Saak vinnig uitgegooi teen boer wat glo vuurwapen rig

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Saak teen Herman de Wet, voorsitter van die TLU-SA in KwaZulu-Natal, is Woensdag uit die hof in Dundee, KwaZulu-Natal gegooi, nadat hy aangekla is daarvan dat hy ʼn vuurwapen op ʼn groep persone gerig het.

De Wet het Woensdag aan Maroela Media gesê die saak is uitgegooi as gevolg van ʼn gebrek aan bewyse. Die saak teen sy buurvrou, Karen Strydom, wat in hegtenis geneem is in verband met dieselfde aanklagte, is ook uit die hof gegooi.

De Wet het gesê sy buurman, Hennie Strydom, het Maandag by sy plaas in Rorkesdrift, Dundee, aangery gekom toe hy sien hoe mans met ʼn trekker en ʼn sleepwa vol hout uit sy plaas gery kom. “Hy het sy voertuig in die hek parkeer om die mans op die trekker te verhoed om met die hout weg te ry en gesê hy gaan die polisie ontbied,” het De Wet verduidelik.

“Die persoon op die trekker het egter gesê hulle wag nie vir die polisie nie, en wou in Hennie se voertuig klim om dit weg te trek sodat hulle kon wegry. Drie mans, wat op die trekker gery het, het Hennie aangerand.”

Volgens De Wet kon Hennie sy vrou, Karen, skakel om vir haar te sê sy moet die polisie bel. Toe Karen egter kontak met haar man verloor, het sy De Wet gekontak en gesê hy moet asseblief die polisie bel, daar is moeilikheid en Hennie antwoord nie sy selfoon nie. Sy het slegs ʼn vierwielmotorfiets gehad en het na haar man toe gery.

“Ek het Helpmekaar-polisie gekontak en hulle in kennis gestel van die situasie, maar die patrolliemotor was ongeveer 35 – 40 minute ver,” het De Wet verduidelik. “Ek het self in my bakkie geklim en na die toneel gery. In hierdie stadium was Hennie en Karen reeds omring deur tussen 30 en 40 swart mense wat met hamers en knopkieries gewapen was. Dit was duidelik dat hulle lewens ernstig in gevaar is.”

De Wet het in Zoeloe vir die groep persone gesê hulle moet op die bakkie klim, die polisie is op pad. “Hulle het egter in woede bly skree.”

Hy verduidelik hy het ʼn .22-geweer in sy bakkie en hy het die wapen uit sy sak gehaal. “Ek het met die kolf teen my sy gestaan en die loop in die lug gehou – die loop was dus teen ʼn helling van ongeveer 60 of 70 grade in die lug. Daar was egter steeds geen reaksie onder die skare nie. Ek het die wapen se slot oopgemaak en ʼn rondte in die kamer gesit, waarop die skare uiteindelik kalmeer het.”

Volgens De Wet het die trekker steeds bly luier en hy het een van die mans ook gevra om die trekker af te skakel, want die polisie is op pad en dit is alles bewyse. “Ek het in hierdie stadium die geweerband van die wapen oor my skouer gesit, maar die mans het op die trekker geklim en weggejaag.”

De Wet het Hennie Dinsdag na die distriksgeneesheer geneem omdat bloed uit sy ore gekom het, hy het ook bloed aan sy elmboog en in sy lieste gehad. Sy oë was ook geswel.

Die polisie het De Wet en Karen intussen laat weet dat hulle Dinsdagoggend saam met die stasiebevelvoerder en mnr. Sithole, wat na bewering Hennie se hout gesteel het, by die polisie moet aanmeld, sodat elkeen kan sê wat gebeur het.

ʼn Advokaat kon reël dat De Wet en Karen eerder Woensdagoggend by die polisie moet aanmeld. De Wet is in hegtenis geneem vir die rig van ʼn R4-geweer met ʼn kamera en Karen is daarvan aangekla dat sy ʼn haelgeweer gehad het. “Sy het geen vuurwapen by haar gehad nie,” het De Wet verduidelik.

De Wet en Karen is daarna na die Dundee-hof geneem waar die saak uitgegooi is as gevolg van ʼn gebrek aan voldoende bewyse.

Volgens De Wet het die regering vroeër die Strydoms se aangrensende plaas gekoop en mnr. Sithole, wat op dié plaas woon, het in Februarie aangevoer Hennie het sy plaas gesteel. “Die departement van grondsake het egter die grense duidelik uitgewys en bevestig dat die plaas wel regmatig aan mnr. Strydom behoort. Intussen het mnr. Sithole egter keer op keer hout gaan haal op die plaas en voer aan dit is sy hout, van sy plaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jordaan ·

Mnr Sithole verstaan skynbaar nie hoe eiendomsreg werk nie

DB ·

So hy het grond en is ryk volgens sy regering, maar wil nog steeds gaan oes waar hy nie mag nie. Kom ons los dit daar.

Cherokee ·

Nou waarom wil jy dit ‘daar los’? Te veel dinge word ‘daar gelos’. Dit moet opgevolg word.

Jakalas ·

En daar is niks aan Sithole gedoen a.g.v die aanranding nie? In teen deel, as hulle iemand dood geskiet het was hulle binne die reg om dit te doen omdat hulle lewens in gevaar was. Ek wonder wat Sithole sal doen as die ou oor na sy plaas toe gaan om van daai hout terug te vat?

Frikf ·

Daar sal dadels kom van die hele insident. Se weer die was n rasse aanval van 30 tot 40 Swartes op n ongewapende Blanke boer

Libby ·

Ek moet ongelukkig saam stem. Die hout klink vir my net na ‘n verskoning om op die plaas te kom en te kan sien wat daar is en om die boer en sy familie te treiter…

Bonnita ·

So dus mag jy nie jou eiendom of lewe beskerm nie, dan word jy inhegtenis geneem, maar indien jy openlik steel, kom jy weg daarmee! Hierdie onregverdige optrede teenoor wetgehoorsame burgers is verstommend

Gerda ·

Hoekom is dit ‘mnr’ sithole maar die blankes word op hul name genoem en nie MNR en MEV NIE?!!???

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerda

Ons het ongelukkig nie mnr. Sithole se voornaam nie. Die gebruik is om aanvanklik die persoon se naam en van bekend te maak en daarna slegs op die persoon se van na hom of haar te verwys. In ‘n geval soos hierdie, om te onderskei tussen mnr. en mev. Strydom, is dit bloot makliker om na hulle op hul voorname te verwys.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Noem my ·

Noem my enigiets behalwe “Meneer” want dis ‘n ding wat tuishoort in die nuwe SA en ek haat dit.

Ella ·

Hoekom word meneer Sithole nie aangeklae van diefstal. Daarom doen almal dit want mense kom web met Moore in Suid Afrika. Waar is die respek vir Ander mense se eiendom

Theuns ·

As jou lewe in gevaar is kan jy mos maar die vuurwapen rig? Of moet jy maar eers wag tot jy aangerand word voordat jy jou wapen rig wat in die geval wel gebeur het? As jy aangerand word het jy mos genoeg rede om te skiet? En die arrogansie om na die polisie stasie ontbied te word om na die klagte van jou swart buurman te gaan luister? Het die boer wat aangerand en sy hout wat gesteel is’n saak gemaak by die polisie toe die Polisie uiteindelik op die plaas aangekom het? Wat gebeur hier? Die wit man en die vrou word onmiddelik aangekla, sommer daar in die dorp, en na ‘n Hof geneem om gestraf te word? Gelukkig het die Landros gesien daar is nie genoeg bewyse nie en die saak uitgegooi!! Die geweer van die boer,’n .22 word net daar en dan ‘n R4 met nogal ‘n kamera, bedoel seker ‘n teleskoop? Sover ek kan sien moes die enigste klagtes gewees het teen Mr Sithole 1 van diefstal en 2 van aanranding om ernstig te beseer en 3 van betreding? As ek die Boer is sal ek ernstige klagtes le teen die Polisie. Hier is ‘n saak wat deur OPOD ondersoek kan word. Die vraag is net sal McBride sy job doen?

Jakes ·

Hoekom word die witman in die artikel net as De Wet aangespreek en die swarte is MENEER

Sune van Heerden ·

Dagsê Jakes

Ons het ongelukkig nie mnr. Sithole se voornaam nie. Die gebruik is om aanvanklik die persoon se naam en van bekend te maak en daarna slegs op die persoon se van na hom of haar te verwys. In ‘n geval soos hierdie, om te onderskei tussen mnr. en mev. Strydom, is dit bloot makliker om na hulle op hul voorname te verwys.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

wilma ·

Wil mos net demand. Nog nooit n steek werk verrig nie en wil net inpalm.

Pieter ·

Die voorval bereik nie die media nie. Waar is Kyknet? Dankie Maroela! Die skuldiges hier is die Sitholes en die polisie.

Pat Wiehahn ·

Ek is verward bly self op n plaas weet nie meer wat ons reg is nie..waneer mag ons nou vuurwapens rig, skiet of slaan kinders diere en eiendom beskerm op ons plase waarvoor ons emmers vol betaal het en baie hard op werk…kan n op datum regsgeleerde ons dalk inlig asb…en dan sommer vir ons die geskrewe gee om dit te bevestig…..ek is seker daar is baie wat soos ons voel verward?

Freud ·

Ek wil graag ‘n foto sien van ‘n R4 geweer met ‘n kamera op. Is dit ‘n Canon of ‘n Pentax wat op die geweer gemonteer is?

Johannes Meintjes ·

Ons moet nie moed opgee nie. Doen die regte ding. Verdedig jou lewe, jou gesin se lewe en jou besittings met al jou mag. Gebruik die reklame, insluitende die optrede van terroriste en die optrede van die SAPD ten goede en as toenemende bewyse van volksmoord in SA. Brei die konserwatiewe media verder en nog meer effektief uit, asb. Dankie aan TLU en hulle regsspanne.

Brett ·

Dit het al duisende kere gebeur. Elke plakkerskamp naby ‘n dorp was eers ‘n plot.

Die dinge gaan aanhou eskaleer totdat van die wittes vermoor word en die oorlwewendes trek en die eiendom oorgegee word aan die bank.

Die polisie moet vasgevat word! Le klagtes van betreding. Dagvaar die SAPS vir onregmatige arres. Nou wil hulle kom TRC speel?

Confused ·

Ek is heeltemal confused…. Hoe kla hulle iemand aan wat ‘n haelgeweer by haar gehad het…. As ek die regmatige eienaar van daai wapen is en het ‘n lisensie vir hom en dis op my grond gee my een goeie rede hoekom mag ek nie my haelgeweer by my hê nie…

TransOranje ·

Dis jammer, maar blykbaar onvermydelike konfrontasie in die gryp na mag. Alles gaan oor grondbesit. Waar kan ‘n Volk vry wees en ekonomies aktief sonder grond? Die ANC en EFF leer hul volgelinge dat grond en veral witman grond alle-mans grond is (“gesteel is en daarom gegryp mag word”). Dis tyd dat ons besef die Afrikaner is uitgelewer aan ‘n “gepeupel regering” (Dis wat Dr Treurnicht van die Konserwatiewe party voorspel het, sal gebeur). Die onregverdige uitspeel van hierdie insident klink baie dieselfde as die tyd rondom 1834 wat aanleiding gegee het vir die Groot Trek. Dis tyd vir die Afrikaner om ernstig te besin oor sy toekoms, sy wil om te leef en vry te wees onder ‘n Afrika son. Daar wag groot uitdagings op ons Volk. Ek is van mening dat 2017 ‘n beslissende jaar gaan wees om die Afrikaner / Boer finaal te probeer vernietig. Sterk staan en kry jou rug teen ‘n veilige muur van eie mense ….

Gawie Botha ·

Meineed,want iemand moes n be-edigde verklaring afgele het sodat Mnr en Mev. Strydom gearesteer kon word en in hegtenis geneem kon word,andersins was dit n onwettige arrestasie. Prima faci bewys dat Sitholi en al sy getuies gelieg het,daarom is die saak in die hof uitgegooi, Mnr en Mev Strydom moet verdere regsadvies inwin en n seviele eis instel.

vloermoer ·

Dit sal raadsaam wees vir Mnr en Mev Strydom om waaksaam te wees. Ek glo amper nie dat dit die einde van die petalje is nie. Net baie bly hulle het die skermutseling oorleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.