Saak word hervat teen Parys-boere

Die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Die saak teen die sewe boere van Parys wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers wat in Januarie deur ʼn groep boere op ʼn plaas in die distrik aangekeer is, sal Vrydag in die plaaslike landdroshof hervat word.

Die beskuldigdes, kapt. Henk Prinsloo, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen sal na verwagting almal in die hof verskyn. Hulle is almal vroeër op borgtog vrygelaat.

Die polisie was reeds van vroeg Vrydagoggend op ʼn hoë gereedheidsgrondslag en roldraad is weereens voor die hof gespan. Verskillende politieke en ander groepe betogers word voor die hof verwag, maar teen 08:00 was dit nog stil.

Die staat beweer dat die beskuldigdes verantwoordelik was vir die aanranding en moorde van Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Tjixa en Jubeba was na bewering op 6 Januarie betrokke by ʼn plaasaanval in die gebied. Hulle het na bewering van die toneel gevlug en die boer het alarm gemaak.

Kort daarna het ʼn groep boere die twee vermeende aanvallers op die plaas vasgetrek en die polisie is ontbied. Die staat beweer Prinsloo was een van die eerste polisielede op die toneel en het glo die boere gehelp om Tjixa en Jubeba aan te rand.

Ao. Isaac Tshabalala, die voormalige ondersoekbeampte, het voorheen in die hof getuig toe hy op die toneel opdaag, was Tjixa en Jubeba erg aangerand, hul gesigte was geswel en een het “krapmerke oor sy gesig gehad asof hy gesleep was”. Die twee mans is na ʼn hospitaal gebring waar hulle later aan hul beserings beswyk het.

Zenzile Megadlele, ʼn woordvoerder van die ANC, het tydens ʼn vorige hofverskyning aan Maroela Media gesê die oorledenes was nie plaasaanvallers nie, maar onskuldige plaaswerkers wat vermoor is toe hulle hul lone by die plaas gaan haal het.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tiger ·

Ons hou styf duim vas vir al die aangeklaagdes vir vandag verrigtinge!VRYSTAAT!!Dis duidelik dat boere MEER moet meganiseer en minder of verkieslik glad nie van swart arbeid gebruik maak nie.My swaer werk al jare vinger alleen en hy het tot redelik onlangs toe nog sy melkery ook bedryf met net sy vrou se hulp.Maar ‘n melkery het nie meer lonend geword nie EN is veeleisend so hy plant nou net gewasse.Dit KAN gedoen word mense!

maricia ·

Sterkte aan ons boere.God is met julle. Kyk hoe word ons boere aan gerand en gemartel.wat word daarvan hulle kom skot vry en moor maar weer.
Sal maar eerder niks verder se nie.

Frederik ·

Die sg Valke het nou al van kinders tot oupas gearresteer vir die dood van die twee plaasaanvallers. Dit is eintlik snaaks dat hul nog nie van die boere se vrouens ook gearresteer het nie. En steeds, 3de landdros en al, het hul geen saak nie. Maar die vervolging moet aangaan, want dis swartes wat dood is.

Jo ·

Die woordvoerder van die ANC se hulle was “onskuldige” plaaswerkers. Klink vir ny na n rilller.

Sune van Heerden ·

Dagsê Stev

Ons kan ongelukkig nie kommentaar lewer oor ‘n berig wat op ‘n ander platform gepubliseer is nie.
Kontak gerus die redaksie van die betrokke webwerf.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Boerjie ·

As hulle dan onskuldige plaas werkers was wat lone gaan haal het dan sal die boere mos bewyse he van dit. Ook snaaks dat hulle by die verkeerde plaas hulle lone wou gaan haal het.

Manie ·

Die gemeenskap sal nie so optree soos beweer is deur valke nie. Hoekom die mense jag oor lone.
Hulle het gegaan om te roof vir vergoedong want die “Boere” skuld mos vie almal geld al het hulle nie daarvoor gewerk nie!!!
Dit was in .my opinie’n plaasaanval wat toe nou nie so lekker gewerk het nie.
Dat daar oor regeer is : Seker Ja.
Indien hulle wel sou slaag sou die Boer en sy vrou dood wees. SEKER JA. So doen wat jy moet doen om te oorleef.

François ·

Onskuldige werkers wat net hul lone wou gaan haal? En dit op ‘n ander plaas? R20000.00 lone? Met ‘n vuurwapen? Na die één na ‘n week gedros het & die ander een na ‘n maand gevra is om te loop? Watter regdenkende mens sal dit glo? Daardie sogenaamde woordvoerder van die ANC tas darem my integriteit ongeskik aan om te dink ek sal dit glo! Voormalige ondersoekbeampte? Wat & wie gaan nog vervang word om na ‘n sekere element van ons samelewing se pype te dans?

Johannes Meintjes ·

Kan iemand my help of verwys asb. Ek kry nie beriggewing oor die voortslepende hofsake teen die regering, SAPD, kriminele elemente en die talle plaasmoordenaars op vrye voet in SA nie. Ek sien ook nie hofsake oor die versuim van GPF en Buurtwagte on na behore te organiseer en te handel om misdaad in SA effektief te stuit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.