Saak teen Glencoe-boer uitgestel

Argieffoto (Foto: Daniel Bone/Pixabay)

Garth Simpson (68), ’n boer van Glencoe, KwaZulu-Natal, se borgtogaansoek is wéér uitgestel. Dié boer bly nou al twee maande lank agter tralies en wag in spanning om te hoor of hy op borgtog vrygelaat kan word.

Simpson is in September op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat hy glo die 17-jarige Qiniso Dlamini in ’n struweling doodgeskiet het.

Simpson se borgtogaansoek is aanvanklik in Oktober in die Glencoe-landdroshof van die hand gewys. Hy het hom daarna tot die hooggeregshof gewend om die hof se besluit te betwis. Hy is sedertdien in aanhouding en sy appèlaansoek is nog nie afgehandel nie.

Simpson het Donderdag weer in die hof verskyn vir die oorhandiging van die ballistiese verslae. Hy sal na verwagting weer op 14 Desember in die hof verskyn sodat die staatsaanklaer die dossier kan finaliseer.

AfriForum sê hy is bekommerd oor die hof se hantering van Simpson se borgtogaansoek en die feit dat hy nog heeltyd in aanhouding is. Volgens die burgerregteorganisasie het die hof meer as ’n maand geneem om die oorkonde aan AfriForum se regspan te oorhandig sodat die appèlaansoek opgestel kan word teen die hof se besluit om Simpson borgtog te weier.

Die organisasie meen dat die redes wat aangevoer is vir die weiering van borgtog onvoldoende is. Die hof het onder meer aangevoer dat hy die borgtogaansoek van die hand wys vir Simpson se eie veiligheid.

AfriForum het vroeër aangekondig dat hy Simpson met regshulp sal bystaan omdat dit lyk of Simpson ’n baie goeie verweer openbaar en moontlik suksesvol sal wees in sy verdediging, mits hy goeie regshulp het tydens die verhoor en nie die slagoffer word van nou al holruggeryde politieke en rasgebaseerde aantygings nie.

“AfriForum raak normaalweg nie by individuele sake betrokke nie, maar het ’n uitsondering gemaak omdat daar groter kwessies ter sprake is wat nie net die beskuldigde raak nie, maar die breër gemeenskap,” sê die organisasie in ’n verklaring.

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, sê boere ervaar daagliks talle probleme soos onwettige oortreders op hul grond, onwettige weiding, grondgrypgevalle en plaasaanvalle. “Politici wat gereeld uitsprake maak teen boere en onteiening sonder vergoeding aanmoedig, skep ’n gespanne atmosfeer in verskeie landelike gebiede,” sê Roets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marius ·

Liewe genade . Party mense sien nie eers die binnekant van n tronk nie al het hy moord gepleeg. Die arme boer sit al twee maande in die tronk , pateties verby.
Baie sterkte aan die boer.

Harley Davidson ·

Ek sal presies dieselfde doen as ek in sy posisie was,die vuurwapen wet regverdig hom die piesang hof faal hom .ek hoop solidariteit help hom ook om ‘n eis teen die staat in te stel waneer hy weer vry is .

Madz ·

Ja nee wragtig…. HY sit in die tronk – Andre (Brendan Horner saak) sit in die tronk – En ek glo steeds dis omdat die “staat” steeds nie werklik genoegsame “bewyse” kan bewimpel om die manne amptelik aan te kla nie! Maar boeta… ou Zumpie en Ace en MALema en noem maar op….. daai sake word uitgestel en uitgestel en weer uitgestel (terwyl hul steeds gerieflik salarisse ontvang EN by hul eie huise sit!) So hou dit aan tot die “aangeklaagde” dood gaan van ouderdom!! Dis flippen BELAGLIK! “… ter wille van hul eie veiligheid!” REGTIG??!! Moet my nie laat lag nie!

Arie ·

n Vdeo wat tyfens die geskarrel gemaak is is n duidelike bewys dat die. Boer nie heen gegaan het om iemand te skiet mar hom teen aanval bewapen het. n Aancal het gevolg en die aanvaller is of per ongeluk of uit noodweer doodgeskiet sonder voorbedagte rade.
Dis uit nydigheid teen blankesimn die algemeen dat hy nie op borgtog uitgelaat word en die saak steeds uitgestel word.
Hier is n duidelike mistasting van die reg en as die boer wil gaan n groot eis vir onregmatige aanhouding volg.

Kobus ·

Vermoor ‘n vrou vir ‘n bottel whiskey en kry onmiddellik borgtog, baklei vir jou lewe en jy sit. Die polisie is sirkus/rassiste, en die NVG.

Pieter J ·

Dit is duidelik dat hierdie landdros besig is met politieke speletjies en sulke onbevoegdes hoort nie op die regbank nie maar ook agter tralies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.