Saak teen Wes-Kaapse polisiehoof nou na hooggeregshof

Lt.genl. Arno Lamoer. Foto: www.defenceweb.co.za

Lt.genl. Arno Lamoer. Foto: www.defenceweb.co.za

Die saak teen die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Arno Lamoer, vir beweerde bedrog van R1,6 miljoen, sal in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.

Lamoer en ses medebeskuldigdes het Vrydag in die Goodwood-landdroshof verskyn, waar hulle teregstaan op 109 aanklagte met betrekking tot bedrog, geldwassery en rampokkery.

Adv. Billy Downer, wat die staat se saak teen die beskuldigdes aanvoer, het versoek dat die saak na die hooggeregshof oorgeplaas word vir voorverhoorverrigtinge op 28 Augustus. Lamoer se medebeskuldigdes is polisiebrigadiers Darius van der Ross, Kolindren Govender en Logambal “Sharon” Govender, die Kaapstadse sakeman Mohamed Saleem Dawjee en sy seun, Mohamed Zameer Dawjee.

Downer het aan die hof gesê 5 Oktober is vasgestel as ʼn verhoordatum en gevra dat die borgtog van die beskuldigdes verleng word. Dit sluit Mohamed Zameer Dawjee, wat net op waarskuwing vrygelaat is, uit.

Maroela Media het vroeër berig Lamoer staan tereg op agt aanklagte van korrupsie nadat hy na bewering geld in sy bankrekening ontvang het en sy klererekening en sekere vakansieakkommodasie deur Saleem Dawjee laat betaal het. Hy het ook glo sy private voertuig deur Dawjee laat herstel in ruil vir onwettige gunste. Twee van die aanklagte teen hom het betrekking op sy betrokkenheid by ʼn misdaadsindikaat.

Dawjee en sy seun besit ʼn hele aantal ondernemings, insluitend Towbars Cape en Towbars King en het volgens die staat ʼn reeks belonings van senior polisiebeamptes in die provinsie ontvang. Mohammed Saleem Dawjee was glo die middelpunt van ʼn web van beweerde korrupsie en rampokkery, wat kontant en duur geskenke aan Lamoer en lede van die topbestuur ingesluit het om sodoende invloed in polisiekringe te koop en gunste van sy medebeskuldigdes te ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

KarooKlong ·

Dawjee maak wragtig vanoggend die uitlating voor die hofgebou aan ‘n verslaggewer:
“i suppose they don’t want us colourds running the Western Cape”
Sal iemand asseblief vir hom laat weet die antwoord is voor die hand liggend.

anet ·

Lt.genl. Lamour. Dit is ‘n skande en ek hoop dat julle almal skuldig bevind sal word. Ek hoop ook dat jou Titel van jou weggeneem sal word.

Winston ·

Hy is in lyn vir n goue handdruk! Sluit toe en gooi die sleutels weg.

Captain (Retired) Paulus N Antonio ·

What a sad day and chapter in the life of an exemplary rolemodel, mentor and leader. I will however never forget the day when Lt. Gen. Arno Lamoer, a highly disciplined and motivated lance sergeant at the time then dropped me (a yooung constable at the time) off at the Grassy Park Police Station, in Cape Town, and he had uttered these words to the sergeant on duty “I want you guys to take a close look after this highly gifted and talented” addition to the local police and community. I still believe in their innocence until proven otherwise by a competent couet of law.

Captain (Retired) Paulus N Antonio ·

What a sad day and chapter in the life of an exemplary rolemodel, mentor and leader. I will however never forget the day when Lt. Gen. Arno Lamoer, a highly disciplined and motivated lance sergeant at the time then dropped me (a yooung constable at the time) off at the Grassy Park Police Station, in Cape Town, and he had uttered these words to the sergeant on duty “I want you guys to take a close look after this highly gifted and talented” addition to the local police and community. I still believe in their innocence until proven otherwise by a competent couet of law.

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

What a sad way of ending a such a long and, noble calling. But nonetheless we still believe in his (lt. gen. Arno Lamoer), innonce until proven wrong or otherwise by a competent court of law. Without a doubt otherwise a rolemodel to many, a great mentor and leader entangled in a somewhat great error of judgment.

alex ·

Gelukkige ou het so pas vir hom ‘n baie senior pos na aan zuma in die kabinet bewerkstellig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.