Die saak teen die weduwee van die vermoorde Kaapse advokaat Leon Nortier is voorlopig teruggetrek sodat verdere ondersoek gedoen kan word.
Mientel Nortier is in Julie verlede jaar aangekla van die moord op haar man, Leon (59), kort nadat hy in die egpaar se huis in Table View doodgeskiet is.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê nou die saak teen Nortier is voorlopig teruggetrek vir verdere ondersoek.
Nortier is verlede jaar kort ná haar inhegtenisneming vir sielkundige waarneming gestuur voordat sy op borgtog vrygelaat is. Die saak is daarna verskeie kere uitgestel omdat die ondersoek nog nie afgehandel is nie.
Leon, oorspronklik van Despatch in die Oos-Kaap, het voor sy dood langer as twee dekades as advokaat gepraktiseer. Hy het ook vroeër as staatsaanklaer gewerk.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Dan is sy seker maar onskuldig?
Hoe kan iemand gearresteer en aangekla word terwyl daar nie voldoende getuienis is nie ? Diegene wat die besluite neem het duidelik geen idee wat straf en bewysreg behels nie . Pateties !
Ondersoek werk seker weer onvolledig gewees.
Nou dan moet die polisie hul ondersoek uitbrei … dit kan tog sekerlik nie net hier stop nie. Dalk is sy indirek betrokke deurdat sy iemand gehuur het om hom te laat vermoor.
Hahaha MM