Saak oor Wolhuterskop-natuurreservaat draai dalk in hof

wolhuterskop“Ace Magashule, die Vrystaatse premier se uitlatings die afgelope naweek dat die grond van die Wolhuterskop-natuurreservaat destyds van die oorspronklike eienaars gesteel is, is onverantwoordelik en kom op aanhitsing neer,” sê CW Els, AfriForum se organiseerder vir die Vrystaat.

“Die LUR vir ekonomiese ontwikkeling het op sy beurt gesê dat ʼn gedeelte van die natuurreservaat moontlik vir die Tyrannus Apostoliese Kerk afgeskort kan word. Dit dra by tot ʼn gevoel van grondonteiening, en dit is onaanvaarbaar,” sê Els.

Voor enige stuk grond aan enigiemand of ʼn instelling gegee kan word, moet daar deeglike openbaredeelnameprosesse geskied, wat nie hier die geval was nie.

Die Tyrannus Apostoliese Kerk het weer die naweek sy saamtrek by Wolhuterskop gehou, en soos verlede jaar het daar ʼn veldbrand ontstaan. Die Dihlabeng Munisipaliteit het weereens aan die kerk toestemming verleen op voorwaarde dat daar byvoorbeeld onder geen omstandighede vuur gemaak mag word nie en dat die kerk sy eie ablusiefasiliteite moet voorsien.

Volgens Cyril Atkins, voorsitter van die AfriForum-tak in Bethlehem het daar Saterdag weer ʼn brand uitgebreek en moes van die byna 60 busse spoedig geskuif word. Daar is Sondag weer vuurgemaak. AfriForum hou die Munisipaliteit aanspreeklik. “Verlede jaar was daar drie veldbrande, en daar is reeds kriminele klagtes teen die munisipaliteit gelê. Die departement van landbou, bosbou en visserye se adjunk-direkteur, mnr. Malcolm Proctor, gaan Donderdag, 10 Oktober 2013 self Bethlehem besoek om die saak te ondersoek.”

Die ANC het volgens mediaberigte tydens die kerksaamtrek stemme gewerf vir aanstaande jaar se nasionale verkiesing. “AfriForum sal nie toelaat dat Wolhuterskop ʼn politieke speelbal word nie, en ons beskou die LUR en Premier se uitlatings in ʼn baie ernstige lig,” het Els afgesluit. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mervyn Keown ·

Wolhuterskop behoort aan die mense wat belasting betaal en nie aan Munisipaliteit of Ace nie. Die Munisipaliteit moet hierdie Natuurreservaat net bestuur. Die grond is nie gesteel deur vorige regering nie dit behoort aan Belastingbetalers wit, swart, pienk of geel. Pas dit op en beskerm ons natuur. En basta Ace gaan maak jou mond oop in Parys.

Jan Serfontein ·

Ace Magasule kan eerder die hopelose Bethlehem munisipaleteit sê om een van die mooiste dorpe ind die Vrystaat terug te bring in die toestand wat dit was voor 1994. Bethlehem gaan totaal agteruit Behalwe strate wat verval en soveel ander dinge wat agteruit gaan of heeltemal tot niet gaan, spoel Magasule sy mond uit oor iets wat hom glad nie aan gaan nie. Gaan kyk net na die midde dorp, een groot varkhok. selfs Die stadsaal en die gras perke om die stadsaal lyk soos n varkhok.mense sit daar en eet, veral tussen een en twee en as jy daar deurstap na die munisipale kantore ruk jou binne goed by aanskoue van al die gemors.. Nou word Wolhuterskop ook verwoes.So mnr die premier bepaal jou eerder by die op bou van die vrystaat ( as jy kan) en los jou rasistiese uitlatings of hou dit vir jou self. Dit is n skande dat jy feitlik nog niks vir die Vrystaat gedoen het vandat jy aan die bewind gekom het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.