Saak teen punte-vakansieklubs duur voort

Argieffoto

Argieffoto

Bewerings van sommige vakansieklubs dat die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) sake teen hulle onvoorwaardelik teruggetrek het, is van alle waarheid ontbloot, het die VF Plus gesê.

“Die sake sal voortgaan sodra sekere tegniese probleme uitgestryk is,” het Anton Alberts, woordvoerder van die party, gesê.

Alberts het gesê die NVK het nou in ʼn skrywe oor die saak in die besonder verwys na die Univision Holiday Club en gesê die saak is voorlopig teruggetrek weens ‘tegniese’ haakplekke, maar dat verskeie regsopsies tans oorweeg word om die saak tot ‘voleinding te voer’ voor die Nasionale Verbruikerstribunaal (NVT). Dieselfde geld die Club Leisure Holiday Group.

Die verklaring van die NVK lui onder meer: ‘Die terugtrek van die saak op tegniese gronde moet nie gesien word as ʼn goedkeuring van die betrokke vakansieklubs se optrede nie. Die NVK het ʼn sterk saak teen die maatskappye.”

Die NVK meld voorts hy besef dat baie verbruikers deur die aangeleentheid geraak word, en juis daarom wil hy seker maak die saak word suksesvol afgehandel.

Die NVK het Univision ook skerp oor die vingers geraps en gesê hy neem ‘met kommer’ kennis van dié maatskappy se ‘uitgeslape reaksie teenoor die media en verbruikers’ wat die indruk wil skep dat die saak nie meer voortgaan nie.

Alberts het hierby aangesluit en gesê die blatante leuens wat die klubs versprei dat die saak laat vaar is of nie meer geldig is nie, is ‘skreiend’. “Dié bewerings is nou van alle waarheid gestroop en die saak by die NVT sal voortgaan. Indien die Kommissie (NVK) nie sou wou voortgaan met die saak nie, sou die VF Plus die stryd self op ʼn ander wyse voortgesit het,” het hy bygevoeg. “Gelukkig is dit nie die geval nie, en die VF Plus loof die NVK oor hul bereidwilligheid om die saak in die belang van alle verbruikers tot voleinding te bring.”

Hierdie ondersoek van die vakansieklub-bedryf volg op ʼn klag wat Alberts enkele jare gelede namens die VF Plus by die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid en die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) aanhangig gemaak het.

Die klagte is ingedien nadat die party verskeie bewerings van ongerymdhede en onetiese optrede in die bedryf ontvang het. Duisende ontevrede klublede van regoor die land het by die VF Plus aangeklop om hulp, en al hierdie klagte het deel van die ondersoek geword.

Die NVK het ʼn diepte-ondersoek gedoen na onder meer die stand van die puntestelsel in die vakansieklub-bedryf, en groot ongerymdhede is oopgevlek. Die volgende is tydens die ondersoek bevind:

a. die ewigdurende aard van vakansieklubkontrakte is onwettig is en lede moet weens dié bepaling kan terugtree uit die kontrak;
b. die puntestelsel, in teenstelling met stelsels geskoei op tyddeel en deeltitelbasis wat albei deur wetgewing gereguleer word, is ʼn onwettige skema ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming.

Die NVK het teen dié agtergrond twee aansoeke gebring by die Verbruikerstribunaal (VBT) teen twee groot klubgroepe en versoek die volgende:

a. dat die puntestelsel tot ʼn onwettige skema ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming verklaar moet word met die gevolg dat alle sodanige kontrakte ongeldig sal wees;
b. indien die eersgenoemde versoek nie slaag nie, moet kontrakte met ewigdurende klousules as onwettig verklaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bets Bothma ·

Ons het ook Holiday Club punte gehad, maar kon dit 2x gebruik en dan moes ons 2jr se punte spaar en n 3e jaar sin “leen”, om vir 5-7 dae by n mooi plek te gaan vakansie hou. Toe ons begin navraag doen om punte terug te verkoop, toe bied hul ons R50 per punt aan en ons het R6000 vir 10 punte betaal en dan nog R2500+ per jaar vir meer as 6 jaar vir 2x se vakansie hou. Onshet net eenvoudig ons verliese afgeskryf en aftrekorder gestop en nog nooit weer iets gehoor!

Susan ·

Ek het ook by die Holiday Club punte gehad. My situasie was min of meer dieselfde as wat Bets beskryf. Verskil is ek het die punte vir ongeveer 10-11 jaar gehad. Ek en my man het die forms ingevul by die presentation wat gehou is. 2 weke later het ek my werk verloor. Ons het hulle laat weet dat ons nie kan betaal vir die punte nie en dat ons dit eerder wil stop. Hulle het gese ons het geen keuse nie die kontrak is reeds geteken en indien ons dit nie betaal nie sal regs stappe teen ons geneem word. Ons het vreeslik gesukkel on die R9000 by mekaar te kry en dit toe betaal. Toe is daar moeilikheid oor die jaarlikes fooi wat ons ook gesukkel het om te betaal. My man is oorlede kort na ons die punte gekoop het. En die punte was met ekstra kostes, wat ek moes betaal, in my naam oorgedra. Ek het verskeie kere probeer om die punte te verkoop en ek is dood eenvoudig net gese hulle koop dit nie terug nie ek moet self ‘n koper vir my punte kry. Ek is verwys na iemand wat die punte namens my sou verkoop maar ek moes die persoon eers R600 betaal voor hy eers sou begin soek na ‘n koper. Ek het daar teen besluit omdat ek eenvoudig net nie die geld gehad het nie. Ek is enkel ma met 2 seuns wat baie klein salaris verdien. Jare in en uit het ek probeer om van die punte te verkoop omdat ek nie meer die R2500+ ‘n jaar kon bekostig het nie. Maar ek het geen keuse gehad nie ek moes plan maak en betaal. Na nog 2 jaar was ek in so situasie dat ek eenvoudig als verloor het en dood eenvoudig net nie verder kon betaal nie. Toe ek hulle kontak en verduidelik dat ek nie verder gaan betaal nie en wat die situasie is , toe besluit hulle dat ek die kontrak kan eindig maar hulle koop nie die punte terug nie ek verloor dood eenvoudig net die R9000 wat ek amper 10jaar terug vir die punte betaal het en die 10 jaar se R2500 jaarliks wat ek moes betaal en net die punte 2 keer in die tydperk kon gebruik het omdat ek nooit geld gehad het om iewers te gaan nie. Ek het geen keuse gehad om te aanvaar dat die geld als in die water gegooi is nie. Ek moes net uit die kontrak omdat ek desperaat was. En finansieel so diep in die moeilikheid. Ek sal nooit ooit enige iemand aanmoedig om deel van The Holiday Club te word nie.

Flippie ·

Die NVK is ‘n klug. Dit is net nog ‘n organisasie waarin die ANC hulle kaders kon ontplooi.

Ek het ‘n baie eenvoudige saak gehad wat deur hulle hanteer was. Hulle het my goed gehelp tot na die mediasie sessie. Toe hulle eers die verweerder “ontmoet” het het since begin verander.

Ek het ‘n oproep van een van hulle ondersoek beamptes gekry wat ‘n pak klere van my wou hê om die saak vinnig in my guns te beklink. Ek wou nie en dit is toe die einde van die saak. Niemand is meer beskikbaar vir opvolg navrae nie. Ek dink die verweerder het toe die pak gekoop om die saak in hulle guns te beklink of dat die saak net weg gaan.
Die NVT is volgens my ‘n korrupte organisasie wat eerder ontbind moet word en die geld eerder aan die oOenbare Beskermer gegee word.

J Lindeque ·

Het ook punte by Flexi Club, n totale vermorsing van geld, kry nooit plek nie tensy jy n totaal buite seisoen tyd kies. Lang naweke en vakansie seisoen is buite die kwessie. Die punte het feitlik geen monitêre waarde volgens n baie onvriendelike dame by Cape Escape en volgens ‘n consultant by Flexi Club,- as jy uit die situasie wil kom moet jy omtrent n jaar se fooie vooruit betaal wat meer as R8000.00 beloop, maw jy gaan hulle betaal om van hulle ontslae te raak.
Jackie

Manie ·

Dit sal ‘n hartseer dag wees as die saak wel terug getrek sou word. Dat die punte stelsel wel oneties bedryf word is wel so en vinniger optrede word verwag van die Nasionale Verbruikersraad.
Duisende mense het om die verkeerde rede aangesluit tot hulle spyt. Op ‘n staduim met verdere aankope was ek belowe dat die punte in Aandele omskep sou word. Dit is hoekom ons nog gekoop het. 5 jaar Later toe ons navraag doen toe woed dit ontken en gesê die Dame het ‘n fout gemaak. Werklik!!?

Sakkie du Plooy ·

Ek was self ‘n slagoffer van een van die Klubs en dit het my baie geld gekos vir iets waarvoor ek geen waarde teruggekry het nie. Dis verblydend dat die VF+, soos ook met die skreiende onreg van Transnet teen duisende Pensioenarisse, nie net simpatiek is teenoor nood onder ons mense maar DAADWERKLIK iets doen om die probleem tot die voordeel van duisende verontregtes te laat regstel. Mag Adv Alberts groot sukses he, twv van reg en geregtigheid, in albei die groot sake waarmee hy besig is.

Clarence Louw ·

Ek is tans by QVC en het 35 punte tot my krediet. Ek moes in 1998 meer as R15 000. 00 betaaal het vir die karrige 35 punte. Die jaarlikse gebruik van die punte kom met ‘n astronomiese jaarlikse bestuurs fooi van R8000.00 wat jaarliks vermeerder. Ek het vroeer in die jaar besluit om die punte te verkoop. Die dame by Cape Escape het my die onstellende nuus gegee dat my punte minder as R100.00 per punt werd is en dat dit maande neem om die verkoop kontrak te finaliseer. Ek is raad op en het by die besluit gekom om die punte net weg te gee en dan sodoende ten minste R8000.00 pj spaar waar ek ‘n vakansie na my smaak, tyd en plek kan reseveer. Clarence

Martie Joubert ·

#TheHolidayClub ….
Duisende der duisende Rande vir sogenaamde jaarlikse fooie verder…NOOIT plek beskikbaar behalwe by 2 sub-standaard ”oorde” in Mpumalanga en KZN Suid-Kus….(hoë misdaad statistieke gee ‘n aanduiding van beskikbaarheid…”VIR SLEGS 3 punte bly sommer vir ‘n week”) siek spul.
Met jou hande in jou hare sal jy betaal volgens The Holiday Club.

Wim ·

Niemand behalwe die skema het of sal voordeel trek uit sulke punte stelsels nie. Hou op om jou aan die neus te laat rondlei en MOENIE die rubish koop nie. Veral nou dat die vakansie begin lek die aasvoels klaar hulle lippe af. Ek wil dit nie eers verniet he nie want dan sit jy met daardie levy.

ian ·

Hulle is beslis onderduims! Gewilde plekke is altyd “vol”, al probeer mens 1 jaar voor die tyd bespreek. Plekke wat geen uitsig het en oumens-onvriendelik is, is altyd beskibaar. Die algemene publiek wat direk beyaal, kry altyd plek .. Ons het ook ons punte opgegee, alhoewel dit kastig as “bate” gesien kon word. Slinkse planne wat deur die klubs gebruik word om geld te maak.

pop ·

Hulle pamflette begin al om te lieg. Skryf af julle verliese en hardloop baie ver as iemand jou ooit weer n free holiday belowe as jy net sou gaan luister na hulle praatjie. Jy kry niks. Heeltemal niks. Behalwe groot geld skade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.