word. Ek word elke dag meer ontnugter oor hoe dubbel standaarde op ons afgedwing en dit toegepas word. Van my kant moet ek se “mooi so” aan die jong man wat guts het om die saak aan te meld. Nou val die ondersteuning wat hy nodig het ongelukkig van die wa af! Dan vra ek graag die polisie beampte wat die antwoord sou wees as die kleur oorkant die toonbank wat die klag wou le anders was. Ek het nou die ergste vorm van rassisme beleef!

Melissa ·

Hy sal maar net n ander profiel oopmaak en aangaan…ons moet ons hoop in die hande van ons Almagtige Drie Enige Lewende God plaas.

Jacques de Beer ·

Is dit nie tragies dat dit net as rasisties gesien word wanneer wit iets oor enige ander ras te sê het maar wanneer jy praat van mense opkap en lewendig skil en hul kinders as kompos gebruik dit aanvaarbaar is solank dit net teenoor blankes gerig is? Skokkend om die minste te sê!

anoniem ·

Sy hele facebook blad spreek van rassisme tee blankes!!!!!!!!!!!!…Dink die profiel moet heeltemal verwyder word van facebook……………………………….

Nics ·

Kan mens so iemand nie aankla by fb en hulle dit dan sluit nie – verbeel my so-iets? Is nie op fb en hoop iemand gaan dit doen!

Dee ·

Doen dit gerus Nics. Baie bly dat jy daaraan gedink het. (ek is so bly jy sê nie dat jy hoop iemand anders gaan dit doen nie – so bly jy is bereid om dit self te doen en nie altyd vir ander te wag om dit te doen nie) Voorspoed, ons hou dop!

jacques ·

Shame…arme ding. Miskien moet hy terug skool toe om te gaan leer spel en skryf…of dalk is hy ook een van die agtergeblewenis wat sy matriek gekry het…mahalla…van die anc af. Hy moet lig loop vir die “minority” …..hy kan dalk eersdaags haaikos word.

Leonie ·

Die Handves van Regte dui aan dat propaganda vir oorlog onwettig is, en dit is die uispraak wat gemaak is.

Maddox ·

Reenboognasie is slegs ‘n mite in die verstand van die wit liberaal. Daar het nooit so iets bestaan nie, en daar sal ook nooit so iets wees nie.

GES ·

Die reenboog nasie is in elkgeval maar net ‘n optiese ilusie.

TG ·

Dan wil hulle vinger wys na ons wit mense toe….hoop daar kom iets van die saak aangesien die ANC ” diskriminasie “nou as misdaad wil verklaar.

Maddox ·

Toe Sol. en Afriform raak asb ook betrokke hiermee, soek hierdie swart rasiste uit en rapporteer hulle die hele tyd. Die skaal moet gebalanseer word. Ook met die bostaande berig, raak asb. betrokke en rapporteer ook die saak by die polisie. Hoekom moet net private mense dit doen, julle het tog baie meer “clout” en middele tot julle beskikking as privaat mense.

elmarie ·

Dis skokkend, maar ek dink ons almal het al geweet dat daar swartmense is wat baie meer rassisties is. Wat vir my vreemd is dat die wetenskaplikes so vas glo aan die revolusieleer dat ons almal afkomstig is van ape. Hoekom beskuldig die anc nie die wetenskaplikes ook van rassisme nie.

Louise ·

Tog so oningelig, ons word reeds opgekap en vermoor, indien hy dit in 2016 nog nie geweet het nie?!

Carike ·

Hy verwys in een van sy opmerkings hul moet ons uitmoor soos hitler gedoen het,maar hy moet mooi gaan kyk hitler was n duitser maar hy was blank.

jenni ·

Wens net die rasisme kan net i slag end kry,kani dink dat di mense nog so wil lewe nie,die lewe is darem net te kort om nog mekaar met klippe te gooi

TM ·

Hierdie is nou weer ‘n nuwe ding wat sy kop gaan uitsteek soos die beelde wat beskadig was en verwyder moes word ens. Hierdie is nie die einde nie. Ons gaan nog baie sulke uitsprake kry in die volgende paar dae. Nou hang dit net van ons mensdom af hoe ons dit gaan hanteer.

Malcolm ·

jy behoort mos by die tyd al te weet…we are all equal, but some are more equal than others.

GES ·

Wat nou DA en ANC ? Jammer ek het vergeet, dit is net witmense wat rassiste kan wees. Ek so oneindig dankbaar ek hoef my nie te skaar by enige van die twee partye. Kom nou uit julle skuilings en vertel ons wat gaan julle met die rassis doen.

Frederik ·

Aha, SWART rassis !! Kom ons kyk of die DA kommentaar lewer.

Rina Pretorius ·

daar is nog sulke tipe boodskappe wat swart mense op facebook geplaas het, hierdie is nie al een nie

Shirley ·

Ai kani verstaan dat daar nog mense is wat so haatlik is ni. Soos di dinge deesdae klink is dit ni lank ni dan is da n burgeroorlog. Deur sulke mense se uitspraak sweep dit net almal teen mekaar op. Wat ek voel onnodig is. Wonder manet wat het ons “siblings” daarmee te doen. Mnr Khumalo is rassisties!!!! Dis ons land ook di ni net julle sin ni.!!!

Zhara ·

10 uit 10!!!! Dis tyd dat ons meer opstaan en ook n hou in kry. Rassisme is net rassisme as dit vat die wit kant af kom. Mooi so Daniel Amos ek haal my hoed vir jou af.

Com Truise ·

Ek wil nie sien hoe die rasseverhoudings gaan lyk as die kos en water in hierdie land op raak nie. Mense gaan mekaar opvreet, nevermind opkap vir kompos. Mag die mense met wysheid nie in die kruisvuur beland nie.

Jannie vermaak ·

Nou moet almal hom gaan opsoek en paar dinge vir hom ook sê soos hul gemaak het met die penny sparrow storie.

chrisp ·

Die DA het by monde van hulle leier( Mmusi Aloysias Maimane) ‘n klag van rassisme en haatspraak teen Velahpi Vel-hova Khumalo ingedien by die Polisie kantoor in Hillbrow.Hy het verder gese dat daar verkeerdelik na die DA verwys word as ‘n rassistiese party wat slegs blankes teiken om sodoende politieke korrekte punte te probeer wen.
Hy verstaan egter hoekom daar so gedink kan word aangesien slegs wittes hulle hieraan skuldig maak in sy party.Sodra daar uit die swart DA lede sulke gevalle is, sal hy hulle dadelik aankla en vervolg maar tot dan kan hy nie omrede daar sover nog geen sulke gevalle was nie.Daarom sal hy al die swartmense veral in die regering tot verantwoording roep as bewys van sy en die DA se eie onpartydigheid i.v.m ras en rassisme .

Ek trek al my bg woorde terug .Dit is nog nie April nie.

PJ ·

Net een oplossing gee ons n tuisland dan is ons mos nie meer in hulle pad nie sou hulle dit doen is daar n groot voordeel vir hulle die boere sal weer plant en dan kan hulle by ons voedsel koop en hulle hoef nie dood te gaan van honger soos hulle broers in die res van Afrika nie

Yolandia ·

Ek se dit al lankal, as hulle ons wil uithe moet die president dan namens ons onderhandel om gratis terug te keer na waar ons vandaan kom volgens hulle (Engeland en Australie) en dan kan hulle die land mos nou net so kry… Gee vir ons ‘n land, al is dit dan nou maar die uitbraaksel van Afrika, dan sal ons almal opruk soontoe en van voor af begin.

Pierre ·

Ek sal ook graag wil sien wat die DA se reaksie hierop sal wees – hulle was baie vinnig om die ape-vrou te veroordeel.

Gaan hulle hoegenaamd enigiets doen of sê hieroor? Ek twyfel!

Rassisme is lyk my net rassisme as dit van witmense af kom.

Rassisme, haatspraak en doods-dreigemente is OK, solank jou vel swart is.

L Cloete ·

Kyk na Eyewitness news oor dieselfde debakel. Nog sulke opmerkings . Onaanvaarbaar.

Piet Pompies ·

Kom aan, DA, Afriforum of Solidariteit, ondersteun hierdie jong man in sy soeke en witmense se soeke na regverdigheid!

Sarel Strydom ·

Ek sien nie dat die DA of die MRK hier optree nie. Sal graag antwoorde van die Da wil sien, maar hulle is net so stil.

Griki ·

Moet ‘n saak nie by die MRK aanhangig gemaak word voordat hulle optree nie? Ek stel voor mnr Amos doen dit in elk geval.

nelia ·

Wonder maar net of die plaasmoorde en ander moorde onder blankes deur swartmense nie die ergste vorm van diskriminasie nie…….. en dit teenoor onskuldige mense wat kos op ons tafel is.

Rose Van Rooyen ·

Stuur `n e-pos aan [email protected] sowel as op die Democratic Alliance se Facebook Blad `n boodskap. Ons moet hulle verpes tot hulle kommentaar lewer hieroor.

Remondo ·

Verstaan nie mooi wat polisie gese het nie-Daar is nie n wet teen rassisme nie- Nou wat se die grondwet?
Haatspraak gaan die land nog vernietig , dis jammer want dit is so n mooi land

Erika ·

Ironies genoeg as dit andersom was, was daar lankal skorsings en dit was voorblad nuus. Dankie dat jy opstaan vir almal en se genoeg is genoeg. Waar is Afriforum ??????? en die DA??????.help. Plaas ek nou so iets op Facebook dan word ek gestenig letterlik en figuurlik. Ek was sommer lus om te vloek toe ek dit lees van woede. Sulke kommentaar is walglik. Kan Facebook nie sy blad toemaak nie. En dan sit hy nog sy foto daarby, hoe slim van hom.

Eliza-beth ·

Ek weet ek is vervelig maar : Sosiale media=sosiale euwel. Bly liefs weg, dan het mens baaaaie minder probleme. Kyk net al die nonsens die afgelope tyd agv sosiale media gebruik. Dis ongelooflik hoe mense se karakter kan uitkom en ander slegsê en doen, kan so-iets glad nie verstaan nie. As ek nie van iemand hou vermy ek hom/haar – baie eenvoudig.

HEVW ·

Hy praat van kompos. Miskien is daar van hulle wat n armsalige tuintjie probeer, maar ek glo die meeste van hulle het nog nie die waarde van kompos ontdek nie. Hierdie is niks anders as naakte haat gebore uit n totaal gebrekkige selfbeeld nie.

christine ·

Ja sien die ding is so, as jy niks tussen die ore het nie dan voel jy minderwaardig. Shame dis seker sleg. Wat as ons mense kan blik vir hondekos. Dink nie kompos is n goeie plan nie te veel werk. Ja die swaard kan aan albei kante sny.

HEVW ·

Die hele aangeleentheid bly maar ontstellend. Mens weet nie eintlik wat om te se nie. As ons globaal na die kommentare kyk dan word die oplossing van die saak nerens gedien nie. Eerder aangeblaas en vind ons met eerlike ontleding dat ons onder die mantel ook dieselfde haat koester. Dit is asof ons almal sondemagteloos vasgevang is terwyl die tydbom onafwendbaar die sekondes aftik.

Dawie ·

Dit sal interesant wees om die ou sakies dop te hou veral die einde.Maroela hou ons op hoogte asb.

ansu ·

Nee wraggies mense hoekom die politieke partye betrek? Persoonlik dink ek dat die DA goeie werk lewer of is daar dalk ‘n ander party wat beter doen vir almal ongeag.

chrisp ·

Ansu

Nou noem gou vir ons die goeie werke waar hulle opgekom het vir blankes .Soos hulle dit doen vir swartmense(waar daar geensins eers naby dieselfde haat gespreek word nie,indien enige).
Onthou egter dit gaan oor rassisme in die geval,dws nie oor hoeveel huise,paaie, skole ens nie.

En nee as die DA so onbeheers gil teen blankes is dit mos net vanselfsprekend dat hulle dit teenoor swartes ook sal doen?Want sien, dit is mos dan uiters belangrik vir hulle daarom verwag ons dieselfde reaksie. Hulle se hulle sien geen ras raak nie.Verder ondersteun duisende Afrikaners hulle party(ek neem aan jy is een).Ek sal aanneem dat julle graag ‘n party ondersteun wat nie rassisties is nie en dan nog een wat juis teenoor julle diskrimineer(wat hulle in elk gaval doen).

Ek wag geduldig.

Elsabe Snyman ·

goeiemiddag ,

nou nie antwoord op die saak nie of kommentaar nie, Maar ek werk in die middestad Pretoria oppad huistoe 3:30 In Pretoriusstraat af na Du Toitstraat het daar die manne (swart) langs Sassa ingang gestaan, ek het gesien toe ek in hulle rigting kyk die een staan my en aan kyk. Ek het direk my kop weggedraai en aangeloop.

by een van die ingange omtrent 10m van hulle af het ‘n voertuig op sy tyd teruggestoot ek het toe aan die bestuurder nie gekyk wie of wat in die voertuig is nie , gesê kom pappa want ek kon nie voor of agter verby die voertuig nie.

Sal die een wat na ‘n moeilikheid maker lyk wat daar gestaan het vir my skree ja jy moet f… want jy dink jy lewe nog in die apartheids era. Ek het omgedraai en gevra ekskuus wat sê jy jy? en hy het dit aanhou skreeu wat ek toe wel gehoor het. Die een man wat ‘n voertuig staan en was het langs die straat het vir my gewys ek moet net aanhou loop.

Ek het omgedraai en geloop ek kon die ander persoon nog ‘n halwe blok vêrder hoor agter my aan skree.

Wou maar net noem

Danie ·

Hy het nie so aan gegaan toe die swart studente op universiteit daardie rasistiese uitlatings gemaak het nie. Hy is die rasis en die situasie pas hom daarom kon hy nou uiting gee daaraan. Hulle is ons vêr voor met erge haatspraak en rasistiese uitlatings.

Jan maak n Plan ·

Die DA en die MRK is ‘n klomp twee gat jakkalse. As dit n wiite was wat die uitlatings gemaak het was die gort gaar maar nee, Mr Khumalo is seker deur ou Jan van Riebeeck verontreg en dis nou seker die regte ding wat hy doen met een waarheid. Sy maatjies doen dit alreeds – plaas moorde. Dit is my mening dat hier iets baie lelik aan die broei is.

Tersia ·

Dit is so lagwekkend. Een van my swart kliente ‘n wonderlik vriendelike jongman het gister vir my gese. Almal is rasisties Wit teen Swart en Swart teen Wit en ander swart nasies en Wit teen ander, reg oor die wereld mense en ander rasse. Die probleme is mense moet dit nie uitspreek of uitleef nie. Ek was nogal geamuseerd want dit is so waarheid. Indien mense rassistiese opmerkings wil sien. Kyk na opmerkings op artikels in koerant artikels. Dit skok my gereeld dat daar onderliggend soveel wrede en wraak en haat onder ons mense is.
Dit wat vir my verassend is, is dat dit nou en op so hewige manier uitgebuit word, natuurlik alles politiekery. Dit gaan al die tyd aan. Nie nou eers nie. Jy mag dit dink, maar asseblief moet dit nie uitspreek nie…..uit die mond van ‘n jong Juppie Swart man met ‘n blink kar en ‘n denker met ‘n opinie.

Jade ·

Politieke partye word betrek want hulle wil sake maak teen ander wat kommentaar lewer en hulle skeer nie almal oor dieselfde kam nie.

Ek het direk op die DA se page kommentaar gelewer sonder enige reaksie. Die hele man se FB skree van rassissme, haat, moord en meer.

Niemand gaan iets doen nie want elke politieke party is deel van die groter komplot waarvan ons nie weet nie, dit is net vir skyn die helfte wat gedoen word.

Hitler het die Jode doodgemaak en ook daardie hoeveelhede die oorlewendes het vertel, hy het baie van sy fondse by die liewe VSA gekry dis orals op die net, maar die Jode het steeds uitgestyf want hulle is gekies om dit te doen.

Om te baklei en meer gaan nie help nie. Ons moet ons self verdedig, bid vir uitkoms en dan self opstaan want as dit so aangaan sal ons nooit veilig wees nie.

Amanda ·

Dr Piet Beetge en sy vrou Eva van Wonderboompoort wat week lank vermis is, is in veld gevind met byle opgekap. Kyk onder The Pink Ladies website.

Willie ·

Miskien moet ons almal agter Daniel Amos staan en saam met hom die klag indien. Meer stemme is beter as net een. Dinge gaan net erger vir ons raak as ons nie daadwerklik iets daaromtrent doen nie. Die polisie kan nie ‘n saak dood smoor as dit van baie mens af kom nie.

Ingelig! ·

Ek bid vir jou ou pel, mag die Koning gee dat dit reen waar jy loop, dat die son skyn waar jy warm kry, dat dit sneeu waar jy koud kry. Mag die Vader jou uit jou skoene seën! Amen.

Anoniem ·

Daniel Amos se klag gaan verdwyn by die polisie!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lindie Lourens ·

Sluit almal wat rassistiese opmerkings maak in een vertek toe, net vir ‘n week lank, sodat hulle hulle probleme met mekaar kan uitsorteer.

wilhelm ·

Hoekom wil almal gaan kla oor die fb storie ,los die mense dat ons kan sien wat aan die gang is. As meer mense reguit sê wat hulle meen…dan verstaan ons mekaar beter en maak beter planne hoe om aan die lewe te bly, nie waar nie? Ek het nie geweet iemand kan so ver al wees in hul vrymoedigheid om so te praat nie ….waar daar n rokie trek brand daar dalk nog binne kort n VUUR..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.