Saak van advokaat se aanranding dán aangehoor

Argieffoto (Foto: VBlock/Pixabay)

Die streekhof in Johannesburg het ’n verhoordatum vasgestel vir die saak van seksuele aanranding en teistering teen ’n voormalige waarnemende regter.

Die beskuldigde het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn waar sy regsverteenwoordiger bevestig het dat hulle die dossier van die staatsaanklaer ontvang het. Die verhoor is vir 25 en 26 Augustus 2022 vasgestel.

’n Jong vroulike advokaat het ’n strafregtelike klag teen die beskuldigde ingedien, maar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om nie te vervolg nie totdat die klaer AfriForum se privaatvervolgingseenheid genader het.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het in Oktober 2021 vertoë aan adv. Andrew Chauke, die direkteur van Openbare Vervolgings in Gauteng (DOV), gerig omdat geen strafregtelike stappe tot in daardie stadium teen die regter gedoen is nie. Die DOV se kantoor het in Februarie 2022 in ’n skrywe aan AfriForum se privaatvervolgingseenheid aangedui dat hulle ná ontvangs van die vertoë wel besluit het om die beskuldigde te vervolg.

Die klaer het ook die Balieraad, die Johannesburgse Vereniging van Advokate en die Raad vir die Regspraktyk (LPC) genader, maar min tot geen ondersteuning vanaf hierdie professionele liggame ontvang nie. Nadat die Privaatvervolgingseenheid dit egter onder die LPC se aandag gebring het dat die beskuldigde nou vervolg word, het die Raad, amper as ’n nagedagte, besluit om dissiplinêre stappe teen die voormalige waarnemende regter te doen.

Die beskuldigde het verder aansoek gedoen by die Regterlike Dienskommissie (RDK) om as voltydse regter oorweeg te word, maar hy het hierdie aansoek teruggetrek nadat vervolging ingestel is. Hy het ook, nadat die klaer die klagtes teen hom gelê het, ’n saak van crimen injuria teen haar gemaak waarna die ondersoek beampte in die saak vir haar gesê het dat sy kan bly wees dat sy nie op hierdie klagtes vervolg word nie. Die NVG het egter aangedui dat hulle geen vervolging op grond van hierdie klag sal instel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

Is daar ‘n verskil as ‘n regter, ‘n bergie of ‘n bendelid iemand seksuele aanrand. Of kry ‘n regter nou “special privileges”, of nou spesiale voorregte?

Blikkies ·

Johan, Hy is nou spesifiek op ‘n vlak waar hy sonder twyfel moet kan onderskei tussen reg en verkeerd. Hy oordeel mense dan oor diedelfde misdryf, en daarom dink ek hy het misbruik gemaak van sy magte en moet hy swaarder gestraf word as die gewone man op straat soos die bergie of die bendelid.

Sarel ·

Waar is julle beskerming teen vroue nou..
Ek sien niks van due MRK/ WRC nie…waar is hulle

Harley Davidson ·

Die land is in sy maai in en de klerk is nie eers hier om te kan sien wat sy direkte nalatenskap is nie.

Waarnemer ·

En wie is die waarnemende regter?Sekerlik nie mr White nie….

Swerwer ·

Wesens wat ander moet strafregtelik verhoor is veronderstel om vlekloos te wees en ‘n voorbeeld vir die samelewing te wees! Hoe de joos moet mens enige respek vir die wesens toon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.