Saak teen Malema, Snyman gaan steeds nie voort

EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF)

Die saak teen EFF-leier Julius Malema en Adriaan Snyman is vandag weereens uitgestel weens die afsonderingsregulasies wat steeds geld. Die twee was nie by die hof nie.

Die saak teen Malema en Snyman is in Mei óók in die Oos-Londense streekhof uitgestel.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, sê die saak sal nou oorstaan tot 17 September.

Malema en Snyman staan tereg op vyf aanklagte wat verband hou met Malema se beweerde afvuur van ʼn vuurwapen by die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdantsane in 2018. Die aanklagte behels die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied of openbare plek, versuim om redelike voorsorgmaatreëls te tref om mense en eiendom te beskerm en die roekelose bedreiging van mense en eiendom.

Snyman het die vuurwapen glo vir Malema aangegee voordat dit afgevuur is. Hy is na bewering die eienaar van ʼn private sekerheidsmaatskappy wat tydens die voorval dienste aan die EFF gelewer het.

In beeldmateriaal van die voorval lyk dit of Snyman die geweer aan Malema oorhandig.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in Augustus 2018 die klagte teen Malema en Snyman ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Wow….amper twee jaar al! Maar as ek volgende Maandag sonder ‘n masker in ‘n vangva gegooi word, is ek Dinsdag in die hof, Woensdag gevonnis en Donderdag tronk toe vir 5 jaar. Different strokes for different folks….

andre

En so sal dit aangaan, soos met Zuma, hy kan maak en se wat hy wil, niks sal ooit met hom en sy gevolg gebeur nie. Die regterstoel is bang vir hom en Zuma

Mariana

Weet nie hoekom hulle nog daarvan praat nie. Daar sal niks van kom nie. Mors van geld en tyd

Spyker

Nou hoe kan ek die inperking tot my voordeel aanwend? Enige voorstelle is welkom!

Fedup

Snyman is white, no?
Did malle know that?