Saak teen Ace, medebeskuldigdes na hooggeregshof

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, na die hofverrigtinge. (Foto: @CKkwena_2010/Twitter)

Die saak teen Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, en sy medebeskuldigdes sal in Augustus in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor word nadat die saak Vrydag daarheen oorgeplaas is.

Die groep staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder geldwassery en bedrog.

Nog drie senior amptenare is Donderdag in verband met die ondersoek rakende beweerde korrupsie met die toekenning van ʼn kontrak om ʼn oudit van asbesdakke in die Vrystaat te doen, aangekeer. Hulle het Vrydag ook in die hof verskyn.

Die drie bykomende beskuldigdes is Albertus Venter, ʼn prokureur wat hoof was van die departement van die kantoor van die Vrystaatse premier [Magashule], Nozipho Molikoe, finansiële hoof van die provinsiale departement van behuising, asook Thabio Makepe, die departement se hoofingenieur.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aangedui dat hy in Mei gereed sou wees om met die saak voort te gaan, maar daar is op Augustus ooreengekom nadat dit die eerste datum was waarop al die betrokke partye beskikbaar sou wees.

Buite die hof het honderde mense saamgedrom om Magashule te ondersteun.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die polisie het Vrydagoggend kennis geneem van die onwettige byeenkoms en dat mense gewaarsku is dat hulle ingevolge die Wet op Rampbestuur onwettig byeenkom omdat hulle nie ʼn sosiale afstand handhaaf of maskers dra nie.

Makhele sê ná ʼn “ontleding van die situasie en ʼn berekening van die gevare wat verband hou daarmee om die skare uiteen te laat gaan”, is daar besluit om aanklagte teen die organiseerders aanhangig te maak.

“Die provinsiale kommissaris het reeds die distrikskommissaris van die Mangaung-metro opdrag gegee om ʼn span saam te stel om alle inligting in te samel en te verseker die saak dien so gou moontlik in die hof.”

Magashule het nie sy ondersteuners toegespreek nie en het in ʼn luukse voertuig, omring deur talle ondersteuners, by die hofgebou weggery.

Dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, sê die ANC-ondersteuners het afsonderingsregulasies blatant voor die polisie verontagsaam wat “onwillig of bang lyk” om stappe teen hulle te doen.

“Dit is vir die hele land duidelik dat die regering se Covid-19-regulasies net geld vir diegene wat nie ANC-klere of uMkhonto we Sizwe-uniforms dra nie.”

Jankielsohn sê die polisie het verlede maand waterkanonne buite ʼn kantoor van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) teen weerlose en swak mense – sommige selfs op krukke – gebruik omdat hulle glo nie ʼn sosiale afstand in die lang toue gehandhaaf het nie.

“Die polisie en weermag wat strande met outomatiese vuurwapens gepatrolleer het, het gewone burgers geïntimideer,” het hy gesê.

Jankielsohn sê dit is net nog ʼn voorbeeld van die selektiewe inwerkingstelling van die wet deur ʼn skynheilige ANC-regering wat bang is vir sy eie faksies.

“Die ANC-geleide regering is ywerig om swakkes en kwesbares te boelie, terwyl hy koes vir kinderagtige misdadigers wat ooglopend en sigbaar die wet oortree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Androclus ·

Hy moet net tronk toe uit die samelewing uit dis al.Skelm

Spyker ·

Ek was bewus dat daar baie kriminele in die land is maar dat daar so baie bymekaar gaan kom ter ondersteuning van misdaad, is vir my ondenkbaar. Die polisie kon duisende verdagtes daar onder arres geplaas het en miljoene sake opgelos het. Maar heelaas……….?

Persheks Adri ·

Hoe kan die polisie eers vanoggend hoor van die sametrekking? Snert man!!! Normale mense noem dit common sense pffft, maar ai dit is ook nie daar nie. Sluit toe en kry klaar en met hulle wat nie eers maskers dra of afstand ken nie ja wel… Laat ek my vingers hier verwyder

Stefaan ·

Augustus??? Die “people” sal sorg dat hulle niks oorkom nie.

Misky ·

En MM verwyder weer my kommentaar. Ek praat net die waarheid van die skelm en sy dom volgers wat hom so verafgod

Persheks Adri ·

Myne word ook gereeld verwyder en ons voldoen tog aan die voorwaardes… Dalk is ons te reguit

Zombie ·

Is ń leier se gedrag ń refleksie van die gedrag van sy ondersteuners se norme en waardes of is ondersteuners se gedrag ń refleksie van hulle leier se waardes en norme? In ieder geval, soort soek soort.

LANA is ELANè ·

Ja Nee, in die land waar eenoog koning kraai, sal die mense op die einde doodgaan van die honger en hulle sal nie verstaan waarom nie, alhoewel hulle self vir ‘n korrupte, geldgierige magbehepte regering gestem het en altyd sal bly stem net om standpunt in te neem.

Willem ·

magashule speel selfde speletjie as zuma!Hulle sal niks oorkom nie!

Leana ·

Dink hulle moet die tronk op Robbeneiland maar weer oopmaak en die klomp maar weer terug sit in hul selle.

TO ·

Nou vra ek net, hoekom word hy vervolg, nie dat ek simpatie het, maar Zuma run die show

JJB ·

Kan nie eers met ‘n skoon kar vir sy bemarkingsveldtog opdaag nie…

4ntj13 ·

Ace het duidelik die vertoon beplan met daardie kar. Dis duidelik ook dat die skare hom beskerm teen enigiemand wat hom sou wou vermoor vir wat hy gedoen het. Dus: Koning Ace, leier van diewe, intimideerders en Covid-ontkenners!

Pietertjie ·

Is dit nie onwettig om só by ‘n voertuig uit te hang nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.