Saak teen Krejcir se vrou en seun teruggetrek

Katerina Krejcirova Vrydag tydens haar inhegtenisneming buite die Palm Ridge-landdroshof Foto; Werner Beukes/SAPA

Katerina Krejcirova Vrydag tydens haar inhegtenisneming buite die Palm Ridge-landdroshof Foto; Werner Beukes/SAPA

Die saak teen die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir se vrou, Katerina Krejcirova, en sy seun Dennis is Donderdag in die gespesialiseerde misdaadhof in Pretoria teruggetrek.

“Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die saak ondersoek en bepaal dat ʼn saak nie gebou kan word op die inligting in die dossier nie,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, gesê. Die saak is na die polisie terugverwys vir verdere ondersoek.

“Indien hulle verdere bewyse opspoor, kan die saak weer na ons verwys word en ons kan dan besluit of ons met die saak wil voortgaan,” het Mncube gesê.

Krejcirova is in Februarie in hegtenis geneem toe sy haar man se aansoek om borgtog by die Palm Ridge-landdroshof bygewoon het. Dennis Krejcir is kort daarna in hegtenis geneem. Die paar is later op ʼn waarskuwing vrygelaat.

Piet du Plessis, Radovan se prokureur, het in daardie stadium gesê Krejcirova is in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde gesteelde voertuig wat op die egpaar se Vaal-eiendom opgespoor is. Die staat het egter tydens die hofverrigtinge aangevoer dat Krejcirova en Dennis ʼn Volkswagen Amarok met vervalsde dokumentasie aangekoop het. –SAPA

Lees ook:
Hof beslis oor Krejcir se SAID-aansoek
Krejcir se vierde borgtogaansoek
Krejcir-vennoot wil glo skuif oor dieetvereistes
Sewende Krejcir-vennoot aangekeer
Nóg ‘n klag teen Krejcir
Saak teen Krejcir se vrou en seun uitgestel
Krejcir-verdagte het ystersaag by hom in aanhouding
Krejcir se vrou en seun in hof
Krejcir se vrou vrygelaat
Polisie soek glo ook Krejcir se seun
Krejcir se vrou in hegtenis geneem
Krejcir se borgaansoek uitgestel
Radovan Krejcir weer in hof 
Krejcir en kie in die hof
Krejcir-saak hervat
Vyfde verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
Krejcir-saak: Ondersoeker het glo inligting verkoop
Krejcir se aansoek om verlof tot appèl geweier
Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Krejcir-vennoot se borgtog-aansoek wéér afgekeur
Geen borgtog vir Krejcir
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.