Saak teen Magashule, medebeskuldigdes uitgestel

Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Gulshan Khan/AFP)

Die saak teen die ANC se geskorste sekretaris-generaal, Ace Magashule, is tot Oktober vanjaar uitgestel.

Magashule en sy 15 medebeskuldigdes staan tereg op meer as 70 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery as deel van ʼn ondersoek na ʼn R255 miljoen-tender wat tydens sy termyn as premier van die Vrystaat vir ʼn ondersoek na asbesdakke in die provinsie toegeken is.

Die omstrede sakeman Edwin Sodi – ook een van die beskuldigdes – se Blackhead Consulting en oorlede Igo Mpambani se Diamond Hill Trading 74 het die kontrak in 2014 losgeslaan. Dit is na bewering egter op bedrieglike en korrupte wyse gedoen en die werk is glo aan ander maatskappye vir veel minder as die tenderbedrag uitgekontrakteer.

Die ekstra geld het glo in die beskuldigdes se sakke beland.

Die groep beskuldigdes het vandag vlugtig in die Bloemfonteinse hooggeregshof verskyn voordat die saak uitgestel is vir onder meer ʼn voorverhoorvergadering op 19 Oktober.

Magashule het voor die aanvang van die hofverrigtinge volgehou dat hy onskuldig is en het aan eNCA gesê die saak teen hom is “polities gedrewe en het niks met die reg te doen nie”.

Hy het ook ʼn beroep op getuies in die saak gedoen om na vore te kom.

Magashule, wat weens die strafregtelike aanklagte teen hom tydelik uit die ANC geskors is, se aansoek om dié besluit te laat omkeer, het verlede maand in die Pretoriase hooggeregshof misluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Baardman

Waars julle maskers manne, of is julle vrygestel van die regulasies?

Kobus

Wonder hoeveel skuldige kriminele sit regtig in die tronk.Almal is onskuldig!

melaney

Hulle gaan dieselfde pad loop as zuma. Hulle sal nooit die binnekant van ‘n tronk sien nie. Zuma se kort tyd in die tronk is so te sê verby. In hierdie land betaal dit om korrup te wees.

Hennie

Uitstel, uitstel, uitstel, uitstel… Ons sit met ‘n tandelose reg stelsel!

Pieter

Die land se regstelsel is net so siek soos die ANC. Die land is klaar hy het sy agterent gesien daar is nie meer hoop nie.