Saak verander ná Alexandria-boer se wrede aanval

Riaan Scheepers. Foto: Verskaf

Die Oos-Kaapse polisie het Woensdag sy medelye betuig teenoor die familie en vriende van Riaan Scheepers (62), die beesboer van die Alexandria-omgewing wat Dinsdag in die hospitaal dood is, 25 dae nadat hy tydens ʼn plaasaanval wreed aangerand is.

Brig. Morgan Govender, bevelvoerder van die Port Alfred-polisiegroepering, het gesê die polisie ondersoek nou ʼn saak van moord. Die polisie het aanvanklik ʼn saak van huisroof ondersoek.

Siphamandla Petse (24), die man wat op 1 Desember in verband met die aanval in hegtenis geneem is, sal nou tereg staan op aanklag van moord wanneer hy weer op 30 Januarie in die Alexandria-landdroshof moet verskyn. Hy is tans in aanhouding.

Geen verdere inhegtenisnemings is sedertdien gemaak nie en die soektog na sy medepligtige of medepligtiges duur voort.

“Ons versoek die publiek om die polisie te skakel as hulle enige inligting oor die saak het,” het Govender gesê.

Maroela Media het vroeër berig Scheepers, ʼn wewenaar, is op 25 November tussen 08:10 en 09:00 oorval toe hy by sy huis op die plaas, waar hy al 27 jaar lank met vleisbeeste boer, ingestap het. ʼn Plaaswerker het hom hoor skree, maar die werker is deur een van die aanvallers oorval voordat hy hulp kon ontbied.

Scheepers en die werker is albei in die sitkamer van die huis vasgebind en die werker is geblinddoek. Die werker het gehoor hoe twee aanvallers vir Scheepers erg aanrand voordat hulle uiteindelik met ʼn selfoon, ʼn rewolwer en ʼn bakkie op die vlug geslaan het. Die bakkie is later die dag teruggevind.

Van Scheepers se kledingstukke sowel as sy selfoon is tydens Petse se inhegtenisneming in sy besit gevind en vir forensiese toetse gestuur.

Scheepers is ná die aanval in die waakeenheid van die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth opgeneem. Hy het vier skedelkrake opgedoen nadat hy met ʼn stomp voorwerp aangerand is en het ook talle steekwonde aan sy kop opgedoen.

Hy is aanvanklik in ʼn geïnduseerde mediese koma geplaas, maar die verdowing is later gestop. Hy het egter steeds in ʼn koma gebly. Bianca, Scheepers se dogter, het verlede week aan Maroela Media gesê haar pa se breinaktiwiteit styg nooit hoog genoeg dat hy iemand se hand kan druk of enige reaksie kan toon nie.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om kapt. Leon Els by 083 387 0749 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Carel 2 ·

Hoe kom sap van huis roof by moord, was daar nie poging tot moord nie?

Spelling ·

Hierdie ‘Petse’ se spelling is eintlik ‘peste’ en daar is baie van hulle in hierdie land.
Sterkte aan fam. en vriende, tog is die ontneming van ‘n kwaliteitlewe nie meer ‘n lewe.

Geregtigheid ·

Ek hoop dat ons mense begin wakker skrik en besef dit gaan nie stop voor ons self nie iets daaraan doen nie en ongelukkig werk mooi praat, trane en smeek nie…

Besorgde ·

Enige Plaasaanval op Boere gaan om Boere skade aan te doen.
Roof is net n bysaak.
Ek staan by my standpunt dat iemand in Politieke stoel is die dryfveer om Plaasaanvalle te orkestreer.

Andre ·

Al hierdie voorvalle, plaasaanvalle en intransito rowe dra die stempel van die ANC se MK kaders se invloed wie nie poste in die regering gekry het nie.
Andre.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.