Saak teen Zuma se seun uitgestel

Duduzane Zuma Foto: africa.widmi.com

Duduzane Zuma Foto: africa.widmi.com

Die geregtelike ondersoek om te bepaal of pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, aanspreeklik gehou kan word vir ʼn noodlottige taxi-ongeluk, is Maandag in die Randburgse landdroshof uitgestel sodat die staat en verdediging deur al die bewyse kan gaan.

“Mnr. [Gary] Mazanam [vir Zuma] en ek het steeds baie bewyse om te verwerk. In die belang van geregtigheid versoek ons meer tyd,” het staatsaanklaer Yusuf Baba in die hof gesê.

Baba en Mazanam sou Maandag hul slotbetoë in die verhoor gelewer het.

Landdros Lolita Chetty het aangedui dat dit ideaal sou wees om die verhoor vanjaar af te handel en het die saak tot 24 November uitgestel.

Zuma se Porsche het op ʼn reënerige aand in Februarie ʼn minibustaxi van agter getref. ʼn Taxipassasier, Phumzile Dube, het gesterf toe die taxi omgeslaan het.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het in daardie stadium gesê die Porsche het die taxi op die M1-suid by die Grayston-afrit in Sandton van agter getref. Drie ander mense is in die ongeluk beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

alet ·

Hoekom uitstel en uitstel wag seker vir omkoop geld soos met Nkantla sage daar gaan tog niks van kom nie so los dit tog maar uit.Die President kan nie nog n skande oor hom laat kom aitog

jjobson ·

Die zuma geslag is chroniese moeilihhede,verhewe bo die wet en hierdie klein zoem zoem lyk na i brekkerige verstoute zoeloe sakeman. Nee wat staak maar die case-zumpie die prez is in beheer.

Johan Smit ·

Die saak gaan ‘n stille dood sterf. Die outjie is op die regte Zuma pad. Besig om SAP saak nommers agter sy naam te kry.

Anton ·

Moeg-ge-noeg sal mos sien dat sy zoem-zoem vriende beskerm word

Theresa ·

Van uitstel kom afstel. Lekker om sekere mense te ken in die lewe. Untoucables kom los en die wat sukkel, sal nog meer sukkel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.