Saak teen Krejcir se vrou en seun uitgestel

Katerina Krejcirova Vrydag tydens haar inhegtenisneming buite die Palm Ridge-landdroshof Foto; Werner Beukes/SAPA

Katerina Krejcirova Vrydag tydens haar inhegtenisneming buite die Palm Ridge-landdroshof Foto; Werner Beukes/SAPA

Die saak teen Radovan Krejcir se vrou en seun is Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria uitgestel.

Katerina Krejcirova en Dennis het in die hof verskyn in verband met ʼn gesteelde voertuig wat op hul eiendom aangetref is. Hulle is op 28 Februarie in hegtenis geneem en is albei dieselfde dag op ʼn waarskuwing vrygelaat, nadat Krejcirova ʼn dringende aansoek by die Pretoriase hooggeregshof ingedien het.

Sy is by die Palm Ridge-landdroshof in hegtenis geneem terwyl sy haar man se aansoek om borgtog bygewoon het.

Die staat het Donderdag uitstel versoek, aangesien die ondersoek voortduur.

Annelene van der Heever, Krejcirova en Dennis se prokureur, het die “uitgerekte uitstel” teengestaan. “Ons het die Suid-Afrikaanse Polisiediens die geleentheid gebied om met die beskuldigdes te vergader,” het Van der Heever gesê. “Hulle het voortgegaan en hulle in hegtenis geneem. Nou sê hulle aan die hof die ondersoek duur voort.”

Volgens Van der Heever het die polisie die twee in hegtenis geneem sonder om die saak te ondersoek.

ʼn Hofdatum sal bepaal word wanneer die saak weer op 10 April in die hof voorkom.

Die staat beweer die twee het ʼn Volkswagen Amarok-voertuig aangekoop met vervalsde dokumentasie. -SAPA

Lees ook:
Krejcir-verdagte het ystersaag by hom in aanhouding
Krejcir se vrou en seun in hof
Krejcir se vrou vrygelaat
Polisie soek glo ook Krejcir se seun
Krejcir se vrou in hegtenis geneem
Krejcir se borgaansoek uitgestel
Radovan Krejcir weer in hof 
Krejcir en kie in die hof
Krejcir-saak hervat
Vyfde verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
Krejcir-saak: Ondersoeker het glo inligting verkoop
Krejcir se aansoek om verlof tot appèl geweier
Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Krejcir-vennoot se borgtog-aansoek wéér afgekeur
Geen borgtog vir Krejcir
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.