Saak teen Lauren Dickason uitgestel

Die Dickason-gesin voor die tragedie. (Foto: Facebook)

Die saak teen Lauren Dickason (40), ʼn Suid-Afrikaanse ma wat in Nieu-Seeland teregstaan vir die moord op haar drie jong dogtertjies, is in die hooggeregshof uitgestel.

New Zealand Herald berig die saak is tot 18 Oktober uitgestel terwyl Dickason steeds sielkundige assessering ondergaan. Sy het nog nie op die aanklagte teen haar gepleit nie en die hof het vroeër beveel dat besonderhede oor die omstandighede rakende die beweerde moorde nie bekend gemaak word nie.

Dickason se hofverskyning spruit uit die gebeure op 16 September toe haar man, dr. Graham Dickason, ná ʼn werksgeleentheid op die liggame van sy drie dogters, Liané (6) en haar tweelingsussies Maya en Karla (2), afgekom het.

Lauren Dickason, ook ʼn dokter, is na ʼn hospitaal geneem en het twee dae later in die hof verskyn in verband met die kinders se dood.

Sy word intussen by ʼn psigiatriese eenheid van die Hillmorton-hospitaal in Christchurch aangehou, berig New Zealand Herald. Regter Rachel Dunningham het haar Dinsdag van die verrigtinge verskoon nadat die hof gehoor het dat meer tyd nodig is vir ʼn gesondheidsassessering.

ʼn Forensiese psigiater sal na verwagting later vandeesweek ook ʼn assessering van Dickason doen.

Die Dickason-egpaar het sowat ʼn week voor die moorde vanuit Suid-Afrika saam met hulle kinders in Timaru aangekom en was aanvanklik in kwarantyn in Nieu-Seeland.

Graham Dickason het vroeër gesê hy het reeds sy vrou vergewe en het mense gevra om vir haar te bid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frederik C ·

Ek wonder steeds hoe het sy hulle vermoor ?? Daar’s soveel verskillende berigte daaroor.

Pieter ·

Haar man het haar reeds vergewe, seker ook maar ‘n skuldige gewete as haar man en dokter. Hy kan ook strafregtelik aangekla word as hy betrokke is om sy vrou se gesondheidstoestand te verdoesel om te kan immigreer.

Chantel ·

Ek het aan presies dieselfde gedink, juis omdat sy haar medikasie solank voor die immegrasie reeds gestaak het.

Annelize ·

Ek moet ongelukkig saam met jou stem Pieter. Albei is geleerde mense, ek wat ‘n gewone Administratiewe klerk is weet jy speel nie met daardie tiepe klas van medikasie nie. Medikasie vir enige sielkundige/geestelike/psigiatriese toestand is nie jou speelmaat nie, jy kan dit nie sommer net los en dink jy gaan “cope” nie.
Dit is vir my absoluut afgryslik dat 3 popmooi dogtertjies met hulle lewens moes boet vir uiters onverantwoordelike besluite wat die “grootmense” gemaak het.

Belinda ·

As sy ook n dokter is/was, hoe het sy haar pasiente behandel?
Sy gaan seker se sy was deppressief omdat sy in kwarentyn was saam 3 kleintjies en het so haar kop verloor?
Hoe kan jy 3 kinders / mense vermoor sonder om klaar te besef wat jy aangevang het toe jy die eerste ene dood het?
Vandag se ma’s kan ook nie meer die punch vat nie. Mos makliker om n au-pair te kry wat die kinders vir jou groot maak.
Ek sal maar die nuus dop hou, dis n baie vreemde saak hierdie.
RIV kleintjies…

Linda ·

Belinda jy het seker ‘n lekker uitsig daar op jou high horse, ne?

Hester ·

Ek stem, post-pardum depressie is n realiteit. Ek is self daardeur. Dis n siekte soos enige ander siekte.

Lubbe ·

Sy kan sekerlik mar se sy was depressief want sy was rerig baie depressief. So wat is dan jou issue daarmee? Sy hoef nie te lief oor hoe sy gevoel het nie.

Tiptol ·

Belinda, jy’t ook seker geen empatie met siek, honger of ou mense nie. Want hulle kan ook nie die punch vat nie.

Kirst ·

Dis darem maklik om iemand anders te veroordeel sonder dat jy ‘n tree in hulle skoene gestap het. En nou word haar man ook sommer beskuldig omdat hy haar vergewe het! Toe ek dit lees (dat hy haar vergewe het) was my eerste gedagte; hoe op aarde? Maar toe dink ek, dis presies wat God ons beveel om te doen; selfs 70 x 7 keer. Ek kan my nie indink hoe ek sal voel as my vrou ons twee kinders doodmaak nie, maar dis nie ons plek om te oordeel nie; laat dit maar aan God oor vir die dag van rekenskap wat vir ons almal kom.

RB ·

Ek dink nie enige ouer kan hom-/haarself in die situasie indink.
Ek weet wel dat jou liefde vir jou maat nie net soos ‘n skakelaar afgesit kan word nie.
Niemand weet presies wat gebeur het nie. Hy (haar man) is waarskynlik die enigste een wat ‘n idee het wat haar toestand was maar kon nie presies weet nie. Sy het breekpunt bereik.
Hy, wat haar ken, sal weet sy is nie tot so iets instaat nie; nie wanneer sy gesond is nie.

Jy’s reg, Kirst. Wees wys!
Mòènie dinge sê waarvan jy niks weet nie. Jy gaan die vrugte van jou woorde self eet.

Truthful ·

Haar man get haar tegou vergewe volgens my…. Ek kry snuf in die neus

piet ·

Ek hoop net die veiligheidsmaatreels is baie streng by die psigiatriese hospitaal. Die vrou is duidelik tot enige iets in staat.

Potchmeisie ·

My hart is so seer oor wat met hulle gebeur het. Ek vrees eintlik namens Lauren vir die dag wat sy haar positiewe denke herwin en besef wat sy gedoen het. Tonne liefde en sterkte aan almal wat so diep hierdeur geraak is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.