Saak teen ‘terreur-tweeling’ uitgestel

Een van die foto’s wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak.

Die saak teen die tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie wat onder andere van terrorisme beskuldig word, is Maandag weer by die Johannesburgse landdroshof uitgestel, omdat die verdediging nie toegang gehad het tot die betrokke dokumente nie.

Adv. Annelene van den Heever, vir die verdediging, het die hof gevra om nie ʼn lang uitstel goed te keur nie. Die die staat kan tydens die uitstel die digitale en gedrukte bewysdokumente aan die verdediging oorhandig.

Van den Heever het ook ingestem dat die sake teen die beskuldigdes te sentraliseer, sodat bedrogaanklagte teen die tweeling saam met die terreurverwante klagtes in die hooggeregshof aangehoor kan word.

Chris MacAdam, staatsaanklaer, het tydens die Thulsie-tweeling se vorige hofverskyning aan die hof gesê die twee broers staan tereg op 12 aanklagte, waaronder ʼn bykomende aanklag van bedrog in die Vrystaat.

Die Gautengse direktoraat van openbare vervolging moet met hul eweknieë in die Vrystaat vergader om te bepaal of die aanklagte gekombineer sal word en of dit afsonderlik aangehoor sal word.

Die tweeling is al sedert hul inhegtenisneming in Julie 2016 in die hof. Hulle staan tereg op aanklag van sameswering en aanhitsing om terreurdade te pleeg en sameswering en poging om terreurdade te pleeg.

Staatsadvokaat Adele Barnard het Maandag aan die hof gesê die saak is gereed om gesentraliseer te word en dat hulle met die direkteur van openbare vervolging vergader het en dat die korrespondensie aan die verdediging gestuur is. Die verdediging het egter aangedui dat hulle nie toestemming kan gee nie, omdat hulle nog nie die bewyse ontvang het nie. Barnard het aan die hof gesê hulle is al sedert April met die verdediging in gesprek om die saak te finaliseer. Daar was “sensitiewe digitale beperkings” vir die digitale formaat, soos versoek deur die verdediging.

ʼn Forensiese kenner wat die dokumente kan stuur, is tans in Limpopo en sal eers bystand kan lewer wanneer sy terugkeer.

Die 13 bladsy lange dokument voer aan die tweeling wou by ISIL aansluit en dat die terreurmisdade gepleeg sou word deur die gebruik van vuurwapens, springstof en moontlik gifstowwe by verskeie ambassades insluitend dié van die Verenigde Koninkryk, Rusland en die VSA, gebaseer in Pretoria.

Jonathan Shapiro, Suid-Afrikaanse Joodse tekenprentkunstenaar, word ook as ʼn teiken van die tweeling aangedui.

Een van die tweeling, Tony-Lee, het na bewering in Augustus 2015 deelgeneem aan ʼn reeks Telegram-gesprekke met Abu Fidaa (ISIL/ISIS-netwerk) en ander, waar hy opdrag gegee is om die “beste teikens” aan te val “waarby Amerikaanse/Britse/Franse belange in Suid-Afrika betrokke is” en om Zapiro te vermoor, wat in ʼn stadium ʼn spotprent van die profeet Muhammad geteken het.

Die tweeling het Maandag met kopserpe in die hof verskyn. Hul familielede het in die galery gesit.

Van den Heever het voorgestel dat die saak tot Maandag uitgestel moet word.

Barnard het egter gesê die forensiese kenner sal eers die digitale dossiere op 1 Junie gereed kan hê en daar is niemand anders wat hulle kan help nie.

Die saak is uiteindelik tot 29 Mei uitgestel.

Lees meer oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

apie ·

die ouers vertel seker hulle het van niks geweet wat die twee hul mee besig hou nie. Hoop hulle sit lank

jaco ·

Vreemde saak. Hulle is deel van ISIS, maar hulle het nie arabiese name nie. ISIS sal vereis dat nie-moslems wat hulle aktief wil steun, moet convert na Islam. En dan kry hulle arabiese name. En hulle regsverteenwoordiger is ‘n vrou. As hulle regtig moslems van die radikale ISIS-ripe was, sou hulle nie toelaat dat n vrou hulle verteenwoordig nie. En laastens: iemand het oor n vorige berig met dieselfde foto, gesê hulle hou paintball-gewere vas.

Stoffel ·

Dit moet paintball-gewere wees want m15 – m16 of wat ook al dit is kan nie met een hand so vasgehou word nie, altans nie met daai armpie van hom nie

Justice ·

Die twee sal teen die tyd gebraaide spek repies eet as dit hulle uit die tonk kan hou – dit is heel moontlik dat hulle hul bedenkinge oor die ISIS romantiek van vernietiging het. Die wereld is `n veiliger plek sonder hulle.

André ·

Die afrikaans wat deur die “African News Agency” gebruik word, bevat baie keer taal- en spelfoute.

Gerrit ·

Sjoe, die tweeling is al sedert hul inhegtenisname in Julie 2016 in die hof !!!

Lyk my die tronke of polisieselle is almal vol, dus moet hulle nou in die hof bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.