Saak teen Mdluli van rol geskrap

Mdluli (links), Foto: Werner Beukes/SAPA

Mdluli (links), Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Pretoriase handelshof het Maandag die saak van bedrog en korrupsie teen Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, voorlopig van die rol geskrap.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê die hof het die saak van die rol geskrap aangesien die ondersoek na die saak nog nie voltooi is nie en dat die saak heel waarskynlik weer ingestel sal word wanneer die ondersoek afgehandel is.

Die saak teen Mdluli is in Desember 2011 teruggetrek sonder dat daar enige redes verskaf is. Die NVG het egter vroeër vanjaar bekend gemaak dat hy weer aangekla gaan word.

Mdluli het saam met kol. Heine Barnard en genl.maj. Solomon Lazarus tereg gestaan op aanklagte van bedrog ná die beweerde misbruik van ʼn misdaadintelligensiefonds. Die bedrogsaak het onder meer verband gehou met bewerings dat twee motors vir die eenheid gekoop is. Die saak teen al drie is vir eers laat vaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.