Saak teen Marikana-mynwerkers tot Februarie uitgestel

Van die 17 Marikana-mynwerkers wat tereg staan op verskeie aanklagte in verband met die onwettige staking in 2012 (Foto: ANA)

Anele Zonke en 16 ander Marikana-mynwerkers wat tereg staan op verskeie aanklagte wat verband hou met ʼn gewelddadige staking in 2012, het Vrydag vlugtig in die Noordwes-hooggeregshofsitting in Mogwase verskyn.

Die saak teen hulle is tot 10 Februarie uitgestel weens ʼn aansoek wat hulle by die hooggeregshof in Pretoria ingedien het. Die groep het die hof versoek om Shaun Abrahams, voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging, se besluit om hulle te vervolg, te hersien. Die aansoek is nog nie aangehoor nie.

Zonke, Xolani Nzuzu, Simphiwe Booi, Khanyile Kanyise, Mzoxolo Magidiwana, Samekelo Mkhize, Amanda Nogwaza, Thobile Tyobeni, Mzukisi Soyini, Bongile Mpotye, Zamikhaya Ndude, Sithembele Sohadi, Loyiso Mtsheketshe, Zolile Honxo, Zwelitsha Mtshena, Mziwanele Mxinwa en Mzoxolo Zukulu staan tereg op 26 aanklagte, waaronder poging tot moord, moord, opsetlike saakbeskadiging, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die klagtes hou verband met die moord op 10 persone voor 16 Augustus 2012, die dag waarop 34 mynwerkers deur polisiebeamptes doodgeskiet is tydens ʼn onwettige staking by die Lonmin-platinummyn.

Die staat voer aan die groep het onder andere twee polisiebeamptes, twee Lonmin-veiligheidswagte en drie niestakende werkers vermoor.

Altesaam 19 mynwerkers is aanvanklik in hegtenis geneem, maar beskuldigde 10, Majeke Nonkonyana, en beskuldigde 6, Dlunga Tholakele, is intussen oorlede. Dlunga, ook bekend as Bhele, is op 17 Oktober 2017 in sy plakkershuis in die Nkaneng- informele nedersetting doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hannah ·

Hoeveel miljoene, asookl hoftyd moet nog aan dié saak en ander “hangende” sake spandeer word.

Judge Dredd ·

Hierdie hofsaak steun ek – die beskuldigdes is die wat die polisiemanne/sekuriteits mense doodgemaak het voor die Marikana insident en wat amper geen aandag gekry het as gevolg van die Marikana insident.
Die polisiemanne/sekuriteits mense se families moet ook geregtigheid kry.

Ouvrou ·

Betaal elkeen R10 mil vir pyn en lyding en laat hulle in vrede gaan :(

Dr Phil ·

Ten minste het ‘n paar van die beskuldigdes reeds maksimum vonnis ontvang…

Hannah ·

Judge Dredd, ek is 100% tov geregtigheid vir die slagoffers in dié saak, my punt is die vertragingstaktiek wat ‘n norm geword het in strafsake. Dít kos die land miljarde.

wilma ·

Hoekom dink kriminele moet saak tersyde gestel word. Hul was mos sterkmanne gewees so hul moet gestraf word. dankie tog vi dai wie reeds oorl is

JohanR ·

Waaneer verskyn Cyril Ramaphosa in die hof, omdat hy die katalisator, of vonk was wat dit alles in beweeging gesit het? Nee wag soe bietjie. Wat se ek nou? ANC’s verskyn moet nooit in die hofe nie, en behalwe vir soe een of twee waar dit nou rerig nie vermy kon word nie, gaan nooit tronk toe nie. Viva ANC, viva!!

Jdb ·

En wat van Malema wat die myners opgestook het? Sy aanhitsing daar het direk gelei tot die hele gemors

JP ·

Ek verstaan nie, die mense begin ‘n geding en dan is hulle te lafhartig om pa te staan, sluit die saak hulle mors belastingbetalers se gebede

Christa ·

Betaal die mense wat nie Wil werk nie AF. Daar is Baie wat bid vir werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.