SAB voorbereid vir vlak 3

(Foto: pixabay)

Alkohol sal vanaf Maandag weer in Suid-Afrika gekoop en verkoop mag word wanneer vlak 3 van die afsonderingstydperk ingestel word. Die SAB het nou verskeie maatreëls ingestel om die risiko van verspreiding van die koronavirus gedurende vlak 3 te verminder.

“Die bedryf het gesamentlik aan verskillende oplossings en maatreëls gewerk om te verseker dat afsetpunte vanaf 1 Junie op ʼn verantwoordelike manier kan handel dryf en hulle by die streng Covid-19-veiligheidsprotokol hou,” het Zoleka Lisa, visepresident van korporatiewe aangeleenthede by die SAB, in ʼn verklaring gesê.

“As ʼn bedryf is daar baie gedink oor hoe afsetpunte soos tavernes, mikrobrouerye, distilleerders en wynverkopers by die regulasies ingesluit kan word, en dat tavernes met die regte ondersteuning erken word as ʼn [afsetpunt] waarin handel veilig gedryf kan word. Dit sal die risiko van verspreiding van Covid-19 tot die minimum beperk, terwyl ekonomiese bedrywighede steeds hervat kan word,” het Lisa gesê.

Die SAB het nou veiligheidsmaatreëls spesifiek vir tavernes ingestel. Dit sluit in die verskaf van persoonlike beskermingstoerusting soos maskers, gesigskerms en handreiniger aan tavernes oor die hele land.

Volgens Lisa sal eienaars van tavernes verder ingelig word oor die belangrikheid van verantwoordelike alkoholinname en die “moets” en “moenies” van handel gedurende die Covid-19-pandemie.

“Aangesien Suid-Afrika die verkoop van alkohol in vlak 3 hervat, wil SAB handelaars herinner om ten volle aan veiligheidsprotokol te voldoen wanneer hulle aan lede van die publiek verkoop, en dat verbruikers verantwoordelik en matig in die veiligheid van hul huise moet drink,” het Lisa gesê.

Maroela Media het vroeër berig die SAB moes vandeesmaand miljoene liters bier stort wat klaar gebrou is omdat hy ingevolge die afsonderingsregulasies nie toegelaat is om drank te vervoer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Drink maar moet net nie rook nie. Hierdie ANC regering is n sirkus. En en ons belasting betalers betaal die klomp narre se selarisse

JohanR ·

Ek weet verklik nie wat die ANC se agenda is nie, maar waar gooi ‘n regering biljoene – 000000000000 en biljoene – 000000000000, net soe weg sonder om te blik en te bloos. Het hulle nie die geld nodig? Het die land nie die geld nodig? Nou al nege weke van geen drank of sigarette verkoop, en dit pla hulle blykbaar glad nie. Die uitgawes van Jan Taks gaan seker in 2020/21 grooter wees as die insameling soe wat gaan in die land aan? Gaan China kom met ‘n groot geld inspuiting in ruil vir…..WAT?

Eerlik ·

Ek hoop die polisie en weermag staan gereed vir hierdie ontploffing. Dink hulle werklik dat tavernes by die bepaalde handels tye gaan bly? Good luck!

Jaco ·

daars glo 11 miljoen rokers in SA. Die TOTALE wit bevolking is maar 4 miljoen, So nou wonder ek maar net; waarom diskrimineer die anti-wit ANC-regering dan ook teen hulle eie mense? Waars die human rights dan nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.