Saak van polisievrou weer uitgestel ná verhouding met bendelid

Alicia Beeming. Foto: Facebook via ANA.

Die vonnisverrigtinge van ʼn voormalige lid van die Port Elizabeth-polisie se bendetaakspan, wat skuldig bevind is op aanklag van regsverydeling, is Donderdag in die landdroshof in Port Elizabeth uitgestel.

Alicia Beeming het in Augustus 2017 skuld beken op aanklag van dwarsboming van die gereg. Sy het stilgebly oor die doen en late van ʼn berugte bendelid, tegelyk ook haar geheime minnaar. Sy het haar verhouding met Hans Jordaan, ʼn bendelid met ʼn hoë rang, geheim gehou terwyl sy ʼn aktiewe spesialisbeampte was wat bendeaktiwiteite in Port Elizabeth se noordelike omgewings ondersoek het.

Die saak is tot 6 Februarie uitgestel omdat die verdediging en die staat nie Donderdag gereed was vir slotbetoë nie.

Beeming is ná ʼn interne dissiplinêre verhoor teruggestuur na Motherwell-polisiestasie, waar sy oorspronklik werksaam was. Sy werk in die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings. Sy is tydens die interne tugverhoor skuldig bevind en moes ʼn boete van R2 400 betaal.

Sy is ook gewaarsku dat sy afgedank sal word as sy binne ses maande skuldig bevind sou word aan ʼn soortgelyke oortreding.

Beeming is verlede jaar tot die rang van sersant bevorder.

Beeming het, tydens haar verhouding met Jordaan, ook toegang gehad tot geklassifiseerde dokumente en dossiere en het geweet waar Jordaan hom bevind, maar dit nie bekend gemaak nie, selfs al was haar eenheid op soek na hom in verband met ʼn saak van poging tot moord wat verband hou met ʼn bendeskietery in 2014.

Lees alle vorige berigte oor Alicia Beeming op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Deon Meyer ·

Sy moes in die pad gesteek gewees het.Geen plek vir sulkes in die SAPS nie

Johan ·

Ek het in my tyd in die ou SAPD swaarder straf gekry as laat was vir parade.Nog steeds in diens??!!

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Sussa…my liewe sussa, wát het jou besiel, om jou beroep en integriteit opi spel te plaas,vir ñ misdadiger..? ??
Aaaaaijajaaaai tog,nietemin baie sterkte, mag Sy Genade GENOEG wees v jou

Gert ·

Indien hierdie nie n ernstige vertrouensbreuk was tussen wernemer en werkgewer nie, dan weet ek nie wat vertrouensbreuk is nie. Sy hoort nie in die SAPD nie, maar agter tralies!!

Heksie ·

Deesdae kom sekere lede mos letterlik met moord weg … Daars min tyd en plek vir eerbare lede

E.T. ·

Nie net nog steeds werksaam nie…sy is bevorder…Iets klink nie reg nie

Anne-Marié Botha ·

Boete van R 2500 ??? Mense kry meer wat die spoedgrens oorskry. En ‘n bevordering? Net more los ek die onderwys en word ‘n polisielid. En dit alles vir ‘n gangsta! Kan ons nou begin aanneem dat die polisie skrikwekkend korrup is of nog nie? For shame!

Anel ·

En ons seun, wat een van die eerlikste mense is wat ek, wat al amper 10 sukkel om polisieman te word, word afgekeur oor hy glo nie integriteitstoets maak nie. Sê maar verder niks.

Eddy ·

Dis beslis regsverydeling of konflik van belange. Daar is genoeg ordentlike eerbare enkele beskikbare mans daar buite maar nee sy raak toe verlief op n bendelid.So desperaat of onwys kan n mens nie wees nie

Heksie ·

Jy het jou loopbaan op die spel geplaas vir ‘n krimineel, sou hy dieselfde vir jou gedoen het? As ek die SB was, sou ek jou nie eens met ‘n besem vertrou het nie, wat nog te sê in die Gesinsgeweld, kindermishandeling en verkragtings sake.

Lanie ·

Wat se polisie beampte is sy. Sy is veronderstel om reg en geregtigheid te handhaaf. Met polisie beamptes soos sy het ons defnitief nie veiligheid in ons land nodig nie.

Penelope ·

En nou moet ons die SAP vertrou. Jy is ‘n vrot appel en hoort nie in die mag nie. Skandelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.