Saak teen koerant oor aparte toilette in Louis Trichardt

toiletpapierDie eienaar van die Vleissentraal-kantoorblok in Louis Trichardt, Limpopo het ʼn saak van naamskending teen die Sowetan-koerant aanhangig gemaak nadat hy berig het dat toilette by dié gebou vir verskillende rasgroepe geskei is.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die saak is by die Louis Trichardt-polisie aanhangig gemaak.

Bennie van der Merwe, die gebou se eienaar, het bevestig dat hy ʼn saak teen die koerant ingedien het. “Die bewerings in die berig is onwaar. Die koerant het ons nie eens geraadpleeg of vir kommentaar genader nie,” het Van der Merwe gesê. Hy voel die onderneming se karakter is verder geskend omdat die koerant die opskrif “Whites Only” by die berig geplaas het.

Van der Merwe het ook ʼn aanklag van intimidasie teen ʼn lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) by die polisie aanhangig gemaak. “Ons het ʼn SMS van ʼn EFF-lid ontvang wat dreig om die gebou af te brand, maar die EFF beweer dit kom nie van hulle af nie,” het hy gesê.

Rita van Schalkwyk, opsigter van die gebou, het glo ná die berig twee SMS’e op haar selfoon ontvang. Die eerste een lui: “I’m a no-nonsense Chief Justice of EFF “Aubrey Setlhalogile” in Brits. Should I hear toilet discrimination in the media again about VLEISSENTRAAL I’ll f*** U up!” (sic)

Die tweede een lui: “Black & White people must f*****’ use the same f*****’ TOILETS ok B****?U want the so called Vleissentraal up in flames? then carry on with that stupid tendency!” (sic)

Die EFF kon nie vir kommentaar bereik word om te bepaal of Setlhalogile ʼn lid van die party is nie.

Otto kon nie onmiddellik die intimidasiesaak bevestig nie en vind uit of dit wel oopgemaak is.

Die Sowetan het Woensdag berig huurders by die kantoorblok het ʼn vergadering saamgeroep omdat hulle glo aangesê is om aparte toilette te gebruik.

Die huurders het aan die koerant gesê hulle het genoeg gehad van die afsondering en vernedering. “Daar is vier toilette in die gebou,” het ʼn sakeman, wat anoniem wou bly, aan die koerant gesê. “Een is vir swart vroue, een vir swart mans, een vir wit en bruin vroue, en die laaste een word deur een wit man gebruik. Die toilette is ook altyd gesluit en ons moet die sleutel by ʼn wit vrou aanvra as ons dit wil gebruik.”

Ander huurders, wat ook nie hul name bekend wou maak nie, het met die koerant gepraat oor die beweerde rassisme wat daar plaasvind.

Lees meer oor die kwessie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Simon ·

as mense aparte geriewe will gerbruik is dit mos hulle demokratiese reg. dis sommer nonsens dat ander nie dieselfde regte gegun word as wat hulle nou vir hulself wil gun nie.. dis ma hoe ek die ding sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.