Saak teen Modise oor dierewreedheid laat vaar

Thandi Modise tydens die hofverrrigtinge vroeër vandeesweek. (Foto: Marthinus Koekemoer)

Die saak teen Thandi Modise, speaker van die parlement, waarin sy van dieremishandeling beskuldig word, is in die streekhof in Potchefstroom laat vaar.

Adv. Dali Mpofu, namens Modise, het Donderdag ʼn artikel 174-aansoek ingedien waarin gevra word dat Modise onskuldig bevind word op alle aanklagte teen haar. Ingevolge artikel 174 van die Strafproseswet kan die verdediging so ʼn aansoek bring nadat die vervolging sy saak afgesluit het.

Landdros Ben Mtebele het dié aansoek vandag toegestaan.

Die burgerregtegroep AfriForum het Modise privaat namens die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NRDBV) op ses aanklagte van dieremishandeling en ‑verwaarlosing vervolg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) Modise nie wou vervolg nie.

AfriForum het sy teleurstelling met die uitspraak te kenne gegee.

“Ons is van mening dat daar genoegsame gronde is om teen die uitspraak te appelleer en ons het reeds opdrag ontvang om daarmee voort te gaan,” sê Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van die familieboerorganisasie Saai, sê die beslissing skep groot verwarring in die landbousektor oor waar die aanspreeklikheid en verantwoordelikheid van veeboere ten opsigte van dierewelsyn lê.

Meer as 200 diere moes in 2014 weens wanvoeding op Modise se plaas van kant gemaak word.

Dr. Sameer Abbas, ’n Potchefstroomse veearts wat destyds na die toneel uitgeroep is, het Woensdag getuig oor die toestand van die diere toe hy op die plaas aangekom het. Volgens Abbas se getuienis was die diere in ’n uiterse swak toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Blikkantien ·

Hoe is dit moontlik?, Die arme diere is in die wreedste omstandighede gelos en niemand word daarvoor aanspreeklik gehou nie! Ons leef in ‘n twilight zone.

RB ·

Nee wat, ek dink nie die uitspraak skep verwarring in die landbousektor nie. Ek is oortuig n ware boer sal nooit in sy lewe so iets aan enige van sy diere doen nie. Boere is mense met harte. Hulle wonder nie waar trek jy die streep van verantwoordelikheid teenoor diere nie. Hulle huil saam wanneer diere ly, bid saam en staan saam wanneer diere honger is en kos skaars is!!

Diè is nie n boer nie, sy is een van daai wat net wil hê en hê en hê . . . Het geen benul van boerdery òf ware plaaslewe maar moet mos kan sê sy is n ‘land owner’.

N ·

Dan was daar verseker tronkstraf, betogings buite die hof, op sy plaas, en Black First Land First was reg om die plaas te vat

pompies ·

As sy skuldig bevind word moet die kader ook opsy staan, so sal die hele anc nog opsy moet staan, dit gaan tyd vat maar dit sal kom.

Mariana ·

Skreiende skande, maar wat anders het enigiemand verwag, hul beskerm hul eie. Maar sy sal op ander maniere boete doen, een of ander tyd.

Jaco ·

Nou het Afriforum klomp geld gemors op ‘n saak wat met hulle eintlike belangegroep niks te doen het nie. Môre oormôre is regsaksie nodig met sake oor regstellende aksie, plaasaanvalle en plaasmoorde, maar dan kan Afriforum nie help nie, omdat hulle geld gemors is op sake wat hulle eie mense glad nie raak nie.

JohanR ·

Party keer wen jy, en partykeer verloor jy. AfriForum probeer darem!

Nico ·

Wie is sy dat sy vrygespreek is van diere mishandeling, sy was dan in beheer van die plaas, of was sy ooit daar gewees om te kyk hoe dit gaan op die plaas. Daar is swart boere wat kyk na hulle vee en diere.

N ·

Sy het blykbaar gesê sy sal aanhou boer en n ‘sukses’ daarvan maak, maar dat sy nie n wit mens sal aanstel om haar plaas te bestuur nie. So dit is belangriker om nie n wit mens aan te stel nie as om te verseker honderde diere ly nie.

Jack ·

As ek my hond verwaarloos sal ek gou in die hof beland en beboet word en my hond verloor. Duidelik iets skelms agter die besluit. Die regstelsel is reeds gekaap.

annie ·

… maar almal wil plasies hè… Wat gaan nog aan in die nuwe generasie-plaaseienaars se lieflike boerdery-bedrywighede? Gaan ons die kos eet vanaf sulke plase? Siektes en die oorbenutting van gifstowwe… oei! En die eienaars was a la Pilatus hul handjies in onskuld.

Jacobus ·

Drie dinge kom na vore:
“Justice delayed is justice denied”
Die mag van die rasse kaart in die aangesig van verdoemende feite. Mens moét die getuies jammer kry gesien die verloop van tyd en die politieke druk.
Met die sg uitspraak het nog die landdros, nog die aangeklaagde hulself in eerbaarheid getooi.

Philip ·

Dit is n aborsie van die gereg as jy probeer sin uitmaak van die hof se uitspraak.As christen se die Bybel die regverdige mens erken die lewe van sy dier weereens n uitspraak om n kader te bevoordeel.

Kanjynoumeer ·

Thandi Modise ná ontslag: “Ek gaan aanhou boer”
AfriForum jy moet onmiddellik ingryp in hierdie saak.
Boerdery is n 24/7 saak. n Ongelooflike uit die hart, liefde en versorging van diere.
Sy is nou nie skuldig bevind nie en sal moontlik weer toelaat dat dieremishandeling plaasvind.
Sy het nie tyd in haar politieke loopbaan om verantwoordelik op te tree vir die versorging van diere nie. Dit is om van naar te raak!

JohanR ·

Why am I not surprised! As sy tromk toe gestuur is nie moes daar darem ‘n boete van een soort of die ander gewees het? Een reel vir ANC’s en ‘n ander reel vir die gepeupel. Net een ding oor om te doen en dit is hulle by die stembus uitstem.

Karina ·

Die gesegde is: Die wiel draai stadig, maar hy draai verseker. Wag maar hierdie kaders se dag sal nog kom, hoe en waar weet ek nie, maar hulle sal hulle dag kry waar hulle ook weggewys gaan word by die Groot Hek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.