Saak teen oorlogsveterane ná gyseldrama teruggetrek

Die sogenaamde oorlogsveterane tydens hul inhegtenisneming. (Skermgreep: eNCA/DSTv 403)

Die saak teen die groep van 53 sogenaamde oorlogsveterane wat verlede jaar glo twee kabinetsministers en ʼn adjunkminister by die Saint George-hotel in Irene in Pretoria gyselaar gehou het, is Dinsdag teruggetrek.

Die groep het vroeër vandag in die Pretoriase landdroshof verskyn waar verskeie aanklagte van sameswering tot ontvoering en ontvoering teen hulle teruggetrek is.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak is teruggetrek nadat die verdediging vertoë aan die direkteur van openbare vervolging (DOV) gerig het.

Die groep is verlede jaar ná die gyselaarsdrama op borgtog van R500 elk vrygelaat. Dié borgtoggeld sal nou aan elke veteraan terugbetaal word aangesien die verhoor nie voortgaan nie, sê Mahanjana.

Maroela Media het vroeër berig die betrokke veterane het op die aand van die voorval in Oktober verlede jaar daarop aangedring om met pres. Cyril Ramaphosa en adj.pres. David Mabuza te praat. Hulle het onder meer vergoeding en ander voordele van die regering vir hulle rol in die Suid-Afrikaanse vryheidstryd geëis.

Die polisie se taakmag moes egter ingryp nadat die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, sy eweknie by verdediging, Thandi Modise, en haar adjunk, Thabang Makwetla, gyselaar geneem is en pogings om met die veterane te onderhandel, misluk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Marius ·

En so word die kriminele vrye teuls gegee en misdaad word aangemoedig. Dit wat verkeerd is, is reg en dit wat reg is, is verkeerd…

AndrewL ·

Dis geen verrassing nie. Die DOV neem ‘n besluit sonder om die slagoffers of openbare belang in ag te neem.

Hierdie besluit gee dieselfde mense moed om weer en weer misdaad te pleeg.

Sarel ·

So word Misdadigers is SA deur die Regering en die
Justisie beskerm

ES ·

Van watter oorlog is hulle kamtig “veterane”? Hulle lyk vir my almal jonger as 30.

Nie Verbaas ·

So om mense gyselaar te hou is aanvaarbaar. ANC tog so pateties in hul strewe om stemme te behou. Watter pragtige voorbeeld word hier gestel vir kriminele.

Jack ·

Hoekom nie want dit is mos kamerade. Hulle gaan nou nog hul sin ook kry kyk mooi.

Papsak ·

Hulle net so min veterane as ek maar ja so word na hulle gekyk wat van die opregte veterane soos my man een van hulle is masr hy kry niks hoe so onregverdig

AW ·

Het daardie tyd gese dat dit sal gebeur, Nou kom die Siviele Eise teen die Polisie!!

Piet parys ·

So en wie betaal die taakmag . Weereens die belasting betalers . Wonder of daar nie dreigemente was nie . Hoekom sal iemand dan n saak terug trek teen terroriste.

Swerwer ·

So word dit gedoen want dit is mos boeties. Belaglike kommuniste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.