Saak teruggetrek teen seuns ná moord by skool

(Foto: pixabay)

Die ondersoek na die moord op ʼn 12-jarige leerder van die Grace and Hope Special School in Seshego buite Polokwane in Limpopo, is na die provinsiale direkteur van openbare vervolging vir ʼn beslissing verwys, het Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Limpopo, gesê.

Lesiba Phaka is die afgelope naweek dood in sy koshuiskamer by die skool gekry. Die Grace and Hope Special School is ʼn skool vir leerders met ernstige intellektuele gestremdhede. Malabi-Dzhangi het gesê die kinders se gestremdhede bemoeilik kommunikasie oor die voorval.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die twee tienerseuns wat aanvanklik met die voorval verbind is, het vandag vlugtig in die hof verskyn op ʼn aanklag van moord.

“Die saak teen die twee verdagtes is teruggetrek en hulle is in die sorg van hulle ouers vrygelaat. Die dossier word nou na die direkteur van openbare vervolging vir ʼn beslissing en verdere instruksies verwys,” het Ngoepe gesê.

Sam Makondo, woordvoerder van die departement van onderwys in Limpopo, het vroeër gesê twee leerders wat ʼn kamer met die slagoffer deel, het Sondag ʼn onderwyser ontbied nadat hulle gesien het die seun beweeg nie en haal ook nie asem nie.

Beraders is die naweek reeds na die skool gestuur om die kinders by te staan. Die LUR vir onderwys in Limpopo, Ishmael Kgetjepe, het sy medelye met die slagoffer se familie betuig en senior amptenare van die departement het die skool Sondag besoek.

Kgetjepe het ook sy skok oor die voorval uitgespreek.

“Dit is moeilik om iets so tragies te verstaan en geen woorde kan die verlies beskryf nie. Dis erg vir ons as ʼn [onderwys-]sektor, maar uit die aard van die saak selfs erger vir die gesin, familie en vriende. In tye soos dié het ons mekaar nodig. Dit is dus belangrik dat ons mekaar ondersteun en veral die familie help,” het Kgetjepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietie ·

Eers is die tersiêre sektor met onbesonne gedrag geteiken en nou begin dit die sekondêre onderrig betreë. Wasr gaan hierdie land se plunder ophou?

Cynthia TREDOUX ·

Moord is MOORD….HOE is daardie arme kind vermoor…EN DEUR WIE! Ek begin al meer TWYLFEL in al die SODANIGE NUWE AANSTELLINGS vir mense wat hierdie moorde moet ondersoek…HOEKOM WAS HIERDIE TWEE SEUNS IN DIE EERSTE PLEK GETEIKEN….ek voel so ontsettend jammer vir daardie arme kind se ouers…SIES…SUID AFRIKA…WAARHEEN IS JY OPPAD?

Skande ·

JANEE dis mos seuns van ‘n sekere afkoms so hulle gaan VRY loop . .dis hoe SA werk ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.