Saak uitgestel ná Edward Zuma se ‘wit hond’-uitspraak

Edward Zuma Foto: IOL

Die haatspraaksaak wat vroeër deur die Menseregtekommissie (MRK) teen Edward Zuma, seun van pres. Jacob Zuma, gemaak is, is Dinsdag uitgestel.

Landdros Irfaan Khalil van die Durbanse Gelykheidshof het volgens berigte glo “onwillig” ingestem om die saak uit te stel.

Die hof was veronderstel om ʼn aanwysingsverhoor in die saak te hê, maar albei partye het glo ingestem dat die saak uitgestel word.

Pavershree Padayachee, namens die MRK-kommissie, het gesê dat adv. Bongani Majola, voorsitter van die MRK, oorsee was, maar sedertdien teruggekeer het. Die kommissie het vir uitstel gevra om ʼn meer omvattende antwoord in te dien. Khalil het gesê dit het die kommissie reeds langer as drie maande geneem om ʼn beëdigde verklaring af te lê.

Ayanda Mkhwanazi, vir Zuma, het gesê hy is nie teen ʼn uitsteldatum vir die verhoor nie.

Zuma het talle in Augustus verlede jaar warm onder die kraag gehad nadat hy oudmin. Derek Hanekom in ʼn ope brief ʼn “walglike wit hond” genoem het wat “opgelei is om swart mense te verskeur”. Zuma het in sy brief ook vir Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, as ʼn marionet van witmonopolie-kapitaal uitgekryt.

Die MRK het gesê hy gaan Zuma voor die gelykheidshof daag omdat die inhoud van die ope brief neerkom op suiwer rassisme en haatspraak wat teenstrydig is met artikel 16 van die Grondwet.

Zuma het Saterdag teruggekap na die MRK en die kommissie ʼn “lae hond” genoem. Die kommissie het sy kommer oor dié uitspraak uitgespreek en gesê hy beskou sy uitlating oor die kommissie se konstitusionele mandaat as ʼn “oortreding van die Wet op die Suid-Afrikaanse Menseregte”.

Adv. Bongani Majola, voorsitter van die MRK, het gesê die kommissie sal daaroor stappe doen om Zuma strafregtelik aan te kla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Captain (Ret.) Paulus N Antonio ·

Yes, Mr. Edward Zuma, we could most probably think what we want but we cannot say what we want. If what you’ve said justly constitutes hate speech in term of section 16 of the Constitution then also be prepared to bear the consequences of those hateful words.

Dinarie ·

Waarom moet daar so n lang verttaging wees.
Dit kom neer op rassisme as dit vergelyk word met die optrede teen Me Penny Sparrow van destyds. Die arme vrou is omyrent uitgeroei deurdat sy in blanke kultuur n vrywel onskuldige opmerking gemaak het

In hierdie uitspraak moet ook verder gelet word op die vlak van straf as daar n kontantboete aan verbonde is .

As die kontantboete minder is as
R 100 000 sal dit ook neerkom op rassisme , weereens met verwysing ns die geval met Me Penny Sparrow.

Petrotjie ·

Ek dink nogal tannie Penny gee om.. En ek ook want as die berig nie geskryf word nie sal ons nie bewus bly dat Edward Zuma nog niks betaal het nie.

Siek en sat ·

Daar gaan weer niks van hierdie saak kom nie. Van uitstel kom afstel. As dit nou andersom was,was die persoon al aangekla EN gevonnis. Kom ons kyk maar wat gaan gebeur.

jaco ·

As hy lelike goed van ‘n leier van die VF-Plus of Afriforum gesê het, sou die MRK die klag dadelik uitgegooi het. Maar toe sê hy dit teen ‘n wit kader van dit ANC en toe is dit skielik volgens die MRK rassisme.

Theresa B ·

Uitstel – dan afstel – daarvan gaan ook dadels kom……………………..

Jacques venter ·

Daar was koerant berigte dat een van die Guptas glo n veiligheidswag glo in dieselfde terme as Sparrow sou beledig het. Volgens dieselfde berig het die sekerheids maatskappy teen die wag opgetree.

Kan iemand die gebeure bevestig?

Is dit waar?

As dit waar is, het iemand iets daaraan gedoen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.