Saak van tien wat sportmotors glo plunder uitgestel

Vandale takel die luukse motors (Foto: Skermskoot)

Tien mans het Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn in verband met die plundering van spogmotors verlede maand by ʼn motorhandelaar in die stad.

Simon Stanfield (42), Jeffrey Pitolo (45), Keith September (47), Anzio Arnolds (41), Adiel Paul (27), Luke Pretorius (22), Kevin Kiddo (27), John Fernandez (26), Mogamat Stellenboom (25) en Jonathan Peterson (43) het elk op twee aanklagte van roof, poging tot roof en kwaadwillige saakbeskadiging verskyn.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het bevestig dat die saak tot eerskomende Maandag vir aansoeke om borgtog uitgestel is.

Maroela Media het vroeër berig ongeveer 40 mans het op 17 Februarie by The Toy Shop, ʼn motorhandelonderneming in Brooklyn opgedaag en die werknemers met vuurwapens gedreig. Hulle het twee van die voertuie geëis. Toe hulle nie hul sin kry nie, het hulle die luukse voertuie op die vertoonvloer met voorwerpe getakel.

Altesaam agt van die voertuie is in die proses beskadig. Van die werknemers se selfone is ook gesteel.

Die polisie het aanvanklik bevestig dat 13 van dié groep mans verlede Donderdag en Vrydag vasgetrek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Di ·

Hoe voorbarig! Loop in en eis 2 motors asof dit hulle toekom. Die kriminele in die land is besig om hand uit te ruk. Tronk toe met die hele spul

Phillip ·

Dis hoe die grond greiping gaan plaas vind. Dit is maar net n voorsmaakie vir ons hoe hulle ons uit die hius se gaan boender

Sarel ·

Sal seker ook Borgtog kry en die aksie gaan.ook weer mnde duur

Jeanette ·

Phillip nou wil ek by jou weet dink jy die boere gaan dit sommer net so aanvaar en se dis ok vat maar my plaas vir jou en enige ander mens wat hard in sy lewe gewerk het om iets te besit. Nee ek weet nie ek is net ‘n leek in die samelewing maar my brein se vir my daar is iets wat ons erens sal kan en moet doen om hierdie ANC te stop met alles waarmee hulle besig is. Hier is soveel slim geleerde mense in ons land en wil jy nou vir my kom vertel nie een van hulle het al aan iets gedink nie. Nee jinne ons wit afrikaners kan nie net alles oorboord gooi nie. Ek se baie dankie vir Solidariteit en Afriforum vir wat hulle doen hulle is die enigste twee wat nog sake verder vat en iets probeer bereik. Ons moet saam staan anders gaan daar net vrot velle van ons almal oor bly!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.