SAB bereik ooreenkoms oor bier

(Foto: pixabay)

Die SAB het ʼn ooreenkoms met die regering bereik om sy voorraad – alkoholiese en nie-alkoholiese drankies – veilig van sy vervaardigingsaanlegte na sy depots te vervoer.

Maroela Media het verlede week berig die SAB het reeds begin om miljoene liter bier wat klaar gebrou is te stort omdat hy ingevolge die afsonderingsregulasies nie toegelaat is om drank te vervoer nie.

Die SAB het in daardie stadium sowat 132 miljoen liter bier – oftewel sowat 400 miljoen bottels – gehad, wat klaar gebrou is en in tenks gelê het. ʼn Brouery mag net ʼn sekere hoeveelheid gebroude bier stoor. Wanneer dié hoeveelheid bereik word, moet die bier na ʼn stoorfasiliteit geskuif word.

Bergingsfasiliteite by al sewe SAB se brouery het hulle volle kapasiteit bereik en die onderneming moes weens die vervoerverbod van sy bier begin stort.

Die SAB het Maandag gesê hy het nou ʼn ooreenkoms met die regering bereik wat hom toelaat om die voorraad oor die volgende paar weke te verskuif – en ʼn verlies aan aksynsbelasting van nagenoeg R500 miljoen vir die regering te verhoed.

“Die SAB wil sy dank aan die regering betuig. Die besluit in dié moeilike tye is ʼn duidelike aanduiding dat ons kan en moet saamwerk om oplossings te vind om die inkomste van die meer as 250 000 Suid-Afrikaners in die SAB se breë waardeketting te beskerm,” het die maatskappy gesê.

Die verkoop en verspreiding van alkohol bly op vlak 4 van die afsonderingstydperk steeds verbode.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Fedup ·

Why should they still have to pay R500mil, after losing much more product than that? Sounds stupid to me. I personally feel the government should pay them.

Eclectus ·

This is not money owed by SAB, this is the excise coming from consumer pockets once this beer is sold.

Henk ·

” SAB wil net sy dank betuig aan die regering ” hou op gatkruip asb ! ! Die regering is vir absoluut niks goed nie , net mooi niks ! !

ElizeK ·

Nou is ek sommer die oorlog in. Net omdat die regering weer R500 miljoen kan maak, word die skuif nou skelik goedgekeur.
Hierdie besluitnemers is uiters “biased”

Eclectus ·

Ja en nee, want hulle het reeds meer as dubbel dit op sigaretverkope verbeur en daaroor kraai g’n haan.

Boortor ·

Ek se ook ons moet ophou gatkruip en se wat ons wil se. Gaan ons hulle bedank oor ons mag asemhaal!!?? Nee…nie hierdie perd nie! Ons moet ophou om polities korrek te wil wees en ons lewens en ekonomie terug vat met of sonder die lot! Basta met julle!

JohanR ·

Hoekom moet daar vir elke liewe en klein ding geveg word. Het hierdie ANC KGB komittee nie verstand nie? Daar is sekere prosese wat nie eers deur ‘n lockdown kan gekeer word nie….hy gaan op sy eie aan. Kan mens dink in ‘n plek soos Duitsland die geskree as brourye aankondig hulle gaan duisende liters bier in die drein afgooi? Soos in die sigarette saga speel die ANC altyd vir tyd. Kan ek voorstel as ‘n maatskappy of ‘n individuele die ANC nou wil hof toe vat dat daar nie eers gese word of gevra word nie. Doen dit en laat die baljou vir die ANC die papiere gee. Let the gloves come off!!

Pompies55 ·

Cyril se termyn gaan vinnig end danksy zol en hoedman!Hulle regeer klaar die land met n ystervuis

Gawie ·

Uiteindelik iets wat die regering reg doen, maar nee, die mense moet kla. Daar móet met iéts fout gevind word.
Waarom altyd die ergste in alles sien? Dit moet erg wees om in só ‘n donker en negatiewe wêreld te leef!

Pieter ·

Gooi die bier weg. Dank die lot af laat die ANC vir hulle werk gee

Queline ·

Hulle moes eintlik daai bier geskenk het aan die wat so dors is :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.