Saak teen Zuma, Thales kan nou voortgaan

Oudpres. Jacob Zuma in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Pietermaritzburg. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Vrydag die Franse wapenvervaardiger Thales se hersieningsaansoek dat aanklagte van geldwassery teruggetrek word, van die hand gewys.

Die saak teen Thales en oudpres. Jacob Zuma sal dus volgende maand voortgaan. Hulle staan ​​tereg op 16 aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery rakende die wapenskandaal toe wapentuig van Thales aangekoop is gedurende die tyd wat Zuma adjunkpresident was.

Zuma het na bewering meer as R4 miljoen in omkoopgeld in die sak gesteek.

Thales het verlede jaar die hersieningsaansoek ingedien en aangevoer daar is ʼn gebrek aan bewyse. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kan die verhoor egter nou op 23 Februarie voortgaan nadat die aansoek van die hand gewys is.

“Die NVG verwelkom die besluit,” het Sipho Ngwema, woordvoerder van die NVG, gesê. “Ons sien uit na die strafregtelike verhoor.”

Thales Suid-Afrika het aan AFP gesê hy neem kennis van die hooggeregshof se beslissing en dat hy die uitspraak bestudeer om sy regsopsies en moontlike verdere stappe te oorweeg. Zuma en Thales ontken skuld.

Die verhoor is verlede jaar vier keer uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Strandloper ·

Tyd en geld mors met die gliberige boef. Die regstelsel is net soos hy pateties verby!

Flip ·

Hierdie gaan dieselfde uiteinde wees as regter motata wat vir 10 jaar by die huis gesit en volle salaris gekry het terwyl hy geskors was.
Julle mors die belastingbetaler se geld, kry vir Gerrie!

Nic ·

gerrie gryp in en verseker GROOT ASB dat zuma sy oranje oorpak kry hy sal nogal sexy lyk

Alleen Wolf ·

Hierdie saak sal dieselfde pad volg as al die ander, uitstel op uitstel en uiteindelik sal Zuma vry loop.

gatgogga ·

Saak kan nou voortgaan ?
Bedoel seker die uitstel kan nou voortgaan.

Porseleintjie ·

Lagwekkend. Laasjaar is die vehoor 4 keer uitgestel. Daar sal die jaar ook niks van kom nie.

JM ·

Saak teen Zuma sal *ad infinitum* aanhou. Hy het geen gewete nie.

Gert ·

Mens sou verwag dat iemand wat so onskuldig is soos wat Zuma en Thales beweer, baie gretig sou wees om hul onskuld in die hof te bewys. Zuma en kie se vertragings taktiek gaan hulle nog byt. As ek weet ek is onskuldig en daar is nie voldoende bewyse nie sou ek die saak so gou moontlik agter die rug wou kry. Vir my beteken enige vertragings taktiek ‘n bewys van hulle skuld.

jzjz05 ·

Eindelik na hoeveel jaar ?en ek glo die einde is nog nie in sig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.