Saak teen ‘sekspastoor’ uitgestel

Timothy Omotoso tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA.

Die saak teen Timothy Omotoso, die Nigeriese pastoor wat teregstaan op talle seksuele aanklagte, is Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth uitgestel.

Dié saak is uitgestel in afwagting van ʼn besluit deur die konstitusionele hof nadat die verdediging, Peter Daubermann, ʼn aansoek ingedien het vir regter Mandela Makaula om homself aan die verhoor te onttrek.

Daar word ook versoek dat die aanklagte teen Omotoso en sy medebeskuldigdes, Zukiswa Sitho en Lusando Sulani, teruggetrek word.

Die aansoek in die konstitusionele hof kom nadat die appèlhof verlede jaar dié aansoek van die hand gewys het.

Omotoso staan tereg op 63 hoofaanklagte en 34 alternatiewe aanklagte, waaronder mensehandel, verkragting, seksuele aanranding, rampokkery en sameswering om ʼn ander persoon te help om ʼn seksuele misdaad te pleeg.

Sulani en Sitho word daarvan beskuldig dat hulle meisies van oor die hele land gewerf het vir seksuele uitbuiting.

Die 58-jarige TV-evangelis het na bewering meer as 30 meisies en vroue van verskeie takke van sy Jesus Dominion International Church gewerf en na ʼn huis in Umhlanga, KwaZulu-Natal, geneem waar hy hulle glo seksueel misbruik het.

Intussen het #NotInMyName-betogers Maandag met die ANC Vroueliga saamgespan teen Omotoso en sy ondersteuners.

Gemeentelede het buite die hof gesing en gedans ter ondersteuning van die man waarna hulle liefdevol verwys as “pappa”.

Omotoso se vrou, Taiwo, is Maandag gesien terwyl selfies saam met ʼn aantal ondersteuners neem.

Die saak is tot 16 April uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ulinda ·

Kan ‘n goeie regter nie net asb ‘n voorbeeld van die man maak????
daar is pastore wat hulle “mag” gebruik vir die verkeerde goed,,,,
as hierdie dinge in die bybel tyd gebeur het, sou hy lankla gestenig gewees het
mag God geregtigheid laat geskied!

ulinda ·

ek haal aan:
“19En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
20afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
21afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.”

Wilma ·

En sy ondersteuners sies man
. Te onnosel om te sien watter gemors hy is. Vi wat moet klagtes laat vaar word. Kriminele hoort agter tralies en hierdie tipe misdaad cerdien die doodstraf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.