Saak teen weermag-hoë oor vuurwapen teruggetrek

Lt.genl. Zola Wiseman Songo Dabula. (Foto: Verskaf)

Die geneesheer-generaal en hoof van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens, lt.genl. Zola Wiseman Songo Dabula, is skotvry na hy vroeër vanjaar by ʼn padblokkade vasgetrek is vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die voorgeskrewe vonnis vir die onwettige besit van ʼn semi-outomatiese wapen soos die Norinco wat in Dabula se besit was, is 15 jaar gevangenisstraf, maar ʼn landdros het wel die diskresie om die vonnis te verlaag as daar versagtende omstandighede is.

Maroela Media het in Junie berig dat die 63-jarige Dabula die nag in die selle by die Temba-polisiestasie buite Pretoria deurgebring het en die volgende dag op borgtog vrygelaat is nadat hy in die Temba-landdroshof verskyn het.

Die saak is daarna herhaaldelik uitgestel en die polisiewoordvoerder kon nie verlede week die dossier opspoor nadat Dabula weer in die hof verskyn het nie. Dit het egter Dinsdag aan die lig gekom dat die saak teen Dabula reeds op 20 Augustus teruggetrek is weens ʼn gebrek aan voldoende getuienis. ʼn Senior aanklaer van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), J Mophatlhane, kon glo op grond daarvan nie met die aanklagte voortgaan nie.

Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG, het aan Maroela Media bevestig dat die saak teruggetrek is weens ʼn gebrek aan getuienis.

‘n Weermaglid op patrollie tydens die landwye staat van algehele afsondering. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die gebrek aan getuienis is in teenstelling met die polisieverslag oor Dabula se inhegtenisneming wat Maroela Media voorheen onder oë gehad het. Daarvolgens was Dabula nie aan diens toe hy voorgekeer is nie en was hy ook nie in besit van ʼn permit om tydens die landswye inperking te reis nie. Hy het ook aan die beamptes vertel dat hy werkloos is.

Dabula het glo aanvanklik aan die polisiebeamptes by die blokkade gesê die Norinco-vuurwapen en 13 patrone in sy besit behoort aan hom, maar ʼn roetinenavraag op die polisie se vuurwapenregister het gewys dat die eienaar ene SN Dabula was. Volgens destydse aanduidings was die geregistreerde eienaar Dabula se pa wat in April oorlede is.

Maroela Media het intussen verneem dat daar steeds nie ʼn tydelike wapenpermit vir die Norinco uitgereik is nie.

Die voorsitter van die SA Vuurwapeneienaarsvereniging, adv. John Welch, sê toe Dabula in Mei in hegtenis geneem is, moes daar sekerlik voldoende bewyse gewees het om hom van hierdie misdade aan te kla en vir minstens een nag in die selle aan te hou. Hy sê vir die staat om so ʼn saak bo redelike twyfel te bewys, moet bewys word dat die beskuldige in besit van die pistool en die ammunisie was, dat hy nie ʼn lisensie daarvoor gehad het nie en dat hy bewus was dat dit in sy besit was.

Die DA se skaduminister van verdediging, Kobus Marais, sê dis skokkend dat die saak teruggetrek is. “Dit stuur die verkeerde boodskap aan soldate en ander sekuriteitsmagte wat net so onderhewig is aan die bepaalde wette.”

Marais gaan nou ʼn klag oor die uitkoms van die saak by die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula en die militêre ombudsman indien.

Adv. Pikkie Greef van die weermagvakbond Sandu wou nie kommentaar lewer nie omdat die redes vir die terugtrekking nie bekend is nie. Hy sê wat hom wel bekommer is die dubbele standaarde in die weermag wanneer daar teen offisiere en ander laer range opgetree word.

Die weermag het voorheen by navraag gesê die saak is ʼn persoonlike aangeleentheid tussen Dabula en die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kerneels ·

Gaan Ramaphosa ook ‘n brief skryf waarin hy treur oor die onwettige besit van vuurwapens?

Anel ·

Hoe kan hy nog in diens wees. Hy is al 63. Ander staatsdepartemente moet jy klaarmaak as jy 60 is soos polisie en weermag. Wat maak hom beter as ander. En hy was verkeerd. As dit ‘n blanke was het hy nog steeds in die tronk gesit. Meer as dubbele standaarde!!!

Hercules ·

hy is swart en sy volgende posisie sal seker ‘n minister êrens wees, dis hoe terroriste werk!!

Pieter ·

Onthou net daar is groot verskil tussen “in diens wees” en werk vir jou salaris. Dit geld vir amper almal in die anc.

Strandloper ·

Ook maar goed…sal nie eers met n tang aan hom wil vat nie

Mariana ·

En dit is nou presies hoe SA regering werk. Wat vir die gewone eerlike man in die tronk kan laat beland sal nooit met ANC vriend gebeur nie. Was dit nou ‘n witman het hulle die sleutel van sy tronksel verloor. Wonderlike regverdige land waarin ons bly, is dit nie? En hoe wonderbaarlik dat die dossiere altyd verdwyn. Dit is ‘n oneerlike krimineel wat gestraf moet word nes enige ander.

marius ·

Grootste spul bedrieers en leunaars op aarde . Private vervolging , en dagvaar die minister van justisie om te kom getuig . Klaar .

Jakes ·

Hulle is almal kop in een mus, Skandalig om die minste te se. Sal graag wil weet wat sy kwalifikasies is?

Wayne ·

Ruik en klink soos rasse-politiek wat weer geregtigheid getroef het. Bewys ook maar net weer dat almal in SA nie gelyk is voor die reg nie, al word daar beweer dat alle burgers in alle opsigte gelyk is. Die oplossing is om die NVG lede vir korrupsie te arresteer.

Adam Adriaan ·

Dit is die nuwe normaal vir al die kaders van die ANC?EFF. Maar laat dit nou net iemand wees wat nie in hulle kamp wei nie, dan sal jy net stof en hare sien waai.

Persheks Adri ·

Ek glo nie wat ek lees nie! As ek wat wettig ‘n wapen het nou so iets probeer dan sit ek in die tronk en al my vuurwapens word weg gevat! Lekker boetie boetie hier in die nuwe SA!

Pierre ·

Het enigiemand dan gedink daar gaan regte egte wetsgewing toegepas word? Als word mos onder mat ingevee. MAAR laat ek of jy dit doen…

Paul ·

Die ANC kaders sal NOOIT aangekla of skuldig bevind word nie. Verhewe bo die wet!!

Suzette ·

Dis darem maar baie lekker! As dit nou ek was, sou ek nou agter tralies gewees het.

Anoniem ·

Kader immuniteit teen enige vorm van vervolging op sy beste. Inteendeel, dit lyk al meer asof jy jouself eers as ‘n gesoute krimineel moet kan bewys om in ‘n hoë pos aangestel te word.

J ·

Onwettige vuurwapen besit van enige burger is nie ‘n PERSOONLIKE aangeleentheid tussen die oortreder en die polisie nie.

Want onwettige vuurwapens word teen ONS (publiek) misbruik!

Die Weermag is van hul ‘wysie af’ … hul ag hulself as BO die landswette verhewe.

(Swart) Weermaglede mag moor …?

Knormoer ·

Net soos die wat skuldig is aan korrupsie of ander misdade sal daar weer niks aksie geneem word nie, behalwe as n mens n brief tel as “aksie”. Verder word die belastingbetaler se held gemors met die Zuma saak waarvan almal weet ook niks gaan kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.