SAB wen saak teen Amstel Lite

Amstel Lite teenoor Castle Lite

Amstel Lite teenoor Castle Lite

Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het Brandhouse Beverages aangesê om sy verpakking van sy Amstel Lite produk te verander.

Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) het ʼn klag ingedien oor die produk en aangevoer dit gebruik dieselfde kleure en kleurkombinasie as sy Castle Lite-produk. “Dit veroorsaak dat die produk nie maklik in die handel onderskei kan word nie,” het SAB gesê. “Die produkte word gewoonlik naby mekaar uitgestal en verpak en dit vererger die probleem.”

Brandhouse het aangevoer dat Amstel se primêre kleure nog altyd groen, goud en swart was met sekondêre kleure rooi en blou. Die maatskappy het gesê volgens marknavorsing word blou of groen en silwer wyd gekoppel aan ligte bier in die internasionale mark. “Die finale ontwerp is eers goedgekeur na omvattende gebruikersopnames gedoen is en die ontwerp word beïnvloed deur vervaardigingskwessies wat in berekening gebring moet word,” het Brandhouse gesê. “ʼn Groot hoeveelheid onafhanklike werk is deur die respondent, sy ontwerpers en sy marknavorsingsagentskap gedoen om die Amstel Lite-verpakking voor te berei.”

Die GRS het egter bevind dat Brandhouse artikel twee van die advertensiepraktyk-kode oortree het. “Die direktoraat beslis dat Amstel Lite se sespak-plastiekomhulsel en Amstel Lite-blikkies en -botteltjies die klandisiewaarde van die klaer se Castle Lite sespak-plastiekomhulsel en sy Castle Lite-blikkies en -botteltjies uitbuit,” het die GRS in sy uitspraak gesê.

Brandhouse is beveel om onmiddellik die verpakking van Amstel Lite terug te trek en dit moet binne ʼn week na die uitspraak geskied, of binnekort daarna. Die maatskappy mag ook nie weer die verpakking in sy bestaande formaat gebruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sollie ·

Hoe belaglik alweer! Net soos die sjokolade satfies so ruk terug. As mense van JOU produk hou sal hul beslis nie die twee produkte verwar nie. SAB verkoop seker nie so goed nou gryp hulle na strooihalms. Amstel moet sommer sarkasties wees en op hul produk sit This is NOT Castle Lite, we are the better brand.Natuurlik sal hul nie mag hoewel oorsese lande kan jy bv jou produk met ‘n ander vergelyk met name en al en sê kyk hoeveel groter is ons burger of watookal teenoor hierdie een. DIS vryheid van spraak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.