Saak teruggetrek teen vrou ná man se moord

Pieter en Karin Geldenhuys (Foto: Karin Geldenhuys/Facebook)

Die saak teen Karin Geldenhuys, wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op haar man Pieter Geldenhuys, is voorlopig teruggetrek vir verdere ondersoek.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media gesê die Nasionale Vervolgingsgesag het die saak voorlopig teruggetrek sodat die polisie verdere bewyse kan versamel in die saak. “Sodra dit afgehandel is, sal die saak weer teruggaan hof toe,” het hy gesê.

Gerrie Camacho, ʼn vriend van die egpaar, het die aand van 8 Maart 2019 by die Geldenhuys-egpaar se huis in Marlothpark in Mpumalanga gebraai en oorgeslaap. Hy is al ongeveer ses of sewe jaar lank met die egpaar bevriend.

“Dit was net ons drie by die huis. Ek en Pieter het die aand nog lekker om die vuur gesit en kuier voor ek kamer toe is,” het Camacho verduidelik.

“Dit was asof Karin hom die hele aand lank probeer kwaad maak het met neerhalende aanmerkings. Hy het net rustig gebly.”

Camacho was nog later die aand besig op sy selfoon toe hy water in die badkamer hoor tap het. Hy het aanvanklik gedink dit was dalk Karin, maar hy het later uitgevind dit was Pieter. Karin het hom waarskynlik met ‘n mes in die voorkamer ingewag.

“Ek het daarna geluide in die huis gehoor en toe gehoor Pieter sê: ‘Karin, wat maak jy? Karin, nee!’” Camacho sê Pieter het ook sy naam geroep om hom te kom help en hy het dadelik gaan ondersoek instel.

Karin het reeds by die huis uitgestap en Camacho het probeer om Pieter te help. Hy het gebloei weens ‘n meswond. “Ek was skrikkerig met haar in die omgewing, want ek het nie geweet of sy my dalk ook sou aanval nie. Ek kon eers ten volle op Pieter fokus toe die sekuriteit by die huis opgedaag het.”

Die Marlothpark-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is ontbied en beamptes het die toneel beveilig totdat die polisie opgedaag het waarna Karin in hegtenis geneem is.

Pieter is na ʼn hospitaal geneem maar hy het die Saterdagoggend vroeg aan sy beserings beswyk.

Hy sê dit was baie traumaties om sy vriend só te verloor. “Dit is een van die ergste goed wat ek nog ooit beleef het.” Hy praat met lof van Pieter. “Ons het dieselfde taal gepraat; van dieselfde goed gehou. Hy was altyd goeie geselskap. Mens kon hom ook enige tyd om hulp vra, en dan het hy gehelp.”

Pieter was ʼn konstruksiewerker en het gewerk aan ʼn pad wat tussen Suid-Afrika en Swaziland gebou word. Hy laat twee seuns en ʼn dogter uit ʼn vorige huwelik agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Abe ·

MM,
Hou ons asb. op hoogte van hierdie saak (Pieter Geldenhuys moord). Ek verstaan daar is moontlik nuwe verwikkelinge.

Penny ·

My gewese verloofde het my ook aangeval mey n lang braai mes my hart net gemis en lewer my van agter gesteek vrouens kom los in hof vertel eerste hul was bang en bedreig gevoel ek was net gelukkig moes self kliniek toe jaag my bloed was so te se uit 2 badkamer handdoeke pap nat heeltyd op my bors gedruk my beskermings engel was by my

Chrisjan ·

Hierdie vrouend lyk so liefdevol mey my selfde gebeur my jart met milimeter gemis en my lewer steek van agter hulle kom los wany se man rand haar aan en sy voel bedreig ek was net gelukkig weet hoe om n man uittelok
Sterkte vir familie

Ander Koos ·

Iets klink nie reg nie, hier is n slang in die gras. Mag die waarheid uitkom

Snowflake ·

Stem saam Chrisjan, my seun is in n verhouding wat vir my kommerwekkend is, die vrou het baie snaakse neigings, ek self is baie bekommerd oor daai onstabiele verhouding want ek glo sys in staat tot enige iets…… maar ja sy keuse…… en ongelukkig is baie vrouens emosioneel onstabliel, en soek net iemand om hulle finansieel te dra…… baie jammer vir die familie wat deur hierdie truama moet gaan, sterkte

Markus ·

My verloofde het my ook so aangerand en haar vinger in my ore gedruk of my aan my snor rondgetrek, een keer haar pitbull op my gesit wat my groottoon afgebyt het,maar ek.het haar teruggekry om met haar ma te trou.

Wilde Weste ·

My verloofde het skelm gedrink en my menige keer met die vuis geslaan en gevloek. Dit het net erger en erger geword. Gelukkig kon ek meeste van haar houe blok, maar het nooit terug geslaan nie.
Sy het altyd die volgende dag alle blaam aan pille gegee wat sy vir sielkundige redes moes gebruik.
Ek het haar na ‘n lang gesukkel gelos en leef nou alleen, maar in hemelse vrede..

Mishandeling en teistering is verkeerd ·

Ons bure oorkant is op die oog af die perfekte Christen familie. Maar sy vrou het een keer ‘n ketel kookwater in haar man se gesig gegooi tydens een van haar uitbarstings, hy het nou nog littekens en brandmerke in sy gesig en laas week het sy hom met ‘n vuurwarm pan met vleis in wat besig is om in kookolie te bak oor die kop geslaan. Hy het menigemale by ons kom probeer wegkruip vir haar wanneer sy een van haar woedebuie kry. Maar Sondae sit sy voor in die kerk.

DewaldS ·

Enige oomblik nou gaan al die politieke partye en al die NGO’s op die wa spring en betrokke raak in ‘n veldtog teen hierdie voortdurende geweld teenoor mans en kinders.

Of wag – ek moet dalk nie my asem ophou nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.