Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) sê hulle is bekommerd oor die gebrek aan intelligensie en die regering se trae reaksie op grootskaalse onluste wat in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het. Dié onluste, sê Sabric, het groot skade aan die banksektor se infrastruktuur tot gevolg gehad.
Sabric kon vasstel dat 1 227 kitsbanke en 310 banktakke tussen 9 en 17 Julie beskadig of vernietig is. “Geweld is gebruik om by 256 kitsbanke in te breek en 36 outomatiese tellermasjiene is fisiek verwyder van die plek waar hulle gestaan het,” het Sabric Woensdag in ʼn verklaring gesê. Daar is ook by 82 kluise by banktakke ingebreek. “Die hoeveelheid kontant wat by OTM’s en banktakke gesteel is, beloop amper R120 miljoen. Dié bedrag sluit nie skade aan infrastruktuur in nie.”
Sabric is veral bekommerd oor die diefstal van kontant. “Nie al die note is met kleurstof bevlek nie en hierdie note sal nou weer in die ekonomie ingestoot word. Dit kan boonop gebruik word om georganiseerde misdaad te befonds en korrupte wetstoepassers om te koop,” sê Nischal Mewalall, uitvoerende hoof van Sabric.
Sabric het ʼn beroep op sakeondernemings gedoen om seker te maak hulle fasiliteer nie agterdogtige transaksies nie en om onmiddellik sulke transaksies by die sentrum vir finansiële intelligensie aan te meld.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
En ons wonderlike SAPS het gestaan en toekyk!
Dis alles beplan
En SOU die “regering” reageer hoef jy bloot na Ramapoza se ZONDO “getuienis” luister. Sorry but not sorry…geweet dit kom maar nie rerig omgegee nie….nie ons worry nie…eish…ja ma the people ars hungri ant disatwaantigd….dis apartheit se skuld…. GEEN verandwoordelikheid nie en GEEN verandwoordbaarheid nie.
So kan die geld gebruik word om die bankrot, kriminele ANC weer te befonds. Handig. Vreemd dat die banke nie geld in transito en in ATM /OTM beveilig nie, lyk my hulle is deel van hierdie geldwassery.
Waars jy Hoed?