Saak uitgestel oor jeugsentra wat moet sluit

Kinders speel sokker teen sonsondergang  in Solitaire Foto: Marianne Styan

Argieffoto van kinders wat speel (Foto in Solitaire geneem) Foto: Marianne Styan

ʼn Saak teen verskeie staatsdepartemente om te probeer verhoed dat vier kinderversorgingsentra gesluit word, is in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitgestel.

“Die saak is uitgestel tot ʼn latere datum wat nog bepaal moet word, moontlik in Mei-maand,” het John Smyth, woordvoerder van die Justice Alliance of South Africa (Jasa), gesê. “Dieselfde regter wat beveel het dat die beheerliggame van die ander drie skole as partye bygevoeg moet word, sal die saak aanhoor.”

Jasa daag die hof oor die sluiting van die kindersentra in Ottery, Die Bult, Eureka en Wellington. Die organisasie voer aan die ministers van maatskaplike ontwikkeling en onderwys in die Wes-Kaap het ongrondwetlik en onwettig opgetree, en die Kinderwet oortree.

Die kinders is na ʼn plek geneem wat vir misdadigers ontwerp is. “Dit kan nie in die beste belang van die kinders wees nie,” het Smyth bygevoeg.

Regter Lee Bozalek hanteer die verrigtinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.