Saak teruggetrek teen platejoggie wat glo inmeng

Nomvula Nkosi (DJ Miss Rain) Foto: Nkomazi FM, Facebook

Nomvula Nkosi (DJ Miss Rain) Foto: Nkomazi FM, Facebook

Die saak teen ʼn platejoggie van ʼn gemeenskapsradiostasie in Mpumalanga wat in hegtenis geneem is in verband met dwarsboming van die gereg, is Maandag teruggetrek.

Nomvula Nkosi (25), beter bekend as DJ Miss Rain by Nkomazi FM, is Saterdag in KaMhlushwa naby Malalane in hegtenis geneem, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Luitenant Mzwandile Nyambi, woordvoerder vir die polisie, het gesê Nkosi is in hegtenis geneem toe sy ingemeng het terwyl polisiebeamptes drie mans in hegtenis geneem het toe hulle glo dagga naby ʼn laerskool gerook het.

“Ons beamptes het reageer op ʼn wenk en drie mans en ʼn meisie naby Laerskool KaMhlushwa opgespoor,” het Nyambi gesê. “Die mans is deursoek en hulle het dagga in vuurhoutjieboksies by hulle gehad.” Nyambi het gesê die mans is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dagga, maar hulle kon elkeen ʼn skulderkenningsboete van R300 betaal en is dadelik vrygelaat.

Die saak teen Nkosi is teruggetrek voordat sy Maandag in die Tonga-landdroshof kon verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snip ·

maar moet sy nie nou van “ietsie anders” aangekla word nie, ek meen, kyk haar hare. o gats vergeet ek, sy is nie n student op n privaat partytjie nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.