Saak teen aanklaer wat glo verkrag, sloer steeds

(Argieffoto: Maroela Media)

Die saak teen ʼn senior aanklaer in Noordwes is weer vir verdere ondersoek uitgestel.

Die saak sal nou na verwagting in September hervat word.

Henry Mamothame, streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, sê die nuwe aanklaer is van Welkom in die Vrystaat en het gevra vir ʼn verdere uitstel om die ondersoekbeampte kans te gun om nuwe bewyse wat aan die lig gekom het, behoorlik te hanteer.

Die 45-jarige beskuldigde is ʼn aanklaer verbonde aan die kantoor van die direkteur van openbare vervolging in Noordwes en word onder meer aangekla van statutêre verkragting, die seksuele uitbuiting van kinders, seksuele gereedmaking en seksuele aanranding.

Die vermeende slagoffer was 15 jaar oud toe die beweerde oortredings in 2019 gepleeg is.

Die beskuldigde is vroeër geskors en op borgtog van R10 000 vrygelaat. Sy borgtog is tot sy volgende hofverskyning verleng, sê Mamothame.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

Nou wat is sy naam sodat mens kan weet. O, ja, hy is seker een van cr se tjomme en ‘n our people nou word hy beskerm. Sies!

marius ·

Waar is die gillers oor vroue en kinder regte ? Waar is die mrk ? Waar is die anc vroue liega ? Nerens !

Hennie J ·

Stem saam met jou vrae. Hulle skitter in hul afwesigheid en die saak sloer en sloer totdat dit in die niet verdwyn.

Anoniem ·

Genade, hy moet agter tralies bly en uit die samelewing verban word.
Hoe wreed kan ‘n persoon wees

efjy ·

Die aanklag sloer reeds sedert 2019. Nou 2 jaar later word dit steeds verder ondersoek. Wat kan so lank neem om te ondersoek. Laat die beskuldigde in tronk bly totdat hy onskuldig bevind word. Dan sal hy self aansoek doen dat die saak eerder vroeer as later afgehandel word. Wat is R10000 as jy vir twee of meer jare na so ‘n ernstige misdaad steeds kan vry rondloop.

Prikkie ·

Die klem hier is op rondloop – hy is geskors, so hy werk nie, kry nog volle salaris ook.

Stem saam, sit hom agter tralies en hy sal soebat om verhoor te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.