Saak uitgestel teen vermeende plaasmoordenaar

(Foto: SA-Venues.com)

Die saak teen een van die beskuldigdes in die moord op ʼn boer van Maclear in die Oos-Kaap, is in die landdroshof op dié dorp tot aanstaande maand uitgestel.

Cebo Andile Mgabashe sal dan formeel aansoek doen om borgtog, het kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, gesê.

Mgabashe word beskuldig van die moord op die 76-jarige Louis van der Berg en poging tot moord op sy vrou, Veron (73). Hy staan ook tereg op aanklag van diefstal van ʼn vuurwapen, ʼn onbekende bedrag kontant en selfone.

Maroela Media het in Oktober 2016 berig vyf mans het die egpaar se plaas, ongeveer 8 km buite Maclear, betree onder voorwendsel dat hulle beeste wou koop. ʼn Plaaswerker het hulle teëgekom en hulle aan die boer voorgestel. Van der Berg het saam met die mans na ʼn hek op die plaas gestap.

Die plaaswerker het kort daarna gehoor hoe iemand skree en hy het gaan ondersoek instel. Die vyf mans het hom oorrompel en na die plaashuis gedwing, waar hulle Veron aangerand en die kluissleutels geëis het.

Hulle het Veron en die plaaswerker vasgebind en met vuurwapens gevlug.

Die werker het homself losgewikkel en die Van der Bergs se familie gebel. Hulle het die polisie ontbied.

Van der Berg se liggaam is by die hek aangetref. Hy is erg aangerand en met ʼn skerp voorwerp gesteek. Veron is na ʼn hospitaal gehaas en het die aanval oorleef.

Mgabashe is verlede week in Qumbu aangekeer. Die soektog na sy vier makkers duur voort.

Hy verskyn weer op 4 Julie in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lee ·

Ja nee gee vir die gemors borg dan vlug hy in elk geval. Die hof weet dit want dis mos ‘n plaasmoord so dit is nie prioriteit nie.

Db ·

Genugtig, ‘n moordenaar kan borg kry en dan vry wegstap maar o wee moenie dat ‘n man in die hof moet verskyn oor nog meer geld wat die eks eis vir haar uitspattige lewe onder die voorwensel van meer onderhoud nie. Geen genade vir hom nie en is daar geen borg of vry uitstap vir hom nie. Manne – ek voel vir julle

jakes ·

Borgtog vir moord? Belaglik indien dit toegestaan word. Die beskuldigde moet aan die publiek oorhandig word vir vonnis. Help nie hy gaan tronk toe nie want oor n paar maande loop hy weer buite rond.

Leon pit ·

Maroela hou ons op hoogte van Steve Hofmeyer se sake asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.