Saak teen polisiehoës uitgestel

Voormalige adjunkpolisiekommissaris van Noordwes genl.maj. William Mpembe, brig. Gideon van Zyl, kol. Dingaan Madoda en kapt. Oupa Pule in die Noordwes-hooggeregshof (Foto: ANA)

Die saak van die voormalige adjunkpolisiekommissaris van Noordwes, genl.maj. William Mpembe, en drie ander senior polisiebeamptes is vandag in die hooggeregshofsitting in Mogwase in Noordwes uitgestel.

Die saak is tot 28 Oktober uitgestel.

Mpembe, brig. Gideon van Zyl, kol. Dingaan Madoda en kapt. Oupa Pule staan tereg op aanklag dat hulle die Kommissiewet en die Wet op die Polisieondersoekdirektoraat (Opod) oortree het en van dwarsboming van die gereg.

Hulle is in Maart verlede jaar in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek deur Opod aan die lig gebring het dat ʼn mynwerker, Modisaotsile van Wyk Sagalala, in polisieaanhouding gesterf het en nie in die hospitaal of op die toneel nie, toe polisiebeamptes 34 mynwerkers doodgeskiet het tydens ʼn gewelddadige staking by Lonmin se platinummyn in Marikana naby Rustenburg op 16 Augustus 2012.

Die staat voer aan hulle het die omstandighede van Sagalala se afsterwe verbloem.

Die hof het vandeesweek besonderhede aangehoor oor ʼn mynwerker wat destyds in ʼn polisie-vragmotor op Marikana gesterf het ná die skietvoorvalle van 16 Augustus 2012.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Strandloper ·

Mmmmmm nooit….sal die selfde wending neem as die wapen skandaal!

Seemonster ·

Maar word daar enigsins gewerk aan sake van die sekuriteitspersoneel en polisie lede wat voor die tyd deur die myners vermoor is?
En NêRENS word daar genoem dat die myners voor die “groot slag” hulleself met muti ingesmeer het wat hulle geglo het hulle onsigbaar en bulletproof sou maak, en toe gewapen en met moord in hulle oë op die polisie afgestap nie!

Poppie ·

Die storie sloer so lank. Hul het mos nie die polisieman vermoor. Baie groter en ernstiger sake waar mense skotvry kom. Die mense wil ook seker met hul lewens aangaan. Seker al.klaar 7 jaar gesuffer en hul straf uitgedien

Charlie ·

Baie interessante geval hierdie !!
Dwarsboming van die gereg nogal.

Dan is daar seker n saak van dwarsboming van gereg te maak teen polisie(lede) wat WEIER om enige saak oop/aanhangig te maak in gevalle waar blankes n saak wil aanmeld.
NOU TOE NOU, NÉ

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.