Saamgestelde ivermektien nou beskikbaar op doktersvoorskrif

(Foto: Luis Robayo/AFP)

Die burgerregteorganisasie AfriForum en dr. George Coetzee het sukses behaal nadat ’n skikking oor die samestelling en beskikbaarstelling van ivermektien met die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) bereik is.

Dié skikking bepaal onder meer dat ’n medisyne wat ivermektien as ’n aktiewe bestanddeel bevat op 16 Maart 2021 deur SAHPRA ingevolge die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe 101 van 1965 geregistreer is. Die effek van dié registrasie is dat ivermektien saamgestel mag word en die beskikbaarstelling van en toegang tot ivermektien kan daarom ingevolge artikel 14(4) van die Wet plaasvind. Die skikking bepaal ook dat SAHPRA en die minister van gesondheid, gesamentlik en afsonderlik, ’n bydrae van R500 000 tot die koste van die applikante sal betaal.

“Ons weet almal dat Covid-19 ’n gevaarlike siekte is, en ongelukkig is daar geen enkele wonderkuur wat die pandemie eiehandig kan oorwin nie sê,” dr. Coetzee, wat ook die eerste applikant in dié geding is. “Die belangrikste faktor in die stryd teen Covid-19 is elke mens se eie immuunstelsel. Ivermektien lewer ’n groot bydrae in dié verband en daarom is die toegang tot en die beskikbaarheid daarvan veral vir die meer kwesbares en behoeftige meerderheid van die bevolking onontbeerlik vir ons om mense gesond te kan maak. Hierdie skikking bring vir my groot vreugde omdat dit ’n groot oorwinning vir pasiënte en dokters is wat hul eed om mense gesond te maak met erns bejeën.”

Die skikking beteken prakties dat dokters ivermektien aan pasiënte kan voorskryf indien hul oordeel dat dit nodig is. Pasiënte kan dan dié voorskrif by enige apteek waar saamgestelde ivermektien beskikbaar is, gaan indien en ivermektien aankoop. “Geen artikel 21-aansoek of -rapportering is nodig vir saamgestelde ivermektien nie. Ons is baie bly omdat maklike toegang tot ivermektien vir dokters en pasiënte nou moontlik is,” sê Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum.

Omdat ’n medisyne wat ivermektien as aktiewe bestanddeel bevat nou geregistreer is en ivermektien as ’n skedule 3 middel gelys is, kan ivermektien nou vir ander gebruike as wat op die geregistreerde medisyne se etiket staan (“off-label”) deur dokters gebruik word, wat die behandeling van Covid-19 insluit.

Die skikking is nog nie ’n bevel van die hof nie en die saak word Donderdag voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Herms

Dis goeie nuus. Ek wonder in wie se sak die R500000 gaan val.

Casper

Dit is goeie nuus.Ek wonder net of dit as voorkomend en of genesend gebruik kan word.Ek glo die R 500.000 is vir regskostes aangegaan deur die applikante.

Jack

Wys jou maar net waar die skeiding tussen magsbeheptheid en logika inkom. Welgedaan en mag daar minder slagoffers van die virus wees. Baie lewens kon gespaar gewees het maar wat is n lewe werd in die land van geweld en onderdrukking.

Baardman

Weereens DANKIE AfriForum. As ons vir die DA moes wag, sou dit dalk nooit gebeur het nie.

A

Kan iemand vir my na ‘n groot, ordentlike portuurbeoordeelde navorsing wys dat Ivermectin werk as ‘n voorbehoedmiddel?

Want al wat ek sien is navorsing wat bewys dat die effekte is maar weglaatbaar en in Brasilië, waar dit wyd verbruik is, het hulle massiewe gevalle.