“Saam in Christus is ons sterk,” sê Carl Pistorius ná vonnisoplegging

Oscar Pistorius se broer, Carl, het Dinsdag van Twitter gebruik gemaak om te reageer nadat sy broer tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is in verband met die skietdood van Reeva Steenkamp.

Carl Pistorius het kort na vonnisoplegging ʼn foto van hom en sy broer op Twitter gelaai:

Hy het kort hierna die volgende getwiet:

Carl het ook daarna verwys dat sy broer minstens ʼn sesde van sy vonnis moet uitdien voor hy vir korrektiewe toesig in aanmerking sal kom:

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marthie van Vuuren ·

Mag die Here my help dat ek nie kritiseer en oordeel nie
My gebed deur al hierdie maande was dat God se reg en geregtigheid sal geskied
Ek glo dit het en ek voel baie jammer vir Oscar en sy familie – ook vir die Steenkamps
Die grootste straf vir Oscar is dat hy van roem en die boonste gestoeltes so ver na
benede moes val dat hy niks – behalwe sy familie en God oorhet nie Ek glo nie hy sal
ooit werklik van die herinneringe en die vreeslike gevoel van “as ek maar…” ontslae kan raak nie !
Hy moes op die harde manier die waarde van mense en hulle omgee leer ken en ek glo hy het
Ek bid dat hy in die tyd wat voorle, die Here in gees en waarheid sal leer ken en dien
As dit dan moes gebeur sodat die Here sy siel kan red, dan sing ek Hallelujah !!
Soos sy broer Carl tereg gese het :”In Christus sal hulle oorwin!”
Marthie van Vuuren

Leeutjie ·

Marthie jy het ‘n skitterende stuk geskryf. Dit getuig van gesonde denke en Christenskap. Ek hoop dat ons wat op die forum skryf mekaar kan ondersteun en positiewe bydra’s kan lewer (soos jy pas gedoen het). Dit is so lekker om te lees hoe God se kinders hierdie hele verskriklike gebeurtenis kan hanteer en God se beeld uitdra na die wereld hierbuite.

Eben ·

Ek stem saam Leeutjie …. puik gedoen Marthie. Is dit nie ook God se manier om mens(e) nader na Hom te trek. Daardie verdwaalde skapie? Baie sterkte aan beide die families en hoop hulle sal berusting vind hoe swaar ookal!

Christine Vorster ·

Ek verskil van Regter Masipa se bevinding dat Oscar nie aan moord skuldig is nie. Dolus eventualis was na my mening wel ‘n faktor in die saak en ‘n skuldigbevinding aan moord op daardie basis sou eerder die korrekte uitspraak gewees het. Sou mens egter aanvaar dat die uitspraak korrek was, meen ek dat ‘n gepaste en gebalanseerde vonnis opgele is. Ek wens vir Oscar sterkte toe en hoop dat hy ‘n tweede kans gegun sal word om ‘n positiewe bydrae tot die samelewing te lewer wanneer hy vrygelaat word. Baie sterkte ook aan die Pistorius-familie.

lynni ·

Ek sien nou opskrif op News24 ‘Zuma kritiseer Oscar se verdedigend span’. Ai, hy is die laaste wat kan praat. Wil ook nou eier le.

Luke ·

Carl ons bid vir julle, staan sterk en staan saam, julle sal oorwin. Die mens veroordeel maar God alleen sal eendag oordeel. Hy ken die waarheid maar oordeel regverdig. Bewaar hulle wat tans klippe gooi want hulle self woon in glas huise.

Elizabeth ·

Laat ons almal ‘n paar lesse hier leer: 1. Ons was nie een daar en weet NIE presies wat aanleding gegee het tot die daad of wat presies gebeur het nie. 2. Oordeel nie – die oordeel waarmee jy oordeel sal ook jy mee geoordeel word. 3. Haat en haatspraak en vingerwysing maak mens siek van binne en lelik van buite. 4. Vergifnis is groot – nie altyd maklik maar die enigste manier om die seer in mens te verwerk. 5. Reik uit na ander, help mekaar en betoon liefde aan jou naaste, dis eintlik maklik! Ek dink aan die Steenkamps en hoop hul sal aanvaarding kry – mag hulle maniere vind om iets positiefs uit hierdie negatiewe gebeurtenis te haal – ek verwys hier graag na die Amerikaans student wat destyds in die Kaap met klippe gegooi en dodgesteekis (Amy Biehl – 1993) en haar ouers het dadelik haar moordenaars vergewe en is betrokke by hulle om hulle hul lewens te laat omdraai – dit is WARE verifnis en Christenskap. Ek bid vir Aimee en die hele Pretorius familie wat gewys het hoe ‘n familie sterk kan bymekaar staan. Sterkte vir almal van hulle. OSCAR – sterkte vir jou!!

Elizabeth ·

Ek wou ook net byvoeg: “ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee” Fil 4: 13 – mag dit jul almal deur hierdie moeilike tyd dra. God het ‘n plan met alles – wel nie altyd vir ons duidelik nie, maar met tyd sal ons verstaan.

Monica ·

Onthou net dat ‘n wonderlike jong vrou haar lewe verloor het en dat sy en haar familie die slagoffers in hierdie sage is. Ek dink so baie aan hulle. Kon sien hoe haar Pa en Ma ouer word namate die hofsaak verloop. Wil net byvoeg dat dit nie God se Wil was dat Reeva haar lewe voortydig verloor het nie.

Jaco Lambrechts ·

Eers vloek, skel en slaan Oscar en sy broer oral in situasies waar hulle dink hulle is besig om tweede te kom, en nou dat hulle regtig in ‘n gemors is, is hulle skielik “een in Christus”. Hulle misbruik godsdiens en gee Christenskap n baie sleg naam.

Sofia ·

Ek is nou nie seker of ek verkeerd is of wat nie. Ek persoonlik dink nie die vonnis is genoeg nie. Hoeveel mense daar binne in die selle het nie eers moord gepleeg nie en hulle kry 16 jaar +. Dan kan hulle eers huis ares of parool na 4- 6 jaar, waar pistorius na 10 Mnde in lyn staan vir huis ares. Dis net nie regverdig nie. Nou word daar gese omdat hy n disability het kry hy extra care, hoeveel mense is nie daar binn wat net een been en een arm het, en hy moet maar tevrede wees met die minste en moet nog saam ander in selle bly waar Pistorius sy eie sel het. ek voel net die regstelsel werk nie regverdig nie, een persoon kan nie minder kry as ander nie hy het n jong vrou se lewe geneem. Ek weet nie die regstelsel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.