SABC2 beboet oor Swartwater-sekstonele

swartwater1-e1394474868714Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het SABC2 met R10 000 beboet nadat eksplisiete tonele sonder waarskuwing tydens die heruitsending van die Afrikaanse dramareeks Swartwater gewys is.

Okosa het bevind dat hoewel die dramareeks self nie ‘n ouderdomsbeperking verg nie, die tonele van intieme gesoenery en geïmpliseerde seks van so ‘n aard is dat dit later uitgesaai moes word of daar kennis gegee moes word dat dié tonele nou uitgesaai gaan word.

Cheryl Coetzer het die klag by Okosa aanhangig gemaak en gesê hoewel haar gesin nie Swartwater kyk nie, hulle wel die nuusbulletin voor dit kyk.
Coetzer sê op die aand van 29 April het sy egter nie onmiddellik die kanaal verander nadat hulle die nuusbulletin gekyk het nie.

“Hulle het ‘n toneel gewys waar ‘n man en ‘n vrou besig is om seks te hê in ‘n stegie. Dit is nie reg nie, my vierjarige kleinseun wou weet wat hulle doen en ek laat nie eers toe dat my 14-jarige dogter rolprente wat sekstonele bevat, kyk nie.”

Okosa het tot die gevolgtrekking gekom dat Coetzer se klag geldig is aangesien SABC2 die uitsaaikode oortree het deur nie ‘n waarskuwing te gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Lize ·

Tannie jou 14 jarige dogter wat nie rolprente met sekstonele mag kyk nie weet meer as ek en jy saam van daardie onderwerp……hulle word dit op skool geleer en dit wat hulle nie daar leer nie, leer hulle by maatjies!!!!

Gompie ·

Nee Lize, nie almal los hulle kinders vir die wolwe nie! Daar is nog sommiges van ons wat ons pligte as ouers nakom! Moenie almal oor dieselfde kam skeer net omdat jy geen waardes het nie!

Gompie ·

Nee Lize, nie almal los hulle kinders vir die wolwe nie! Daar is nog sommiges van ons wat ons pligte as ouers nakom! Moenie almal oor dieselfde kam skeer net omdat jy geen waardes het nie!

Dalleen ·

Hierdie probleem is nou opgelos. Swartwater is geskuif na 9:15 toe, SABC3 Woensdae aande. Jy kom eers 10:30 in bed. Seker ‘n maklike maniere om te bewys dat nie genoeg mense Afrikaanse programme kyk nie – nevermind of die meeste mense wat die volgende dag werk, al gaan slaap het!

RIA ·

Dit is regtig nie so erg nie tannie dis n afrikaanse storie dit wys nie eers als nie weet jy as my kind vra wat nog klein is se n mens hulle speel hulle verstaan nie eers regtig nie en ja die kinders leer dit op skool

ANONIEM ·

Ag tog, die 14 jarige weet lankal alles, sy is glad nie so onskuldig nie! op die ouderdom leer hulle in elkgeval daarvan in die skool, en ek het ook n vierjarige en hy verstaan glad nie wat hulle doen nie. Dis tyd dat ouers bietjie wakkerskrik, hulle onskuldige bloedjies is partykeer nie so onskuldig nie, 13 jariges loop dan weg saam met mans!!

AmY ·

Die Breinaald-brigade en Koeksiser-komitees is weer lekker bedrywig. Ai ai tog. Ek wonder of daai tannie se 14 jarige dogter werklik so onkundig is as wat sy voorgee???

EMK ·

@AmY – ek wil my vreklag vir jou kommentaar. Die realiteit is daar is gewoonlik advertensies en dinge voor ‘n program begin sodie antie het genoeg tyd gehad om kanale te verander. As jou kind jou uitvra dan moe tjy op ‘n mooi volwasse manier vertel min of meer wat aangaan – vra enige sielkundige mens moet nie inligting weer hou of maak of sulke dinge nie bestaan nie. Dis die tipe ding wat maak dat kinders (verkeerde) inligting van maats vra/kry. Nee wat regtig mense moet bykom en vroeg hul kinders dvan die bye en blomme vertel en dit beteken nie jy is ‘n swak ouer nie, inteendeel dit maak dat jou kind nie dink dis snaaks en iets om mee te ekspreimenteer nie, kinders moet op ‘n ordentlike manier ingelig word.

Eben ·

Cheryl Coetzer is jy n klooster offff miskien jaloers dat jy uitgemis het toe jy jonk was. Jong 4 jarige kleinseun en 14jarige dogter. Liewe aarde dis n vreeslike ouderdom verskil. Antw dood eenvoudig jou kleinseun hy moet op sy pa se rug ry …. en die 14 jr dogter blaai deur haar biologie skool boek …. dink bld 34 gie gie ….. lekker dom jy

veronica ·

Mev Coetzer: ek dink jy moet solank vir jou ‘n voorraad kalmeerpilletjies kry! Jou onskuldige 14jarige dogter kan jou tien teen een ‘n paar dinge vertel wat jy nie geweet het nie!! Dink jy sy en haar maats gesels nie? Of plak jy haar mond toe en prop watte in haar ore voor sy in die oggende skool toe gaan? jy moet by kom, ek beskou myself as preuts en het daardie toneel glad nie so afstootlik gevind nie. Dit was in teendeel ‘n aanloop tot die kullery wat later volg! gebruik dit eerder as n geleentheid vir opvoeding soos om bv te sê; “Ja! Nou vry julle wild en wakker, maar wag maar, nou-nou gaan julle lang trane huil as julle uitgevang word!” of “Oe! Hulle het nog nie van vigs gehoor nie!” Sterkte vir die pad vorentoe!

Marietjie ·

Cheryl Coetzer – jou 14-jarige kry seksvoorligting op skool of dink jy sy glo nog aan die bytjies en blommetjies? Ek het ‘n ook ‘n 14-jarige seun en weet presies wat daar by die skool behandel word ten opsigte voorligting. Wanneer laas het jy ‘n spul 14-jariges onder mekaar hoor praat. Asseblief, haal tog jou oogklappe af en kyk bietjie wyer as die vierkant waarin jy leef. Klink eerder vir my of jy ‘n paar issues het oor seks wat jy moet uitsorteer.

Mariaan ·

Kinders mag dan al van 12jaar seksueel verkeer soos ek verstaan volgens wet. Nou word SABC 2 beboet ???Ek verstaan ni. SABC 2 word nou in alle kante geteiken om sodoende seker nog van hul programme te skuif na SABC 3 soos ons Afrikaanse nuus. Dis belaglik

carolina ·

Dis waar hoor hoekom moet die nuus so laat op Sabc 3 speel ek was al van kleins af gewoont die afrikaans se nuus speel op sabc2 om 19:00 n nou speel dit wragtig waar n halfuur later 19:30 jor dis onodig

riKa ·

Cheryl, jy is heeltemal reg. Al kry die kinders seks onderig op skool meen dit nie hulle moet op 14 jarige ouderdom na demonstrasies op openbare media kyk nie. Hou jou meisiekind soos sy is, dis die moeite werd.

amanda ·

Asseblief!! Die meeste flieks het erger tonele in. Swartwater is ‘n diep storie van mense se hartseer oor ‘n kind wat dood is. Ten minste is hul taalgebruik beter as baie ander flieks wat dink elke 2de woord moet ‘n vloekwoord wees. Wonder of die 14 jarige toegelaat word om haar “woordeskat” uit te brei. In elke geval leer die kinders baie meer in die skool as die bietjie seks wat hul in Swartwater wys!

Jas van As ·

Ek het al die komentare gelees, en ek dink julle is almal siek!
Hoera vir die Ma wat nog vir haar kind omgee!
Ons gaan almal eendag rekenskap gee voor ons Vader. Julle gooi julle kinders vir die wolwe!

Annamarie ·

Ek kan nie glo dat hier soveel mense is wat die seks tonele goed praat nie. Die feit dat kinders dit op skool leer beteken nie hulle of enige ouderdom kind kan dit op tv kyk nie. Mev C, ek is trots op jou dat jy die moeite gedoen het om op te staan vir normes en waardes. Kinders is die produk van hul Ouers se opvoeding….en ek verstaan nou waarom ons jeug so verval….oor so baie Ouers net ‘n don’t care houding inneem !

Nou word die dame en haar kinders uitmekaar getrek. SIES…..die mens het geen skaamte.

Doen aan ander soos jy wil he hul aan jou moet doen. En ja, mense kry LAAT LAMMETJIES. ‘n Vriendin se dogter is 14 en haar baba is nou 3 maande….!!

Maar nou ja…

PURE BOER ·

Ek stem. As jy toelaat dat jou dogter sulke goed kyk, gee jy haar eintlik die reg om seks te he, wat verkeerd is.
Almal weet van seks al van Laerskool af, maar goedkeuring is die ouers se verantwoordelikheid.

Eben ·

Dus Annemarie jou vriendin se dogter kyk seker al van Eps 1 af Swartwater vanwaar die glipsie?

Die meerderheid mense wat hulle kinders so groot maak, huil langgg trane as die kloosterkoekie uit die huis is. Dan is dit n gewoel onder die komberse as hulle eers uit die huis is. Ek praat NIE tiener seks goed nie, maar dis feite dat vandag se jong mense reeds vinniger blootgestel word aan seks en op die einde van die dag kan ons maak soos ons wil, dis die kind se besluit op daardie oomblik en dan kom jou opvoeding na vore ….. en hoopenlik vaal dit nie!

Elsje ·

Daardie toneel was seker nie vir kinder oe nie, maar Swartwater gaan oor die lewe. Ons akteurs speel goed en word maar min betaal nou moet daar nog R10 000 boete betaal word. Ek dink net as jou kind per a buis so iets sien, praat met hulle en verduidelik “Die oom en tannie het te veel drank gedrink nou werk hulle koppe nie lekker nie en nou is hulle besig met verkeerde dinge, so oppas vir drank” so leer jy hulle sommer ook ‘n les. Ongelukkig kan ons nie ons kinders in kaste toe sluit nie, ons kan hulle beskerm en ons kan met hulle praat en so vir hulle leer wat is reg en wat is verkeerd. Dit is waar dat van 13/14 jariges al meer weet as wat hul moet, hulle praat onder mekaar. My dogter is 15 en baie van haaar klasmaats is al seksueel aktief en dan kom hierdie kinders uit huise waar geld en liefde in oormaat is. Praat met jou tiener leer hulle van reg en verkeerd en vir die kleintjie se net hulle is sommer laf moet nie ‘n ophef daaroor maak nie want dan gaan hy/sy meer wil weet. Ons kinders word ryp gedruk dit is ons wat hul maar met bid en mooi praat moet groot kry.

Chanel ·

RIA – – DIE VRAAG IS VIR JOU

Jy se jou antwoord aan jou kind is dat hulle speel? Wel, wat gaan jy doen as die kleuterskool of die skool jou bel en vir jou vertel dat jou kind met ander kinders “speel”? En wat gaan jy doen en se as daardie ouers jou konfronteer?

Dis ouers soos jy wat veroorsaak dat ander kinders getraumatiseer word in kleuterskole omdat hulle vertel word seks ís ‘n speletjie. So onskuldig soos wat dit is, gaan hulle mos probeer toepas wat hulle sien en vertel word dis reg. Want dis mos net speel. So word kinders te vroeg bewus gemaak van hulle seksualiteit en dan weet hulle nie wat om daarmee te doen nie. Dan is dit soos die oues van dae altyd gese het. Vandag is dit speel, more is dit bietjie meer, later nog meer. Wat se plesier en intimiteit bly daar dan later oor vir jou man of vrou?

My kind is 11 jaar oud. En sy weet alles van die onderwerp af. A-z. Nogsteeds sal ek haar nie toelaat om sulke goed te kyk net omdat sy nou bewus is daarvan nie. Ek is self lief daarvoor om ‘n goeie romantiese reeks/fliek te kyk. Ek is nie ‘n klooster nie, maar my kinders is nog nie volwassenes nie. So om hulle te probeer te beskerm maak van niemand ‘n klooster of oudydts of jaloers nie. Dit is ook hoekom ons land is waar hy vandag is, want as jy mos nie oop is oor seker onderwerpe nie, is jy nie cool, jonk of hip genoeg nie. Niemand het meer enige morele waardes nie.

Asseblief tog!!!!!!!! word groot en gebruik die verstand wat ons Liewe Heer vir ons gegee het.

Chanel ·

Elsje, ek wil net se dat ek saam stem met jou. Mens kan hulle nie keer van ALLES nie, maar daar mens moet nogsteeds kan erken dit dat nou nie eintlik so goeie idee was nie.

En vir Cheryl wat dit aangegee het, ek dink dit was reg. Ek se ook moenie die program verwyder nie, tref net die regte voorsorgmaatreels sodat almal bewus is van wat gaan kom en voorbereid te kan weet, en die wat omgee hulle kinders kan waarsku of uitstuur.

Chanel ·

Eben – Presies wat jy se – OPVOEDING!

Is dit nie deel van jou opvoeding om vir jou kinders die regte voorbeeld te stel nie? Om wanneer hulle ouderdom gepas is, hulle sekere goed te leer nie? Ek weet dat kinders al in grd 1 of selfs jonger weet van seks. Maar nogsteeds, om jou kind te leer wat reg en verkeerd is, gaan nie van haar ‘n kloosterkoekie maak nie.

HL vd Watern ·

As jy kyk waarmee n volk himself mee vermaak , dan kan jy sien of so n volk moreel gesond of vrot is . Ons is moreel vrot . Vir party van julle dv. “Soos een wat n klip in n slinger vasbind , so is hy wat eer gee aan n dwaas “Spreuke 26:8 .”Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie ” Spreuke 24:7 Wie neem ons kwalik vir werkloosheid ,grondhervorming , hoee belastings ens. ens. ens , ag lees die nuus ? Ons word basies uitgewis ! Ons moet sekerlik iemand kan blameer !..”En as julle se : Waarvoor het die HERE onse God ons hierdie dinge aangedoen ? antwoord hulle dan : Soos julle my verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het , so sal julle vreemdes dien in n land wat nie julle s’n is nie .”Jeremia 5:19 . Nee Nee Nee , Suid Afrika is nie meer ons s”n nie “Maar die Skandegod het die goed van ons vaders opgeeet van ons jeug af , hulle kleinvee en hulle beeste , hulle seuns en hulle dogters .” Jeremia 3:24 . Goeie punt daar , maar is julle kinders dan nog in n skool ? Haai…. wat is vanaand op die moreelovisie ?

Marietjie ·

Annamarie – “vierjarige kleinseun” dink ek nie verwys na Cheryl Coetzer se laatlammetjie nie, maar dat Cheryl Coetzer reeds ‘n Ouma is. Maar nou ja…

Belinda ·

Nee regtig Cheryl in die nuwe Suid-Afrika moet jy jou kind so vroeg aswat jy kan reg maak want regtig my kinders leer alles op skool nog voor ek die voorreg gehad het om dit vir my seuntjie te leer maar ja vandag se kinders moet weet van alles…………………sit jou blerrie TV op cartoons so met ander woorde Cheryl hulle mag die nuus kyk want jy verander nie die kanaal as die nuus opgaan wees nie en ek dink soms wys hulle erger goed op die nuus as iemand wat sex het in n stegie………………bou n brug en kom daaroor man jou seun/kleinseun gaan in Matriek wees dan weet die arme kind nog nie waar kom baba’s vandaan nie………………..en dan gaan hy om die verkeerde redes wil op sy eie uitvind!

Sollie ·

Die vrou kyk ook maar al die pad tot die toneel lyk my verby is. As mens sien hier kom ‘n ding druk jy vinnig daai ALT knoppie op jou “remote” wat. Voor die 4-jarige nog kan vra wat aangaan is die kanaal verander! Nee wat klink my sy het eers goed alles bekyk en toe besluit oeps, dis darem te erg ek moet nou gaan kla. Regtig waar…..

Petro ·

Hey moenie drank blame vir als nie.lol nee regtig swartwater is n klomp nonsense in elk geval hul kan dit net sowel wegvat ek kan nie se hoekom ek so dink nie anders is die mense op my “case” eks baie reguit met my seun as hy dalk per ongeluk so iets sien op die tv en hy vra wat doen hul dan se ek vir hom dinge wat jy nie mag doen nie en dan se hy o ok eeuw sies man.

Petrus Swanepoel ·

Wees jy as ouer eerste om jou kinders van seks te vertel, indien hulle wel blootstelling aan seks kry ( tv – koerant – tydskrifte – vriende – skool) sal hulle die regte besluit kan neem want hulle is ingelig. Ons het die metode met ons kinders gebruik en ons kon saam lag, ernstig wees oor seks sake.

P Lambert ·

Ons staan lyk my nie agter by Bolliewood wat boos aan betref nie .Vra enige loodgieter, daar is varswater EN daar is swartwater . Die swartwater is die water met die stukkies in .

Almari ·

Die punt is éintlik dat die SABC ‘n verantwoordelikheid teenoor sy kykers het om aan te dui dat sekere programme sekstonele bevat. Kykers kan sodoende ingeligte besluite neem. Dit bly elke ouer se EIE keuse hoe hy/sy sy/haar kinders wil opvoed, beskerm, ens. Ja, die tieners van vandag weet en doen dalk baie meer itv van seks, maar ‘n ouer behoort steeds op ‘n verantwoordelike wyse oor seks met sy/haar kinders te kommunikeer. Net omdat kinders alles van seks weet, beteken nie hulle is volwasse genoeg om aan enige en elke boek, film of TV program met seks in blootgestel te word nie. Om vir jong kinders fiktiewe stories en films op TV te wys en hulle so van seks te probeer leer, gaan definitief die verkeerde boodskap oordra. Vertel vir hulle die feite, waarsku hulle oor die gevare en behou ‘n hegte, oop en eerlike verhouding met jou kind, sodat hulle die vrymoedigheid het om vrae te vra en daaroor met jou (as ouer wat hulle lief het) te gesels. Wanneer kinders die nodige volwasse ouderdom bereik het, kan hulle self besluit om sulke programme te kyk. Tot dan, is dit die ouers se keuse om hul kinders te beskerm soos hulle goed dink. NS: Die akteurs van Swartwater is nie beboet nie, die SABC is beboet!

D Looch ·

OOO , en so sielkundig . Wat het jy met my kinders gemaak ? Jy was hulle voorbeeld ! Jy het dit gekyk ! Ja maar die onderwyser het … EK het hulle vir jou gegee om groot te maak . Wat het jy met my kinders gemaak ? ” ….n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders , aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat :” Exodus20:5

willie ·

al wat ek vra bring ons program terug na sabc2 normale tyd…en sabc2 rate dit oor 60 as julle wil maar bring dit terug.

Zebulon ·

Dai tannie het natuurlik geld, dis waarom sy dit reg gekry het. As dit n arm mens was, het hy/sy dit nie reg gekry nie. Sy kyk dit nie eens nie, wou net lank ontslae raak van dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.