Saak teen KZN Valke-hoof wéér uitgestel

'n Onbekende ondersteuner gesels met die geskorste KZN Valke-hoof genl.maj. Johan Booysen by die Durbanse hooggeregshof (30 Januarie 2017) Foto: Paul Kirk/ANA

‘n Onbekende ondersteuner gesels met die geskorste KZN Valke-hoof genl.maj. Johan Booysen by die Durbanse hooggeregshof (30 Januarie 2017) Foto: Paul Kirk/ANA

Die saak teen genl.maj. Johan Booysen en sy 25 medebeskuldigdes is Maandag in die Durbanse hooggeregshof vir die 13de keer uitgestel.

Regter Shyam Gyanda het die saak uitgestel, nadat die staatsaanklaer en die verdediging ingestem het, om die applikante die geleentheid te bied om aanklagte van swendelary teen hulle nietig te verklaar.

Die saak is tot 29 September uitgestel.

Booysen en die 25 mans staan tereg op ʼn reeks aanklagte wat strek van korrupsie en swendelary tot moord en poging tot moord.

Die beskuldigdes, wat in 2012 in hegtenis geneem en aangekla is, ontken steeds enige aanklagte. Die staat voer aan Booysen het ʼn kriminele onderneming bedryf, wat betaalde teregstellings van lede in die taxibedryf insluit.

Die aanklagte teen Booysen is reeds in Februarie 2014 in die Durbanse hooggeregshof deur regter Trevor Gorven uitgegooi. Die aanklagte is aanhangig gemaak deur die destydse waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging adv. Nomgcobo Jiba. Shaun Abrahams, huidige nasionale direkteur van openbare vervolging, het egter verlede jaar dieselfde aanklagte weer teen Booysen ingestel.

Lees alle vorige berigte oor Johan Booysen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jan ·

Dit is by verre die minderheid mense in die ANC, in effek net so een of twee, wat soos Zuma, JIba en Abrahams is.

Erika ·

Hierdie saak word darem vreeslik uitgetrek……wonder maar net

Carol ·

Gen.maj.Johan Booysen. Ons dink aan jou en jou span…. Ek stem vir FREE THE CATO MANOR TEAM NOW….daar is genoeg sake buite wat wag om opgelos te word.
Jou klasmatjie 1974

Manie ·

Ek weet nie of party mense dag en nag loop met donkerbrille en niks wil sien. Ek verstaan nie hoe kan mens sê die minderheid dink nie soos Zuma en sy trawante. Ek sê die meerderheid dink net soos hy

snoefie ·

as die sak voor n onpartydige regter verhoir word sal daar gevind word die aanklagte het geen meriete nie. 13 keer uitgestel? strooi. laat hom gaan.

Frikkie ·

Die staat weet maar net hoe om mense se lewens om ver te werp. deur die saak vir die hoeveelste keer uit te stel. Alles kos geld en verlore tyd, tyd wat nooit weer verhaal kan word nie….. Dit is net ‘n bewys dat die staat geen saak teen die manne het nie. Die manne kon in diens gewees het en sodoende sake opgelos het, deur die eintlike skuldiges ontmasker het

marianna ·

Mense lees asb. die boek Blood on their hands. Regtig die moeite werd. Lekker dag almal!

arie ·

Genl Booysen het sy saak baie eksplisiet gestel in sy boek “Blood on their Hands”.

Kry die boek, lees dit en weet dan dat enige verdere kommentaar behalwe om te se: “Daar n georganiseerd vendetta teen hom en dat daardie mense die kleintjies strooitjie aangryp (en sommer bietjie slegruikende modder daarby in gooi) om vir Genl Booysen by te kom.
Dit is so duidelik soos drie huise aan die brand.

Nardus Truter ·

Dis ‘n absolute skande om te sien hoe die Staat geld verkwis en goeie mense se loopbane vernietig, Dit is net om die doelwitte van sekere politici en hulle oneerbare vriende te bereik. Persoonlike verykking ten koste van die groter gemeenskap sal by die volgende verkiesing gestraf word, deur die Suid-Afrikaanse kieser.

Ek was saam met Johan en sy broer in 1976 in Matriek in Port Natal Durban. Ek onthou net ‘n hoflike, eerlike, opregte en beginselvaste individu. Jy bly ‘n goeie Portie!

Ek sien nog dieselfde eienskappe by jou – 40 jaar later! Baie dankie dat jy beginselvas en sterk staan.

Jy sal wen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.