SABS op ‘rand van ineenstorting’

Die VF Plus die SABS is op die rand van ineenstorting. (Foto: SABS)

Drie jaar nadat ʼn omkeerstrategie by die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) in werking gestel is, is die instelling steeds aan’t vou.

Die organisasie, wat in 1945 op die been gebring en in ʼn stadium internasionaal gerespekteer is, beoog nou om teen 15 Mei altesame 170 werkers af te lê in ʼn poging om ʼn finansiële besparing van R150 miljoen in die nuwe boekjaar teweeg te bring.

“Die SABS is in 2018 al deur die departement van handel en nywerheid onder administrasie geplaas en ʼn driejaar-omkeerplan is ingestel. Dié plan werk nie. Die verliese neem net eenvoudig toe,” sê Jaco Mulder, die VF Plus se woordvoerder oor handel, nywerheid en mededinging.

Die SABS-groep het ʼn begrotingsverlies van R74 miljoen in die 2019-’20-boekjaar gely en het in dieselfde jaar ʼn begrotingstekort van R26,9 miljoen ondervind.

Die vergoeding van SABS se werkers bly die SABS se grootste uitgawe en beloop 65% van sy algehele bedryfsuitgawes.

Mulder skryf die voortgesette agteruitgang by die SABS aan swak beleidsbesluite en bestuur toe.

Luidens ʼn parlementêre voorlegging van die administrateur het die FSSC Foundation, waardeur die SABS gelisensieer is om namens hom oudits en die sertifisering van kosprodukte te doen, sy lisensieooreenkoms met die SABS vir drie maande opgeskort. Die opskorting het verlede maand in werking getree.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (Sanas) gaan na verwagting ook die SABS se akkreditasie vir die stelsel opskort. ʼn Vorige opskorting, in 2016, het tot ʼn verlies aan inkomste van R50 miljoen vir die SABS gely.

Mulder sê die SABS funksioneer in ʼn swak ekonomiese omgewing en daar was boonop onvoldoende belegging in tegnologie en infrastruktuur. Daar was weens die sukkelende ekonomie ook minder produkte om te toets en die SABS was gevolglik ʼn groot hap uit sy inkomste kwyt.

Mededinging uit die private sektor beteken kliënte laat hulle toetse ook by private instellings of selfs internasionaal doen.

Mulder sê die omkeertyd om toetse by die SABS af te handel, duur soms tot 42 maande. Hy sê toetse op ʼn produk soos ingevoerde sement duur soms so lank dat die sement al ingemessel is teen die tyd dat ʼn bevinding oor die standaard daarvan gemaak is.

“Alles dui eintlik daarop dat die SABS op die rand van ineenstorting is.”

Mulder sê die SABS doen soms lewensnoodsaaklike toetsing, soos dié op ingemaakte kos, en ʼn ineenstorting van die instelling kan lei tot ʼn afname in lewenstandaard omdat die gehalte van produkte afneem.

Hy sê ʼn oorsigbesoek aan die SABS se kantoor in Pretoria verlede jaar het duiwe gewys wat in geboue nes maak, en drade wat uit laboratoriums se dakke hang. “Dit was nie mooi om te sien nie.”

Mulder sê die departement gaan in ʼn stadium ʼn besluit moet neem oor wat die toekoms vir die SABS inhou. Dit is reeds onder administrasie geplaas en dit lyk nie of die omkeerplan, drie jaar ná die instelling daarvan, hond haaraf gemaak het nie.

Een moontlikheid is om die SABS in sakeredding te plaas. Dit was reeds onder administrasie, maar onder administrasie van die staat.

“Ek sou sê dit moet gelikwideer of geprivatiseer word. Dit is regtig hartseer, maar ons moet nuut dink. Dit was ʼn eens trotse instelling, maar is tans ʼn bodemlose put. Dit moet herontwerp, geprivatiseer of gelikwideer word. Voor die einde van die 2021-’22-boekjaar sal ʼn besluit geneem móét word,” waarsku hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

MakersMark ·

Eens wereld klas organisasie lamgelê soos alle staats beheerde maatskappye. As our people eers in beheer is….

Jacobus ·

Nog ‘n sentrum van uitmuntendheid wat deur ANC hande is.

Manie ·

Dit is bitter jammer om te verneem van die slegte nuus!
Miskien in privatiserind die beste uitweg. Weereens ‘n faling.!!

Gerhard ·

Niks snaaks nie. Geen standaarde bestaan meer in DIE land nie…

Charles ·

Stem saam met jou Gerhard!! So gaan alle staatsbeheerde instansies ten gronde weens swak bestuur en korrupsie!!!

Nie Verbaas ·

En ANC glo hulle is fantasties. Die hele wereld lag hulle uit maar met fancy pak en Mercedes dink hulle dat hulle die room is. Patete.

Ansie ·

Vra liewer wie aan die stuur van die SABS was sedert die begin van sy ondergang.

Ruby ·

Eens ‘n trotse en gerespekteerde instelling.

Eish, is that Jan man’s fault…

Adam Adriaan ·

Daar is niks wat die ANC/EFF en hulle makkers nie gaan vernietig nie, of alreeds venietig het. Hulle is besig om tot hulleself te vernietig. Hulle en hulle makkers sal weldra verlang na die ou apartheid jare.

Debbie ·

Ek kan nie glo dat tot die SABS nou tot gronde gebring is nie. Daar bly absoluut niks meer oor na die ANC oor geneem het nie. Wat is hulle plan met hierdie land van ons. Wil hulle n Somalia, Congo of soortgelyk maak van Suid Afrika. Die Here moet ons mense asb genadiglik wees

Dup ·

En so val nog een….wonder wat die verskoning hierdie keer gaan wees…..seker dat die hoë prys van mieliemeel die oorsaak is.Geen wonder hierdie mense ly aan ñ erge minderwaardigheidskompleks nie.Alles waaraan hulle raak verander in gwano.

Vernon ·

Dis eenvoudig..wil nie werk nie..onbevoeg..geen trots..Nee kyk die ANC kan nie,hulle weet eenvoudig nie hoe om n besigheid te laat werk nie. Nou moet die arme werkers wat al jare daar werk die spit afbyt oor n klomp “useless” mense wat net n salaris trek!

Racheltjie Debeer ·

Nog ‘n staatsinstelling wat onderdeur is, maar B-BBEE word in almal se kele afgedruk terwyl dit duidelik is dat dit nie werk nie .

Ansie ·

Met komplimente van BEE – nog ‘n ANC-suksesstorie. Ek het vir die SABS gewerk en dit was ‘n trotse, betroubare en effektiewe organisasie wat wêreldwyd erken is. Alles waaraan die ANC raak verander in gemors.

Mariana ·

Oor die algemeen is ons land in ‘n verswakte toestand. Dit wat jare lank goed gewerk het, is nou aan’t sneuwel. Geen goeie leierskap, geen kwalifikasies en en en………dis maar ‘n hartseer saak dat ‘n eens florerende land wat kon kers vashou met bestes in wêreld nou in so patetiese verval is. Waarop moet ons nou ons hoop sit, is daar nog hoop. God weet alleen.

Pietertjie ·

Omkeer-planne werk nie, solank dit net op papier bestaan nie. AKSIES lewer resultate.

Chris ·

Ek wil lag en ek wil huil. Wat is daar nog in ons land wat deur die kaders beheer word wat nie ten gronde gaan nie?

Bart-Man ·

Die SABS se tyd is verby. Jy kan jou produk courier
en oorsee laatt toets. Jy kry n international erkende sertifikaat teen die helfde van die prys en dit is baie vinniger. As jou produk dit nie maak nie stuur hulle tot vir jou voorstelle. O en niemand vra vir jou BEE certificate nie.
Totsiens SABS.

Tanniepetoors ·

Kan iemand asseblief vir ons sê of daar nog iewers ‘n staatsinstelling is wat effektief funksioneer?

Hennie J ·

Net soos alle staatsinstellings is die SABS ook in sy glorie in getransformeer. Die kaders laat niks agter nie. Alles word geplunder!

Heinrich ·

Toe ek lees “Dit was reeds onder administrasie, maar onder administrasie van die staat“ toe maak alles sin.

Tjom ·

Is daar nie n ‘hoogs gekwalifiseerde’ uit Kuba wat kan help nie?

Titan ·

SA het nie meer ‘n SABS nodig nie, 3de wêreld lande het nie standaarde nodig nie.

Blikkies ·

So, ons kan nou aanvaar die SABS stempel op enige produk is ongeloofwaardig en beteken absoluut niks. Mors eerder al die geld op blink karre en groot huise.

JM ·

Hierdie is seker ook Apartheid of Jan van Riebeeck se skuld . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.