Saak teen VBS-beskuldigdes eers later hervat

Die VBS-verdagtes tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: ANA)

Die saak teen die sewe verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle verantwoordelik was vir die ineenstorting van die VBS Bank, word weer op 26 Maart in die Palm Ridge-handelshof voortgesit.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak is uitgestel sodat nuwe klagte en beskuldigdes bygevoeg kan word.

In hierdie stadium is die beskuldigdes die voormalige VBS-voorsitter Tshifhiwa Matodzi, VBS- uitvoerende hoof Andile Ramavhunga, VBS-tesourier Phophi Mukhodobwane, voormalige direksielede van die VBS en verteenwoordigers van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) Ernest Nesane en Paul Magula, voormalige ouditeursvennoot van KPMG Sipho Malaba, asook voormalige finansiële hoof van die polisie Phalaphala Ramikosi.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle in 2017 bedrieglike finansiële state opgestel, onderteken en goedgekeur het. Só het hulle valslik aan beleggers en die publiek voorgehou dat die bank in ʼn bestendige finansiële posisie was, terwyl dit eintlik insolvent was.

Sowat R2,3 miljard is na bewering binne twee jaar uit die bank se fondse getap.

Phillip Truter, voormalige finansiële hoof van die bank, is reeds tien jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery. Drie jaar hiervan is vir vyf jaar opgeskort.

Die sewe beskuldigdes se borgtog is tot Maart verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie J ·

Het die staat enige erns met die saak of is dit net die aanklaers wat slapgat is. As hulle nou nog nie almal kon arresteer nie dan weet ek nie!!! Weer duistere magte aan die werk?

Johann ·

Die enigste blanke dien klaar 7 jaar tronkstraf uit Oor 4 jaar kry hy seker parool En dan word die saak laat vaar

My siening ·

Die rassiste het nou die witte in tronk so die groot gemors is nie dringend want cyrel se my people is belangrik om eers na 2050 verhoor te word in dood absensia.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.