Saak teen Toanette eers laat vaar

Toanette Els.

Die klagtes van bedrog en diefstal wat teen die Boer soek ʼn vrou-deelnemer, Toanette Els, aanhangig gemaak is, is Vrydag voorlopig in die Modimolle-landdroshof teruggetrek.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder van Limpopo, het aan Maroela Media bevestig die saak teen die 23-jarige Els is vir eers laat vaar.

Sy het opslae gemaak toe sy met die elfde seisoen van dié gewilde kykNET-realiteitsreeks aangewys is as die eerste vroueboer in die volle verloop van die program wat genoeg briewe gekry het om op die kassie na ʼn liefdesmaat te soek.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder van Limpopo, het in Julie aan Maroela Media gesê Els is in hegtenis geneem op aanklag van bedrog nadat dit beweer is dat sy ʼn veldwagterskursus op Facebook geadverteer het.

“Die klaer het glo R10 000 in ʼn bankrekening deponeer vir dié kursus, waarna die beskuldigde die kursus gekanselleer het. Die klaer het ʼn terugbetaling van die beskuldigde geëis en sy het belowe om dit terug te betaal. Dié terugbetaling is glo nooit gemaak nie en die klaer het ʼn saak van bedrog teen die beskuldigde aanhangig gemaak.”

Els het in ʼn onderhoud met Hannes van Wyk op Kwêla, wat op 28 Oktober uitgesaai is, haar kant van die saak gestel. Sy het gesê sy bied die kursusse vir R35 000 aan en dat sy en die klaer ʼn reëling getref het dat hulle dit kan afbetaal waarna Els ʼn betaling van R10 000 ontvang het.

Volgens Els het die klaer se dogter nie die dag van die kursus opgedaag nie en het sy die klaer geskakel waarna die klaer haar ingelig het haar dogter was glo in ʼn motorongeluk betrokke. Els het toe glo vir die klaer gesê sy dink daaraan om die kursus uit te stel. “Ek het self vir haar gesê ek sal die geld terugbetaal.” Volgens Els het sy die geld terugbetaal en nooit weer van die klaer gehoor nie.

Els het tydens die onderhoud vertel haar ma is onlangs aan limfklierkanker oorlede en dat dit haar ma was wat haar aangemoedig het om aan die program deel te neem. Sy het ook gesê haar lewe het baie verander sedert sy deel is van die program met mense wat haar voorkeer om foto’s te neem en geselsies aan te knoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ellisras ·

Magra wat wil jy weet. Wat is so vreemd aan die storie. Mense bespreek ‘n kursus. Daag nie op nie. Nou wil hulle geld terug hê al is daar kostes aangegaan.

Cherokee ·

Ellisras, wat wil jy weet. Sy het die geld terugbetaal (sê sy). Wat wil jy nòg weet? Jou kommentaar moes in die sif beland het.

VanAfrika ·

Wat is vreemd daaraan, as jy nie n ooreenkoms kan nakom nie, dan is daar geen dienste nie? Hulle kan nog bly wees hulle het die geld terug gekry, my seun het nou net by n mediese assuransie tipe ding aangesluit, hy kan eers dit na drie maande begin gebruik en toe ek dit hoor toe se ek vir hom kanseller dit en kry jou geld terug, hulle betaal dit nie terug nie, al het jy dit nie gebruik nie.

E.K. die eerste ·

Klink vir my glad nie na bedrog. Waar is die snedige SLIMkoppe wat so lelik kommentaar gelewer het in Aug? Mense moet ophou aannames maak en mense links en regs klaar skuldig bevind.

Ellisras ·

Kry die oorspronklike beëdigde verklaring wat die “klaer” afgelê het. As die feite nie 100% korrek is nie dan rook jy hulle. Dit klink vir my die “klaer” is net ‘n kla kous.

Ellisras ·

Magra wat wil jy weet. Wat is so vreemd aan die storie. Mense bespreek ‘n kursus. Daag nie op nie. Nou wil hulle geld terug hê al is daar kostes aangegaan.

Retha ·

As jy nie opdaag nie, is dit jou probleem. Alles kos geld, beplanning en voorbereiding ook.

GM ·

As jy nie opdaag vir ‘n afspraak by ‘n spesialis nie, word jy nogtans verantwoordelik gehou vir die betaling van daardie konsultasie. In dié geval sou ek sê dat dit net reg sou wees om ‘n gedeelte terug te hou vir onkostes alreeds aangegaan, en natuurlik haar tyd. Soos Anoniem sê, bewys van betaling sal haar onskuld kan bewys.
Indien sy die geld terugbetaal het, behoort sy hulle aan te kla omdat haar naam so deur die modder gesleep is.

Anoniem ·

Los nou asb vir Toanette Els uit dat Sy kan aangaan met haar LEWE ! Julle is net jaloers op HAAR ! Sterkte ! ???vir Boer soek ‘n MAN

Andre ·

Dit is nie n kriminele saak nie. Dit is n siviele aangeleentheid wat ook nog twee kante het.

Cherokee ·

2 Kante sê jy, Andre? Sy ook! Wonder of ek moet gaan boer.

Dom ·

Aiaiai.. Los die girl uit… Daai peraoon het geen klag nie. Ek weet egter nie waar bedrog vandaan kom in elk geval nie…

Driekie ·

Sy het niks verkeerd gedoen nie en is n pragtige Christen vrou

Mike ·

Ook my redenasie dis ‘n siviele saak nie ‘n kriminele saak nie so hoekom is die polisie hierby betrokke?

Werner3 ·

Cherokee, jy moet seker vir Maroela media werk om te kan besluit wie moet sif toe gaan. Ek verstaan ook nie hoe jou goed geplaas word nie.

Cherokee ·

Maroela, dit is betreurenswaardig dat julle ander toelaat om kommentare te plaas onder my naam. Ek is nie jammer oor wat ek vir Ellisras gesê het nie en eintlik is dit logies wie ‘verskoning vra’ onder my naam. Kyk asseblief wie het onder my naam geskryf.

Morné van Rooyen ·

Beste Cherokee,

Dit is nie vir lesers moontlik om skuilname te “bespreek” nie. As jy nie onder jou eie naam kommentaar wil lewer nie en ‘n skuilnaam kies, staan dit enigeen vry om dieselfde skuilnaam as jy te gebruik. Trouens, selfs op ‘n mens se regte naam het jy nie “kopiereg” nie, want daar is doodeenvoudig meer mense as name, hetsy skuilname óf regte name.

Groetnis,
Morné, nms. Maroela Media

Anoniem ·

Bly die kind kan nou voortgaan met haar lewe. Kyk net manne sy is mooier as n mens. Passop meisiekind daai manne van boer soek n vrou van hulle lyk glad nie na boere nie meer na laventel hane, en as n man eers vir jou se 200 persent dan moet jy hardloop want hy lieg al klaar.???

marieta ·

ek verstaan nie hoekom Toanette aangekla is nie…..sy het haar deel van die ooreenkoms nagekom en die kursus sou daar wees….die klaer/kind het nie opgedaag soos ooreengekom nie…. in so geval moes hulle mos die geld verbeur het…. of is dit nie soos dit werk nie…gewoonlik moet al die geld mos betaal wees voor die kursus begin het….ek verstaan die ongeluk het veroorsaak dat daar n mediese rede was so uitstel is moontlik vir n volgende datum….maar wat as dit n eenmalige geleentheid was….. sou hulle verwag het iemand anders moet al die koste gedra het?…. ek sou ook aandring op n verskoning vir naamskending

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.