Die saak teen oudpres. Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales is weer eens uitgestel.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê die partye het gesamentlik ooreengekom dat die saak weer op 23 Februarie aanstaande jaar hervat word.
Natasha Kara, woordvoerder van die NVG in KwaZulu-Natal, het gesê dit gee betrokkenes geleentheid om verskeie voorverhoor-kwessies uit te stryk. Dit sluit in moontlike uitspraak in Thales se aansoek om hersiening dat die klagtes teen hom heringestel word.
Teen daardie tyd sal daar na verwagting ook meer duidelikheid wees oor internasionale reisregulasies wat weens Covid-19 geld en die uitwerking daarvan op getuies en verteenwoordigers van Thales wat van elders na Suid-Afrika moet reis.
Die oudpresident en Thales staan tereg op aanklagte van korrupsie, geldwassery en rampokkery wat verband hou met die multimiljoen randse wapentransaksie. Thales sou Zuma glo betaal het om die maatskappy teen ondersoek te beskerm.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Die NVG moet eerder die Uitstel Kommissie genoem word. Dis al wat hulle met al die ernstige sake doen
Ag hoe belaglik. Weereens pluk hulle die stollingstaktiek-haas uit die hoed en weereens is hulle suksesvol.
Zuma sal NOOIT op enige klagtes teen hom suksesvol vervolg word nie. Net soos malema is zuma onaantasbaar!!!!
Geen skelm haar op sy kop nie.
Stel maar uit. Dit is hoe dit werk in ‘n regstelsel wat gemanipuleer kan word.Zume,Ace en die maatjies kan maar met geruste harte gaan slaap.In die land en met die regstelsel sal hulle nooit die binnekant van ‘n tronk sien nie.In die jaar het ons SKOKKENDE uitsprake deur regters gesien.Niks nuut nie in ‘n SA wat vertrap is.
Teen die tyd wat hierdie saak enigsins erns gaan kom is Zuma 90+jr, en te oud om tronk toe te gaan. Mooi so, weereens ‘n bewys geregtigheid vir SA tel nie, jy kan maak in die land wat jy wil. Kyk mooi, Februarie is hy weer dodelik siek en kan nie hof toe gaan nie.