Saak teen ekskêrel uitgestel

Christopher (Stoffie) Watson en Angelique Fourie (Foto: Mike Bolhuis, Facebook)

Christopher (Stoffie) Graham Watson, ekskêrel van die vermoorde Angelique Fourie (27), het Dinsdag vlugtig in die Secunda-landdroshof in Mpumalanga verskyn. Hy staan tereg vir die moord op Fourie en op ʼn klag van brandstigting.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is die saak tot 22 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Watson het met sy tweede hofverskyning op 17 November sy borgtogaansoek teruggetrek omdat daar geen meriete vir Watson se borgtogaansoek was nie – veral gegewe die ernstige aard van die misdaad.

Maroela Media het vroeër berig dat Watson homself aan die polisie oorgegee het, ʼn dag nadat Fourie se bebloede liggaam in haar meenthuis in Trichardt, Mpumalanga, gevind is. Sy het ’n oop wond aan haar nek gehad. Haar vermeende moordenaar het ook ʼn brand in ʼn vullisdrom in die huis gestig.

Sy is glo voor haar en Watson se vierjarige dogtertjie vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Di ·

“Sy borgtogaansoek sou nie oorweeg word nie veral gegewe die ernstige aard van die misdaad” Nou is my vraag, hoekom word borg vir “sekere” ander moordenaars toegestaan?

ROELOF ·

Hyself, die moordenaar het borgtogaansoek laat vaar. Soos ek verstasn uit vorige beriggewing.

Nico ·

‘n Baie goeie vraag, hy het hom dan self oorgegee wat ‘n bewys is dat dat hy die moord gepleeg het, hoekom die saak uit te stel.

Vlooitjie ·

Ons wêreld is wreed en dol. Sterkte aan beide families. Ek weet nie hoe verwerk mens so iets nie.

AH ·

Die arme onskuldige kind………………weereens die een wat die meeste daaronder ly………

Lillian ·

Ten spyte van duisende rande wat die regering spandeer om geweld teen kinders en vroue te probeer verminder, sien mens nog elke dag hoe vroue en kinders sterf. Lyk eerder of dit geld mors is, want die situasie verbeter nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.